Duisende burgerlikes het die afgelope paar dae van die verwoesting in die noorde van Gaza gevlug. Mans, vroue en kinders het hul karige besittings vasgeklou terwyl hulle die oorlogsone probeer verlaat het.
Alles deur die skrywer AFP
Dorp wil hê inwoners moet mekaar begin groet
“Om hallo te sê vir jou bure is iets klein, maar navorsing wys dit kan ʼn bydrae lewer tot vriendskapsbande en het ʼn positiewe impak op gesondheid, veiligheid en welstand.”
Hollywood-akteurs beëindig staking
Ná ‘n staking van altesaam 118 dae, het Hollywood se akteurs uiteindelik besluit om halt te roep.
Picasso-werk haal meer as R2 miljard op veiling
Dit is die tweede hoogste bedrag wat een van Picasso se werke nog ooit op ʼn veiling behaal het.
El Niño sal tot minstens April duur – VN
Die jaar 2023 is tans op koers om die warmste jaar op rekord te wees.
Vier verdink dat hulle goue troon uit paleis steel
Besoekers kon ʼn tydgleuf bespreek om die toilet te gebruik, maar is beperk tot drie minute per keer.
Europese menseregtehof gaan beslis oor Semenya
ʼn Sitting van al 17 lede van die Europese hof vir menseregte het vandeesweek ingestem om uitspraak te lewer op die regulasies wat Caster Semenya verhoed om aan internasionale atletiekbyeenkomste deel te neem.
Israel wil veiligheidsbeheer van Gasa ná oorlog oorneem
“Daar sal geen wapenstilstand – algemene wapenstilstand – in Gasa wees sonder die vrylating van ons gyselaars nie,” het eerste minister Benjamin Netanyahu dit Maandag weer duidelik gestel.
‘Nou nie tyd vir verkiesing in Oekraïne’
Die wêreld se aandag het sedert die dodelike Hamas-aanval op Israel op 7 Oktober egter grootliks op die Midde-Ooste geval – en daar is toenemende druk op Zelenski oor die voortgesette konflik.
Dodetal in Israel-Gaza-konflik styg steeds
“Byna ʼn maand lank kyk die wêreld in skok en afgryse na die ontvouende situasie in Israel en die besette Palestynse grondgebied en die stygende getal lewens wat verlore gaan of uitmekaar geruk word. Ons benodig ʼn onmiddellike humanitêre skietstilstand. Dit is nou 30 dae. Genoeg is genoeg.”
Die week in foto’s
Van pienk seekatte tot ‘n Bok in ou wedstrydklere. Beleef die afgelope week se wêreldwye nuusgebeure in foto’s.
Meer as 130 mense sterf in aardbewing in Nepal
Beeldmateriaal wat op sosiale media geplaas is, wys hoe plaaslike inwoners in die donker deur die puin grawe om oorlewendes uit ineengestorte huise en geboue te trek.
‘Rooi kaart’ Cane op pad na Japan
“Dit het ná die Wêreldbeker net soos die regte tyd gevoel om iets nuuts te beproef en vir Suntory in 2024 te speel,” het Cane in ʼn verklaring gesê.
Uiterste klimaat pootjie Italianers se olyfoes
Die verlaging in produksie het egter nie net Sabina geraak nie. Die meeste van die sentrale en noordelike streke van Italië se produksie het afgeneem – die wêreld se naasgrootste produsent van olyfolie.
Australiese vrou in hof oor ‘sampioen-moorde’
Erin Patterson (49) word daarvan verdink dat sy haar skoonfamilie met ʼn giftige sampioen- middagete vermoor én vier pogings aangewend het om haar vervreemde man om die lewe te bring.
Agoa-beraad begin in SA ná diplomatieke spanning
Agoa verstryk in 2025 en met geen sprake nog van ʼn opvolger nie, sal die samesprekings na verwagting wentel om ʼn moontlike verlenging.
China hou Amerikaanse, Kanadese oorlogskepe dop
Die skepe se deurvaart kom minder as twee maande nadat twee oorlogskepe wat aan die VSA en Kanada behoort, deur die seestraat tussen Taiwan en China gevaar het.
Tweede ontvanger van varkhart sterf weke ná oorplanting
ʼn 58-jarige Amerikaanse man met ʼn terminale hartsiekte is sowat ses weke nadat hy die tweede ontvanger van ʼn geneties-gemodifiseerde varkhart geword het, oorlede.
Sam Cane ‘aangenaam verras’ oor steun, selfs ná rooi kaart
’n Klein skare ondersteuners het die All Blacks Woensdag met hul tuiskoms by die Auckland-lughawe ingewag.
Massa-uittog van Afghane uit Pakistan begin
Die Pakistanse regering het verlede maand 1,7 miljoen Afghane, wat almal glo onwettig in die land woon, tot 1 November gegee om landuit te gaan of met geweld verwyder te word.