Met die samewerkingsonderhandelinge tussen LIV en die Amerikaanse PGA- en DP World-reekse wat steeds voortduur en nog geen aanvaarbare oplossing opgelewer het nie, gaan die Saoedi-Arabies-gefinansierde reeks op eie houtjie voort.
Alles deur die skrywer Rudolph Lake
Gemengde welslae vir SA gholfspelers
In Kalifornië, in die PGA-reeks se Farmers Insurance-toernooi, moes Christiaan Bezuidenhout en Garrick Higgo albei hul tasse pak nadat hulle by die halfpadmerk onder die valbyl beland het, terwyl Paula Reto ʼn skaflike vertoning in Florida gelewer het.
SA se Potgieter maak gholfgeskiedenis
Aldrich Potgieter het sy naam in die annale van die spel verewig toe hy op 19 jaar, vier maande en 11 dae die jongste wenner nóg in die Amerikaanse Korn Ferry-reeks geword het met sy sege in die Greater Abaco Classic in die Bahamas.
Nuwe uitdaging wag op Rory
Die 34-jarige Noord-Ierse gholfster meet aanstaande maand in Florida kragte met twee van wêreldgholf se voorste vrouespelers.
Ernie, Christiaan, Louis en Ashleigh laat SA vlag wapper
Suid-Afrikaanse gholfspelers neem vandeesweek wêreldwyd deel. Kry die jongste nuus oor hul prestasies hier.
LIV-baas nou van ernstige misdade beskuldig
Luidens hofstukke word die voorsitter van die LIV-reeks, Yasir Al-Rumayyan, van kwaadwillige en onwettige misdadige optrede beskuldig.
McIlroy pak skittervertoning uit
In nóg gholfnuus het die uitvoerende hoof van die Europese reeks, Keith Pelley, in ʼn skokbesluit sy bedanking aangekondig.
Rory pleit vir gholfvrede voor aanslag op Meesterskroon
McIlroy glo ʼn ware wêreldreeks wat verskeie nasionale Ope en die vier Majors insluit, is hoe die wêreld se heel beste spelers weer op dieselfde verhoog in aksie gesien gaan word.
Tiger klaar met Nike
Die gholflegende Tiger Woods het na raming sowat R12,3 miljard oor 27 jaar in borgskappe van Nike ontvang. Forbes sê hy skat Nike het waarde van minstens tien keer meer uit die blootstelling gekry.
Rozner skitter op eerste dag van Mauritius Ope
“Niemand gaan my titel by my afvat nie. Ek is hier om te wen.”
Nuwe Mauritius-baan gaan topgholfspelers toets
Die prentjiemooi Mauritius is die agtergrond vir die naweek se Mauritius Ope-toernooi, maar La Réserve Golf Links gaan beslis een wees om mee rekening te hou.
Goue oues binnekort in Orlando te sien
Tiger Woods, Retief Goosen en Nick Price is van die voormalige no. 1-spelers in die wêreld wat vandeesweek in Orlando in Florida in die jaarlikse PNC-kampioenskap in aksie is.
PGA praat met ander beleggers
ʼn Indrukwekkende groep beleggers staan gereed om die Amerikaanse PGA-gholfreeks te red, sou sy onderhandelinge met die LIV-reeks skipbreuk ly.
Jon Rahm het toe ook ʼn prys
Die 29-jarige Rahm het Donderdagaand aangekondig dat hy hom by die omstrede LIV-reeks aangesluit het.
‘Boere-Skot’ beïndruk in Alfred Dunhill-kampioenskap
Die Suid-Afrikaans gebore Robin Williams se middelnaam is Tiger. En Donderdag in die eerste ronde van die Alfred Dunhill-kampioenskap het hy ʼn vertoning gelewer waarop die legendariese Tier trots sou gewees het.
Mans-, vrouegholfspelers dié naweek saam by uitnodigingstoernooi
Die deelnemende spanne sal elke dag in ʼn ander formaat meeding in ʼn poging om die toernooi van enige ander te onderskei.
Sterkste veld nog dié seisoen by Dunhill-kampioenskap
Die eerste spelers slaan Donderdagoggend af en tot Sondag sal die eksklusiewe Leopard Creek die speelplek wees van altesame 156 internasionale beroepsgholfspelers met groot drome van wêreldroem.
Ernie lei internasionale span in gholfnuutjie
Die nuwe spankompetisie vir seniors sal ʼn sterk Suid-Afrikaanse geur hê met die land se gewilde strydros Ernie Els wat een van die drie spankapteins is.
Buhai bobaas in Australië
“Dit is ʼn lekker gevoel om die jaar op ʼn hoogtepunt af te sluit. Ek kan nou lekker gaan uitspan,” het Suid-Afrika se Ashleigh Buhai ná die sege gesê.
Jarvis lewer indrukwekkende vertoning in SA Ope
In Sydney is Suid-Afrika se Ashleigh Buhai in die vierde plek ná die eerste ronde van die Australiese Ope-kampioenskap terwyl Tiger Woods sy terugkeer in die Bahamas maak.