Richard Mdluli, Heine Barnard en Solomon Lazarus se vroue, asook Mdluli se eksvrou se geldkrane is toegedraai.
Alles vir Woensdag 3 Augustus 2022
Planne gefnuik toe polisie op rowers losbrand
Van die verdagtes het die kluissleutel van die bestuurder geëis, terwyl ander die personeel by staalkabinette ingedwing en toegesluit het.
Chris Chameleon: Goed gebek
“Ek was in ʼn hele paar vuisgevegte in my lewe, maar daardie letsels het almal goed herstel. Die geweld van woorde woed egter nou steeds af en toe in die wonde en ou letsels in my hart.”
Super Coetzé droom ook van Olimpiese goud
“Die vermoë om jou land trots te maak by hierdie byeenkomste is van groot belang. En ek hoop dat ek dit kon regkry.”
Airbnb-besprekings bereik rekordhoogte
Byna 104 miljoen nagte is tussen April en Junie op die platform bespreek.
Ophef van pluimveetariewe voorspel moeilikheid
Plaaslike hoenderboere is vies oor die opskort van die invoertariewe en sê die stap laat dit lyk of storting aanvaarbaar is.
18 putjies in onder 12 minute? Sowaar!
Die professionele gholfspeler Dale Hayes (70), ook die eienaar van die Zwartkop-buiteklub, het die bal op die laaste putjie gesink.
Skaars wit olifant gebore
Geskiedkundig word wit olifante in Suidoos-Asiese kultuur as uiters veelbelowend beskou en die streek se antieke heersers het soveel as moontlik van die diere versamel om hul fortuin te bevorder.
Só kan jy Gen Z se koopkrag inspan
Kenners meen dit is van kardinale belang om dié unieke generasie van digitale boorlinge goed te verstaan voor produkte of dienste aan hulle verkoop word.
Grafika: SA’ners al hoe meer platsak
In Suid-Afrika het net 6% van mense wat aan die opname deelgeneem het, aangedui dat hulle “gemaklik leef”, terwyl 34% aangedui het dat hulle net omtrent naastenby die mas opkom.
Gekloonde voertuig binne ure opgespoor
Owerhede sloer glo al maande lank om die betrokke motor en lisensieskyf op te spoor, maar private sekerheidsorganisasies kon dit binne ure regkry.
Sesse en vangskote – Stubbs laat krieket lekker lyk
“Dit is opwindend om ’n speler in ons span te hê wat oor die X-faktor beskik. Tristan geniet tans sy krieket en daar is altyd ’n glimlag op sy gesig.”
Deur watter bril kyk jy na die politiek?
Politieke sake wat andersins verwarrend is, kan dikwels verklaar word deur die gebeure ook deur ʼn kultuurbril te bekyk.
BorderX-karavane: Jou volgende avontuur begin hier
Die woonwa moes moeilike terrein oorleef, maar nog steeds luuksheid bied. En dit is presies wat jy kry as jy deesdae een van dié karavane koop.
Nuwe enkelsnit vertel van pyn, teleurstelling in huwelike
“Dit gaan oor die ongelooflike ommekeer en oomblik waarin ʼn hart kon losskeur van iemand wat eens baie spesiaal was, bykans desperaat vir bevryding daarvan.”
Beurtkrag is terug
Die beurtkrag waarteen Eskom Dinsdag gewaarsku het, is hier.
Opod gaan nie eie ondersoek na Phala Phala doen
Die direktoraat sê hy wil ’n “duplisering van regeringshulpbronne” vermy.
Studie bevind jy leef beter saam met ʼn troeteldier
Sowat 60% van respondente sê hulle voel meer ontspanne, 55% is minder alleen, 44% is fikser, en 19% het meer selfvertroue wanneer hulle tyd saam met hul troeteldier spandeer.
Harde werk betaal in Deacon-moorde
“Die pleitooreenkoms is ʼn stap in die regte rigting. Ons glo dit is nou net ʼn kwessie van tyd voor die ander twee ook gevonnis word.”
Ons skuif agter die nuwe Ranger se stuur in
Nie veel is meer geheim oor die nuwe Ranger rakende detail nie – ons weet so te sê alles… maar is dit ʼn verbetering op die huidige model?