“Mense is aan’t sterf. Dit is ʼn verskriklike situasie vir personeel en pasiënte,” sê die DA oor dele van die Charlotte Maxeke-hospitaal wat gesluit bly.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Ramaphosa vra uitstel oor Zondo-verslag
Die president het vier maande tyd om stappe te doen oor die aanbevelings in die verslag.
Twee vas wat glo by begrafnis losbrand
Daar was ʼn jaagtog en een van die verdagtes het beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn muur vasgejaag.
Covid-19-statistieke: Een nuwe sterfte aangemeld
Kry die jongste koronavirussyfers hier.
‘Barbaarse optrede’ by Clover veroordeel
Terence Tegg se moord volg op dié van Tshephe Molatsi, ʼn veiligheidswag wat verlede maand glo ook deur stakende werkers vermoor is.
Meningsverskille tussen hom, polisiehoof word ‘oordryf’ – Cele
“Ons ontmoet werklik nie omdat ons vriende is nie. Ons ontmoet omdat ons werk,” het die polisieminister Vrydag in reaksie op ʼn beweerde uitval tussen hom en sy polisiehoof, genl. Khehla Sitole, gesê.
Misdaadsyfers: Moord het SA steeds in wurggreep
Cele sê hoewel die syfers nie “noodwendig ʼn oorwinning vir die polisie is nie, is dit wel ʼn verbetering”.
Coetzee ‘gestraf’ oor waarheid
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê as die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging nie mag sê dat universiteite se toelatingsbeleid op ras gegrond is nie, sal hý dit doen.
Net een uit vier lugmagvliegtuie ‘diensbaar’
Bykans al die toerusting wat ingevolge die wapentransaksie aangekoop is, word geraak en die meeste daarvan kan nie gediens word nie.
ANC skerm vir Ramaphosa by Skoor
Dit lyk of die ANC partyopdragte uitvoer deur nou terug te krabbel van die voorheen eenparige Skoor-besluit om pres. Ramaphosa te nooi om voor die komitee te verskyn.
Peperduur en vrotsig gebou – dís hoekom paaie uitmekaar val
Outa waarsku dat talle paaie wat eens teerpaaie was, in grondpaaie gaan verander indien die minister van vervoer die situasie nie begin omkeer nie.
Leerders dood in minibusongeluk op pad huis toe
Nog tien mense is in die ongeluk beseer.
Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle styg weer
Daar is tans steeds minder as 40 000 aktiewe gevalle van die virus in Suid-Afrika.
Oorwinning teen SEB-wet
“Dit was ʼn absolute uitsluiting wat beteken het as jy nie aan SEB voldoen nie, mag jy nie eens tender nie. Nou is ons terug op die vlak waar almal mag deelneem.”
Cele, Sitole het albei ‘bloed aan hul hande’
Kenners sê terwyl die bittere twis tussen Bheki Cele en genl. Khehla Sitole voortwoed, kan misdaad nie doeltreffend bestry word nie.
Spar tjeers op 55%-styging in drankverkope
Tops-winkels het “ongelooflike vlakke van groei in drankverkope” ondervind sedert die opheffing van die algehele drankverbod verlede jaar.
Tom Cruise-koors loop hoog op Hoedspruit
Nadat hy uit die helikopter geklim het, het Cruise na sy voertuig gestap, maar pleks daarvan om net weer in te klim, het hy om die voertuig gestap, vir die mense gewuif en sy duim gelig. Hy het verder gewaai nadat die voertuig al vertrek het.
SA Rugby wil glo inenting verplig
Dit sal klaarblyklik jeugbyeenkomste onder Saru se vaandel ook raak.
Ses vas ná skietery by Jhb
Die Valke het inligting ontvang oor ʼn groep vermeende rowers in ʼn wit Kia-minibussie wat glo op pad was om ʼn rooftog in die Johannesburgse middestad te pleeg en het hulle op die M2-hoofweg voorgelê.
Sielkundige waarneming gevra vir pa wat dogter glo verkrag, vermoor
Die beskuldigde is glo aggressief en toon vreemde gedrag.