’n Brief van aanmaning gaan op Eskom beteken word om ’n einde aan kragvermindering te bring.
Alles vir Maandag 1 Augustus 2022
Foto’s: Brrrrrr! Kanada se gevriesde hare-kompetisie
Deelnemers kan die poele enige tyd in die winter besoek (die kompetisieperiode is gewoonlik tussen Desember en Maart) wanneer die temperatuur minder as -20 °C is.
Só wil polisie misdaad pak
Die polisie se topbestuur het Maandag terugvoer gegee oor verskeie ondersoeke, waaronder die verkragting van ʼn groep vroue naby Krugersdorp en die dodelike skieterye by tavernes.
Nuwe leier vir Syngenta-saad
Van Staden het byna 20 jaar se ondervinding in die landbousektor en het verskeie leiersrolle vertolk by Monsanto en later by Bayer, wat eersgenoemde gekoop het.
Die verskil tussen trots en tevrede
Jy kan trots wees en terselfdertyd ontevrede wees. Want trots is die fondasie waarop moue-oprol gebou word.
Verbruikersake: Hou jou kredietrekord skoon al skiet lewenskoste op
Ina Opperman het gaan kyk hoe jy jou kredietrekord kan skoon hou.
Kinders word skermslim met gratis boeke
“Onderwysers het te kampe met die uitdagende invloed van sosiale media, aanlyn speletjies, die selfie-gedrewe kultuur van leerders en die impak wat dit op die generasie se skoolwerk het.”
Vyf kinders sterf toe motor brand
Die bestuurder van die motor het volgens paramedici geen beserings opgedoen nie en die vragmotorbestuurder was nêrens op die toneel te vinde nie.
Zuma-saak weer uitgestel
Die saak teen die oudpresident en die Franse wapenvervaardiger sal na verwagting in Oktober hervat word.
Nuwe dokkie wil wys wie Reeva Steenkamp werklik was
Dié dokumentêr word kort op die hakke van Barry Steenkamp se eerste ontmoeting met Oscar Pistorius sedert sy skuldigbevinding bekendgestel.
Duitsland se dreigende kragkrisis
Vir Suid-Afrika is kragonderbrekings nou al tweede natuur, maar vir Duitsland as gevorderde nywerheidsland is dit iets ongehoords.
Ramaphosa ‘sterker’ ná beleidskonferensie
Die president is dalk nog stewig in die saal, maar kenners sê die ANC se beleidskonferensie die afgelope naweek skets ʼn prentjie van ʼn party sonder fut wat stadigaan besig is om te kwyn.
Deacon-moorde: Saak teen een verdagte laat vaar
Lizette en Hettie Deacon se liggame is op 10 September 2020 die aand laat in hul motor naby Polokwane gevind.
Een sterf in Tembisa-oproer
Motoriste is gemaan om die gebied heeltemal te vermy. Munisipale dienste is opgeskort en nooddienswerkers kry nie toegang tot Tembisa om op noodgevalle te reageer nie.
Hoenderinflasie ergste vir armes
Dit het noodwendig daartoe gelei dat die prys van hoender en spesifiek individueel-kitsgevriesde hoender (IQF), wat die goedkoopste is, skerp gestyg het.
Angelique veg vir ouma in die kryt
“Elke hou wat ek gevat het, elke hou wat ek teruggeslaan het, was vir haar en vir elke vrou en kind wat mishandel word.”
Tuisonderrig: Pestalozzi Trust bied gemoedsrus
Die Trust is gestig om die regte en vryhede van hul lidgesinne te beskerm, sodat lede hul kinders volgens die gesin se eie godsdienstige en/of filosofiese en opvoedkundige oortuigings en kulturele tradisies kan opvoed.
Boek: ‘Net aliens eet spinasie’ (heruitgawe) – Jaco Jacobs
ʼn Alien land in ʼn swembad, ʼn monsterhond word ʼn woefie-woef en ʼn vampier-jagter-ouma bestorm ʼn skool met ʼn knoffel-bazooka.
Woord: kortwiek
Waar kom die woord “kortwiek” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Prins Charles aanvaar skenking van Bin Ladens
Verskeie van sy raadgewers het Charles gemaan om nie die skenking van die familiepatriarg Bakr bin Laden en sy broer Shafiq – halfbroers van die terroristeleier Osama bin Laden – te aanvaar nie.