Baie van Zuma se onlogiese en kortsigtige besluite maak nie sin nie. Om van Gordhan en Joemat-Petterson in Maart ontslae te wou raak, maak wel meer sin as dit teen die Brics-agtergrond beoordeel word.
Redakteursbrief: Het jy al ʼn huis help afbrand?
Vanoggend sit ek en wonder hoe verloop só iets, as jy deel van die skare is wat ʼn huis aan die brand steek, of ʼn dorp verwoes en plunder. Mens staan immers nie in die oggend op en dink “vandag gaan ek ʼn huis afbrand” nie. Ek dink dis iets soos dié…
Bestaan die Islamitiese Staat (Isis) werklik?
Kyk lesers vandag na internasionale nuuskanale, is daar omtrent daagliks berigte oor die Islamitiese Staat (Isis). Wat egter opmerklik is, is dat die organisasie asof van nêrens ontstaan het nie en sonder ’n bewese leierskap tot ’n wêreldwye bedreiging ontwikkel het.
Welvaartbelasting – kan Suid-Afrika dit bekostig?
Farrand meen Suid-Afrika se bestaande belastingbasis kan verbeter deur bloot meer op die doeltreffende bestuur en administrasie van boedelbelasting te fokus. Dit sal ook help as belasting wat reeds ingevorder is, reg aangewend word.
’n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030
“Die voormalige Anglo American- uitvoerende beampte Bobby Godsell het onlangs die eertydse president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Brand, aangehaal toe hy gesê het, “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”. Deel van dié plig is om eerlik te wees oor die toestand waarin die land nou is.”
Frankryk se paradoks-legkaart
Dus, liewe leser, vergewe my wanneer ek die Franse verkiesingsuitslag vandag gaan probeer verklaar. Dis natuurlik aansienlik ingewikkelder as wat ek dit hieronder doen, skryf Leopold Scholtz.
Wit mense weer die slaansak
Wit mense se bydrae in die huidige Suid-Afrika, ten spyte van vele struikelblokke, is enorm. Dit kon egter soveel meer gewees het as wit mense nie deur wetgewing en beleidsraamwerke soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie uitgesluit word van die ekonomie nie.
Misdaad kán met goue driehoek verslaan word
AfriForum en die Solidariteit Beweging gaan ons mense nie alleen laat nie. Ons gaan op die voorpunt van die stryd teen die misdaadplaag veg tot ons saam die stryd gewen het. Gemeenskapskrag is sterker as misdaadmag.
Kwotas baat nóg wit, nóg swart: Ontwikkeling die enigste kuur
Ons durf nie toelaat dat kwotas afbreuk doen aan hierdie prestasies nie. Niemand vind baat by ʼn rassegebaseerde kwota nie – nie die spelers nie en ook nie die toeskouers nie en nog minder die land.
Presidentskap nie vir onkundiges
Ná sowat ’n kwarteeu kom daar al hoe meer geluide uit die ANC dat onbevoegde ontplooide kaders op verskillende regeringsvlakke met kundiges vervang moet word.
Die probleem met gelykheid
“Miskien moet ons begin praat van gelyke vryheid vir almal.”
Modderstoei en polarisering sal Macron vaspen
Emmanuel Macron het die Franse presidentsverkiesing op 7 Mei gewen, maar Frankryk bly diep verdeeld, skryf dr. Heinrich Matthee.
Redakteursbrief: Betaalde of gratis nuus – die beginsels bly dieselfde
Ons almal weet vry en gratis is nie dieselfde ding nie. In Engels sou mens nog kon wegkom met ʼn woordspeling tussen “press freedom” en “free press”, maar in Afrikaans is ‘n vrye pers en gratis pers wêrelde van mekaar verwyder.
Franse verkiesing plaas kollig op langtermyn-vraagstukke
Die vraag is egter, net soos in verlede jaar se Amerikaanse verkiesing: Wie gaan stem? Die wegblystem gaan Sondag in die Franse verkiesing ’n wesenlike invloed op die verkiesingsuitslag
Universiteite se taalbeleid maak klug van Grondwet
Die onreg wat die US Afrikaanssprekendes aandoen is onbetwisbaar. Dit is ʼn droewe feit. Afrikaanssprekendes kan nie anders nie as om te sê tot hiertoe en nie verder nie.
Die jeug se waardes
As ons nie die kernwaardes wat vir sukses nodig is, in ons huise en skole gevestig kry nie, sal ons verder op die ranglys van mededingendheid afgly; sal armoede, werkloosheid, korrupsie en wetteloosheid toeneem en ’n groot deel van die ongelooflike potensiaal in ons mooi land nie ontwikkel nie.
Die ANC moet ʼn denkskuif maak
Die African National Congress sal drasties moet herbesin of aanvaar dat sy rakleeftyd nader kom. Daar is ʼn nuwe land aan die opstaan.
SA kruispad: Politieke of ekonomiese transformasie?
Suid-Afrika staan voor ʼn knyptang-dilemma: Gaan die ekonomiese keuse van privaat besitreg en die vrye mark geld, of die politieke keuse van sosialisme en kommunisme?
Tikkie pragmatisme in Trump-resep
Ná 100 dae in die Withuis is dit duidelik dat Trump die Amerikaanse politiek verander het, maar dat die Amerikaanse politiek hóm dalk nog meer verander het, skryf Leopold Scholtz.
Op soek na waardes
Skole kan ’n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van ons kinders se karakter speel, maar daarvoor bestaan geen eenvoudige resep nie, en skole kan dit nie alleen doen nie.