Hulle het na bewering wanvoorstellings aan die klaers gemaak met die belofte om seiljagte vir hulle te bou.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie
Clicks-winkels sal Woensdag gesluit wees
“Die maatskappy het die besluit geneem om alle winkels Woensdag (9 September) gesluit te hou.”
Toerismeraad versoek dat grense oopgemaak word
“Dit is noodsaaklik om ʼn datum te verskaf wanneer internasionale grense weer sal oopmaak indien toerisme die Suid-Afrikaanse ekonomie ʼn hupstoot moet gee – nie net sodat internasionale reise beplan kan word nie, maar ook sodat lugdienste Suid-Afrika op hul skedules kan behou.”
Mensehandel in Pta-gebou is fopnuus
Gerugte op sosiale media dat ʼn gebou in Pretoria se middestad vir mensehandel gebruik word, is glo fopnuus.
Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
TikTok waarsku ouers oor selfmoordvideo
“Kinders so jonk as agt maak al video’s vir die platform en nou kan hulle ʼn video van ʼn selfmoord sien terwyl hulle dink hulle gaan iets oor ʼn katjie kyk.”
Sakeliga in hof oor BEE-vereistes vir sake met staat
Die wet gee aan staatsinstellings die mag om hul eie minimum BEE-vereistes te stel waaraan ʼn kontrakteur moet voldoen as hy sake met die staat wil doen.
NWU in arbeidshof gedaag oor onbillike arbeidspraktyk
Solidariteit voer die saak namens sy lede nadat die NWU onregmatige veranderings aan hul salarisooreenkomste aangebring het.
Dissiplinêre proses is aan die gang, sê De Lille
Minister Patricia de Lille het gesê dissiplinêre prosesse is reeds in haar departement van stapel gestuur oor die omstrede nuwe grensdraad by die Beitbrug-grenspos.
Polisie gemaan om teen EFF-boelies op te tree
Die minister van polisie en nasionale polisiekommissaris word gemaan om daadwerklik op te tree teen oortreders wat Maandag Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het.
Groot dwelmvonds gemaak tydens Plettenbergbaai-padblokkade
Polisiebeamptes het Sondag tydens ʼn padblokkade naby Plettenbergbaai beslag gelê op dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R700 000.
Minstens 425 Clicks-winkels loop deur onder EFF
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ook in ʼn verklaring gesê hy neem met kommer kennis van die Clicks-advertensie en het op sy eie inisiatief ʼn ondersoek van stapel gestuur.
Die Koöperasie vier die lente: Dra, luister, leef en koop Afrikaans
Maroela se aanlyn winkel, die Koöperasie, het alles en meer om jou somerson-avonture ekstra spesiaal te maak.
Video: Luiperd kom kuier in die restaurant
ʼn Paar gaste by die Singita Ebony Lodge in die Sabi Sand-wildreservaat wat aan die Krugerwildtuin grens, was verbaas toe ʼn luiperd rustig in die restaurant verby hulle gestap het.
Só lyk wêreld se duurste skaap
Volgens die Texel-skaapvereniging is die diere afkomstig van ʼn klein eiland langs die Nederlandse kus en daar word gereeld gróót geld vir hulle uitgehaal.
Skrywer Achmat Dangor sterf
Dangor was die skrywer van verskeie romans en het onder meer die Herman Charles Bosman-prys ontvang.
Fakkelmonument na veilige bewaring geskuif
Die monument het die afgelope ruk in die vergetelheid verval, is deur vandale beskadig en as advertensiebord gebruik.
Foto’s: Rooikat maak draai op Clifton
“Die rooikat het doodluiters langs die strand afgestap.”
Drie gesoek wat uit Leeuwkop ontsnap
Die DKD het geen besonderhede verskaf oor hoe die mans uit die tronk ontsnap het óf waarvoor hulle tronkstraf opgelê is nie.
Hof sê oor borgtog vir man wat vrou op straat skiet
Die egpaar se tienjarige seun was teenwoordig toe sy ma doodgeskiet is.