Suid-Afrika staan voor ʼn knyptang-dilemma: Gaan die ekonomiese keuse van privaat besitreg en die vrye mark geld, of die politieke keuse van sosialisme en kommunisme?
Tikkie pragmatisme in Trump-resep
Ná 100 dae in die Withuis is dit duidelik dat Trump die Amerikaanse politiek verander het, maar dat die Amerikaanse politiek hóm dalk nog meer verander het, skryf Leopold Scholtz.
Op soek na waardes
Skole kan ’n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van ons kinders se karakter speel, maar daarvoor bestaan geen eenvoudige resep nie, en skole kan dit nie alleen doen nie.
Karel Schoeman: Die ou gesegde oor ’n goeie skrywer
Sy plek in die Afrika-letterkunde en die wêreldletterkunde sal nooit gevul kan word nie.
Meidag, ʼn dag om te vermy
Behalwe as jou sentimente by die sosialiste lê, behoort Werkersdag 1 Mei jou koud te laat, skryf Sebastiaan Biehl.
Wit mense in Suid-Afrika skrikwekkend minder
Wit mense maak tans ’n beraamde 8% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking uit. Voortgesette veroudering en toenemende emigrasie kan die persentasie tot tussen 1 en 3% laat daal. Bloot wat die ekonomie betref, sal die implikasie hiervan ingrypend wees.
Grond bly knelpunt
Sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika is grondbesit, -hervorming en -herverdeling ʼn emosionele kwessie vir Suid-Afrikaners weerskante van die spektrum. Dit lyk of dié kwessie vanjaar op die spits gedryf kan word.
Radikale ekonomiese transformasie
“Tans is dit propaganda-towerwoorde waaragter ANC-leiers hoop om hulle mislukkings weg steek deur die indruk te wek van groot nuwe ekonomiese planne.”
Verootmoediging: Towerstaf of noodkreet?
Gesonde debat oor hierdie saak is goed. Dit is wonderlik om mekaar te kan wys op die positiewe dinge wat op 22 April gebeur het en gesê is. Dit is egter ook noodsaaklik om mekaar in liefde te kan wys op dit wat nie Skriftuurlik was nie sonder om emosioneel te raak oor jou persoonlike belewenis daarvan.
Fokus op gesinne noodsaaklik
Die FAK se konferensie oor “Gesonde gesinne vir ’n gesonde toekoms” kan nie op ’n beter tyd kom nie, skryf dr. Henk Gous.
Die glorie van ou Afrika
Afrika hét dus ʼn roemryke verlede – die soort feite wat saam met die geskiedenis van byvoorbeeld die struggle en die Anglo-Boereoorlog in vandag se geskiedenisboeke hoort om aan alle leerlinge ʼn meer volledige agtergrond van hul vasteland te bied, skryf Org Potgieter.
‘Wittes van Suid-Afrika nie werklik vry op Vryheidsdag’
Vryheidsdag beteken nie werklik iets nie, omdat die ANC-regering deur onderdrukkende rassewette en kwetsende uitsprake ʼn nuwe verdrukking geskep het waaronder wit mense van die land nie vry kan wees nie, skryf dr. Pieter Groenewald.
Daar gebeur iets wanneer mense bymekaarkom… #ItsTimeSA
Natuurlik kan ek alleen in my binnekamer bid. Ek kan ook op my eie op my rusbank na ’n rugbywedstryd kyk of alleen bal skop op my grasperk. Maar daar gebeur iets wanneer mense bymekaarkom, skryf dr. Jaco Deacon.
Le Pen verskuif politieke landskap in Frankryk na regs
Hoewel Emmanuel Macron waarskynlik die volgende president van Frankryk gaan wees, moet die groot politieke verskuiwing in Frankryk, net soos in Oostenryk, Nederland en talle ander Westerse lande nie misgekyk word nie, skryf Jaco Kleynhans.
Frankryk beleef ‘interessante tye’
Frankryk beleef, om dit sag te stel, interessante tye, skryf Leopold Scholtz.
Frankryk: Macron en Le Pen wen eerste ronde van presidentsverkiesing
Wat wel duidelik is, is dat die bestaande Franse politieke stelsel met twee hoofstroompartye links en regs van die middel, wat mekaar gereeld afwissel, verby is. Die era van populisme is allermins verby, maar het juis ook in Frankryk aangebreek.
Die rooi ligte begin flikker vir die ekonomie
Met reg kan gevra word: Hoe maklik of moeilik sal dit vir die staat wees om direkte beheer van die SARB te neem en watter skade kan hulle aanrig?
Loop-en-val-protes
Skaars het die protesstof in die strate gaan lê, of die eerste krake verskyn reeds in die kits-koalisie wat wil hê pres. Jacob Zuma moet die trekpas kry.
Toutrek oor Gibraltar ná Brexit-besluit
Daar is egter ook aanduidings dat die hernieude bekgeveg oor Gibraltar net deel is van die Spaanse en EU-regering se strategie om die maksimum uit die “egskeiding” te kry.
Mededingingsbeleid en die ANC: Gevaarlike maatjies?
Gegewe die eise van radikale ekonomiese transformasie wat die ANC aan homself stel, en sy skerp anti-vryemark sentiment, kan ons wonder tot watter mate die ANC se invloed op die toepassing van mededingingsingrepe matigheid en omsigtigheid gaan bevorder.