“Hierdie titel is nie net myne nie, dit is Suid-Afrika se oorwinning.”
Alles deur die skrywer Megan Swart
Grensbeheerbeamptes by Beitbrug ontplooi
“Die belangrikste wapen van hierdie wagte is nie die vuurwapens wat hulle dra nie, maar hul integriteit.”
Sewe sterf in gru-aanval op plaas
Die eienaar van die plaas het Vrydagoggend op die liggame van ses vroue en een jong man afgekom.
Standard Bank gee toe aan eis oor werknemers
Die bank het vroeër 40 van sy werknemers afgedank omdat hulle nie voldoen het aan die instelling se verpligte Covid-19-inentingsbeleid nie.
Nog ʼn groot opkoms vir Bok-wedstryd verwag
Die betrokke stadion het ʼn kapasiteit van 62 000, waarvan slegs 58 000 sitplekke gewaarborg word.
Roerende ballonboodskap beland op plaas
Kayla Potgieter het foto’s van die ballonne op Facebook gedeel met die hoop dat die skrywer daarvan dit sal sien en berusting vind – en dit is presies wat gebeur het.
Oudpolisieman sit lank ná hy ‘wraak neem’
Die voormalige polisieman is ook jare lange tronkstraf opgelê vir die afpersing van ʼn plaaslike taxivereniging in KwaZulu-Natal.
Amerikaanse soldate nié hier om ministers te beskerm
Foto’s van ʼn vliegtuig van die Amerikaanse lugmag wat in Bloemfontein geland het, het gerugte laat ontstaan oor die doel van Amerikaanse soldate in Suid-Afrika.
Regsaksie kom as regering wéér ramptoestand instel
Luidens mediaberigte oorweeg pres. Cyril Ramaphosa dit glo om nóg ʼn ramptoestand af te kondig – dié keer weens die voortslepende kragkrisis.
R80 miljoen se buit teruggevind
Die waardevolle items is glo afkomstig van ʼn vragmotor wat in Mei tussen die Oos-Kaap en Gauteng gekaap is.
Vermeende kapers met nagemaakte vuurwapens betrap
Drie nagemaakte vuurwapens, wat glo tydens die kaping gebruik is, is saam met die motor aangetref.
Swaar straf vir kapers wat koerier ontvoer
ʼn Brawe veiligheidswag het destyds die misdaad sien ontvou en die gekaapte voertuig, met die koerier nog daarbinne, gevolg terwyl hy die polisie ontbied het.
Min verbetering in SA se vullisterreine
Van die terreine wat vanjaar die vrotste gevaar het, voldoen aan slegs 4% van die voorgeskrewe vereistes.
Gardee-familie sleep polisie hof toe
Die hofaansoek kom nadat die vermoorde Hillary Gardee se familie glo by verskeie geleenthede probeer het om die polisie in sy ondersoek by te staan, maar weggewys is.
Trokke brand ná ongelukkigheid oor krag
Dit terwyl byna 150 huisgesinne dae lank sonder krag sit as gevolg van ʼn transformator wat onklaar geraak het.
Spanwerk lei tot aankeer van ‘plaasaanvallers’
Die polisie, private veiligheidsmaatskappye en lede van die landbougemeenskap het tot Basie en Ina Rosslee se redding gekom nadat hulle Sondagaand in hul huis oorrompel is.
38 beseer toe trok omslaan
Een van die insittendes van die sleepwa het aan sy beserings beswyk.
Man slaan dood neer ná bottel Jägermeister
ʼn Kontantprys is glo belowe vir die een wat die bottel die vinnigste kan leegmaak.
Nege stappers van Simonsberg gered
Tydens die 27 uur lange reddingspoging het een van die stappers ʼn ent verder geval en moes sy ure lank om hulp wag.
Twee vas vir taverne-slagting in KZN
Talle skietvoorvalle by tavernes die afgelope naweek het daartoe gelei dat altesame 21 mense dood en 22 beseer is, waarvan talle steeds in ʼn kritieke toestand is.