Die 47-jarige Woods maak Donderdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) sy terugkeer tot die Amerikaanse PGA-reeks.
Rudolph Lake
Alles deur die skrywer Rudolph Lake
Thriston wil stempel afdruk
Die 26-jarige boorling van Mbombela (Nelspruit) sal sy inploffing die afgelope Sondag op Houghton in die laaste ronde van die Joburg-Ope tot vergetelheid wil verdoem en die gesogte SA Ope-titel ʼn tweede agtereenvolgende keer agter sy naam wil skryf.
Joburg-Ope: Lawrence gee pas aan
Lawrence het sy aanslag op die titel met ʼn voëltjie by die eerste begin, waarna hy vlamgevat het met nog vier agtereenvolgende voëltjies vanaf die derde. Oor die tweede nege het hy effens momentum verloor en kon hy slegs drie verdere voëltjies op sy telkaart invul.
Groot sterre by Joburg Ope
Die groot groep SA spelers is almal toernooi-wenners wat weet wat dit verg om bo uit te kom en Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence sal straks as twee van die groot gunstelinge afslaan.
Legendariese Tiger is terug
Die 47-jarige Woods het die afgelope naweek bevestig dat hy deel sal wees van die uitsoekveld van 20 spelers wat by die gesogte Albany-gholfoord sake sal uitspook.
Hojgaard vat voor by DP World
Hojgaard was in sy noppies met sy tweede plek Sondag by die Pilanesberg-dobbelstad, maar smag na ʼn sege om sy Europese gholfseisoen op ʼn uitstekende noot klaar te maak.
Homa seëvier by Sun City
“Dit was ʼn onvergeetlike ervaring gewees en die oorwinning is die kersie op die koek,” het Homa gesê nadat hy die Gary Player-baan getem het.
Gholf: Yank se oog op die naamplaatjies in Sun City
Die tafel gedek is vir die Yank Max Homa om met die louere weg te stap in die glansryke Nedbank-uitdaaggholftoernooi.
Gholf: Du Plessis brul by Sun City
Suid-Afrika se Hennie du Plessis het Vrydag by Sun City hard gebrul in die tweede ronde van die Nedbank-uitdaagtoernooi, maar dit was uiteindelik die komkommerkoel Yank Max Homa en die Fransman Matthieu Pavon wat die dag as die voorlopers afgesluit.
Homa swaai towerstaf by Sun City
Ses voëltjies in sy foutlose vertoning van 66 houe op die Gary Player-baan, het die Amerikaanse ster op -6 in die gesamentlike eerste posisie geplaas.
Afrika se majortitel gaan spelers toets
Die dwarrelwinde wat oor die baan waai, die nou skoonvelde, uitdagende sukkelveld en blitsvinnige setperke dwing spelers maklik op hul knieë in die versengende hitte wat hulle jaarliks teister.
Woods jr. leer op die harde manier
Die veertienjarige spruit van die legendariese Tiger Woods het die afgelope naweek in die Notah Begay- junior nasionale gholfkampioenskap meegeding.
Emosionele Erik wen PGA
Die boorling van Bellville het die dag voor die aanvang van die toernooi die slegte nuus gekry dat een van sy boesemvriende terminale kanker het.
Bedrewe Harvey neem voortou by Pezula
Die voorloper het nog ʼn bietjie geluk gehad op die 17de putjie waar hy ʼn arend 2 aangeteken het toe sy bofhou reg gebons het en die balletjie enkele meter van die blikkie af geëindig het.
Woods en Timberlake kry wind van voor
Die ikoniese gholfster en wêreldbekende musikant wil hul nuwe T-Squared Social Club-konsep in die befaamde universiteitsdorp slegs ʼn hanetree weg van die roemryke St. Andrews-gholfbaan vestig.
Ashleigh boer effe agteruit
Dit was grootliks die Suid-Afrikaner se spel op die kort grassies wat haar gekniehalter het, maar verder was Buhai se spel eersteklas.
SA se Buhai onder voorlopers by Maybank
Die majorkampioen van verlede jaar het goed weggespring en oor die eerste nege putjies vier voëltjies aangeteken. Oor die tweede nege putjies het dinge egter begin uitrafel.
Buhai weer op haar stukke
Die Johannesburgse gholfster sal egter teleurgesteld wees oor hoe haar tweede 18 putjies Vrydag tot ʼn einde gekom het.
Tiger dalk te sien in Hero-toernooi
Woods het vandeesweek die name van die deelnemers aan die Hero-uitdaagtoernooi bekend gemaak, met een plek in die uitsoekveld van 20 spelers wat oopgelaat is.
Lexi gemaklik tussen die manne
Lexi Thompson, elfmalige wenner op die vroue se LPGA-reeks, ding vandeesweek in die PGA-reeks se Shriners Children’s Ope in Las Vegas mee.