ʼn Afsonderlike afdeling vir pasiënte met verkouesimptome sal ingerig word.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
9 sterf in ongeluk naby Kroonstad
Twee helikopters is gebruik om die pasiënte wat baie ernstig beseer is so gou moontlik na hospitale te neem.
Covid-19: ‘Geen rede tot kommer’ oor Ramaphosa se gesondheid
Ramaphosa bly by die voorgekrewe bepalings om die verspreiding van Covid-19 te beperk terwyl hy steeds sy pligte nakom.
Suid-Afrikaner vertel: ‘Gestrand in Suid-Amerika weens Covid-19’
“Ons is mal oor Argentinië en dit was ʼn baie goeie ervaring – totdat die virus regtig ernstig begin raak het.”
Hoenderprys: ‘Geen groot stygings weens invoertariewe’
Die SAPV sê invoerlande, Brasilië ingesluit, het in die verlede hul pryse verminder om hoër invoertariewe teen te werk.
Vermeende plaasaanvallers vasgetrek
Die 77-jarige vrou is vroeër vandeesmaand op ʼn plaas in die Vrystaat aangeval en beroof.
Rowers teiken verskeie winkelsentrums
In ʼn dramatiese rooftog het ʼn winkelbestuurder ʼn rower met sy voertuig omgery, waarna die rowers op hom losgebrand het.
Geliefde oudleraar, vrou op Bethal vermoor
ʼn Verbyganger het die voertuig verlate in ʼn veld sien staan.
Knysna-egpaar in self-isolasie: ‘Mense, medici is ongelooflik’
Die egpaar het in hul motor gewag terwyl monsters geneem is om vir Covid-19 getoets te word.
Staking in staatsdiens dreig
Byeenkomste van meer as 100 mense is verbied, maar Nehawu wil ʼn optog van duisende, baie van hulle mediese personeel, reël.
Hofstryd ná oupa se misbruik: ‘Ons moet kan sê ons het álles gedoen’
Die hofsaak van ʼn gesiene boer van Mpumalanga wat aan onder meer die verkragting van een van sy kleindogters skuldig bevind is, het hartverskeurende pyn veroorsaak – maar die dogtertjie se ouers is vasbeslote dat geregtigheid vir hul kind moet geskied.
‘Geen koronavirus by Dirco’
Die departement het mense gevra om nie onbevestigde inligting te versprei nie omdat dit onnodige paniek veroorsaak.
ZCC se groot Moria-byeenkoms opgeskort
Sommige kerkleiers dreig egter om die regering se verbod te boikot en “die Paasbyeenkomste te gebruik om die virus saam te beveg”.
Covid-19: SA getalle styg oornag tot 116
In ses van die nuwe gevalle het die oordrag van die virus in Suid-Afrika plaasgevind.
Covid-19: Só lyk SA se reisbeperkings
Dis beslis nie ʼn goeie tyd om vakansie te hou nie. Suid-Afrika se streng reisbeperkings tree Woensdag in werking.
Covid-19-gevalle in SA nou op 85; uitslae van Wuhan-groep bekend
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng aangemeld.
Duisende grondeise nog uitstaande
Een van die faktore wat bydra tot die stadige pas is die opdraande stryd om staatsgrond aan ʼn nuwe eienaar oor te dra.
Stryd tussen regter-president, adjunk sleep voort
Die twee senior regters het oor-en-weer-beskuldigings teen mekaar gemaak wat nou al ʼn geruime tyd voortsleep.
JBM Hertzog se oorskot moontlik vermis ná grafskending
Die boewe het oënskynlik ʼn graafmasjien gebruik om die graf oop te stoot.
Covid-19: Toegang tot hooggeregshowe beperk
Regsverteenwoordigers is gevra om nie regters in hul kamers te besoek en geen regter sal met ʼn regsverteenwoordiger blad skud nie.