Lapa Uitgewers het verlede week bewaarder gespeel en bestek van stories, stropers, renosters, leeus, olifante en Afrikaans opgeneem.
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans stel nuwe bundel bekend
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het op Saterdag 9 November sy nuwe digbundel Stemme uit die Suiderland bekendgestel, asook die wenners van vanjaar se digkompetisie aangekondig.
Woord: kalkoen
Waar op aarde kom ons aan die woord “kalkoen”? Taaltoffie stel ondersoek in
Eerste in SA: Kinderboek plaas fokus op aandagafleibaarheid
“Ons wou ’n hulpbron ontwikkel wat toeganklik sou wees vir soveel Suid-Afrikaners as moontlik.”
Taalgebruik: opsoek, op soek
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “opsoek” en “op soek”.
Muurkunsprojek se droom word 9 skole groter
Afrikaans.com het onlangs aangekondig dat hy vanjaar nóg nege skole uit die Wes-Kaap by sy muurkunsprojek, wat in 2017 van stapel gestuur is, gaan betrek. Sedert die ontstaan van die projek het 30 skole landswyd betrokke geraak.
Bart de Graaff laat vergete Griekwa-kaptein herleef in nuwe boek
“Daar is so baie stories en kulture in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nooit opgeteken is nie,” het dr. Bart de Graaff tydens die bekendstelling van sy boek Barend Barends – Die vergete kaptein van Danielskuil, gesê.
Gedig: De Rust
“nou is dit stoeptyd en vir oulaas soek hy oor sy ryk: die skemer het die bakens en die drade uitgepluk. en als is syne waar hy ook al kyk …”
Annerle Barnard skryf sodat kinders kan lees
“As ʼn mens die jeug aan die lees kan kry is daar soveel meer van ʼn toekoms vir hulle. Maar daarvoor moet jy hulle eers aan die lees kry,” sê Annerle Barnard, skrywer van Sindikaat, die roman wat onlangs met ʼn silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon is.
Uitdrukking: Aan die kaak stel
Waar kom ons aan die uitdrukking om iets “aan die kaak te stel”? Taaltoffie stel ondersoek in
‘Gaan Suid-Afrika oukei wees?’
Pres. Ramaphosa het die wil om die land reg te ruk, maar is ‘n dienswillige instrument in adj.pres. David Mabuza se hande, skryf Jan-Jan Joubert in sy nuwe boek.
VivA ‘vloek met flair’
“Vloek is relatief. Wat vir my vloek is, is nie noodwendig vir jou vloek nie,” reken Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA Afrikaans. Dié instansie hou op 15 November ʼn simposium om bestek op te neem van die taboes wat in Afrikaanse spreek- en skryftaal geld.
‘Die Wonderwese’ kry lewe met vuurblasers, kos uit ʼn boek
“Ek reël vir elkeen van my boeke ʼn boekpartytjie,” vertel Carina Stander. “ʼn Mens skryf baie lank aan ʼn boek en ek voel dis ʼn bietjie soos die geboorte van ʼn kind. Dis iets om te vier.”
Taalgebruik: trouens, inteendeel
Sommige gebruikers van Afrikaans verwar die twee woorde “trouens” en “inteendeel” en gebruik dan byvoorbeeld “inteendeel” as hulle eintlik “trouens” bedoel.
Boek: In Gesprek met Waldimar
In forensiese detail pak Waldimar Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.
Lesersindruk: Blinde gode deur Dibi Breytenbach
Blinde gode is Dibi Breytenbach se vyfde boek en ʼn opvolg van haar boek Dowe gode.
Boek: Gaan Suid-Afrika oukei wees?
In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit nie. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie?
Nóg internasionale benoemings vir Jaco Jacobs
“Dié nuus het ‘n Blou Maandag sommer opgehelder,” sê Jaco Jacobs, Bloemfonteinse kinderboekskrywer, nadat hy onlangs vir twee internasionale toekennings benoem is.
Gedig: Die Kranksinnige
“die een is gek, die ander, ek.”
Uitdrukking: Die naakte waarheid
Taaltoffie ondersoek die betekenis van die uitdrukking “die naakte waarheid”