Die stryd om die PGA-titel het van meet af vir almal verkeerd begin met spel wat Donderdagoggend vir bykans twee uur vertraag is weens ryp op die gholfbaan.
Alles deur die skrywer Rudolph Lake
Vier van SA spook sake uit in PGA-toernooi
Christiaan Bezuidenhout, Dean Burmester en Thriston Lawrence is in die PGA-veld danksy hul ranglysposisies, terwyl Ockie Strydom as die Sonskynreeks se verdienstelyswenner sy plek verdien het.
Sonskynreeks goed vir Da Silva
Rudolph Lake gee ʼn samevatting van sommige van die week se groot gholfnuus.
Woods wil regsgeding met eks agter geslote deure hou
Herman eis $30 miljoen (sowat R550 miljoen) van Woods omdat hy volgens haar hul mondelinge ooreenkoms, dat sy vir 11 jaar in sy Jupiter-paleis ter waarde van byna R1 miljard kan bly, verbreek het deur haar ná vyf jaar op slinkse wyse uit te skop toe hy hul verhouding beëindig het.
Groot gevolge vir LIV-rebel Sergio Garcia
Garcia mag dalk dink dat sy weiering om sy boete te betaal geen gevolge vir hom gaan inhou nie, maar dit is nie die geval nie.
In of uit? Nog geen antwoord oor LIV-spelers vir Ryderbeker
Met vyf maande oor, is daar nog geen duidelikheid nie oor presies watter spelers die twee kapteins, Zach Johnson en Luke Donald, kan oorweeg.
Buhai wys haar staal in Texas
Suid-Afrika se Ashley Buhai het Donderdagmiddag in die eerste ronde van die Chevron-kampioenskap in Houston in Texas puik teruggeveg.
Ashleigh en Paula onder uitgelese groep
Die room van vroue-gholf is vandeesweek die eerste keer in die geskiedenis in Texas in Amerika byeen om sake uit te spook in die LPGA-reeks se eerste major-toernooi van die jaar.
Koepka se visier duidelik op Meesters-titel
Die 32-jarige Koepka wat verlede naweek sy tweede LIV-titel verower het, het sy goeie spelpeil voortgesit deur die magiese Augusta-baan met ʼn puik telling op sy knieë te dwing.
Vuurwerk verwag in 87ste Meesters-stryd
Vanjaar se Amerikaanse Meesterstoernooi begin vandag (Donderdag) en beloof om verskeie redes moontlik ongekende drama en opwinding.
Scheffler, McIlroy marsjeer voort
Jon Rahm en die Yank Billy Horschel sal Vrydag sake uitspook om te bepaal wie bo-aan hul groep sal eindig en deurdring.
Fowler laat Rahm in die stof byt
Die Spanjaard Jon Rahm het Woensdag op sy baadjie gekry in die eerste ronde van die Wêreldkampioenskapreeks (WGC) se jaarlikse putjiespeltoernooi in Austin, Texas.
Els seëvier net-net in Kalifornië
“Dit begin aan ’n mens krap as jy nie oor die laaste hekkie kan kom nie, maar dis gelukkig nou eers verby.”
Wind stuit spelers in SDC-kampioenskap
Die Fransman David Ravetto en Noorweë se Kristian Krogh Johannessen het Donderdag die winderige toestande op die St. Francis Links-baan die beste bemeester.
Buhai los voor in Tokai
Intussen neem drie Suid-Afrikaners die voortou in die Mediclinic-uitnodigingstoernooi in Centurion.
Tienersensasie verstom in Tokai
Die jong Duitser se spel was van wêreldgehalte en veral haar setwerk was witwarm gewees.
Vierde SA Ope-titel wink vir Buhai
Die Johannesburger Ashleigh Buhai het vanjaar nog net in drie toernooie gespeel, maar elke keer onder die toptien klaargemaak.
LIV-geldkrane toegedraai
Een van die spelers wat verlede jaar op sosiale media gespog het met die private stralers waarin hulle vlieg en die duur sjampanje en wyn wat hulle drink – op die toernooi se rekening – het die man in beheer van die geldsake glo laat besluit om die brieke aan te draai.
Grace derde in LIV-kompetisie
Die Suid-Afrikaanse Stinger-gholfspan is Sondag in die pylvak van die LIV-reeks se Mexiko-toernooi na die podium getroef.
Dié spelers in LIV-reeks te sien
Die omstrede LIV-gholfreeks spog vanjaar met sewe splinternuwe gesigte, insluitend ʼn Suid-Afrikaanse en ʼn Amerikaanse Meesterskampioen.