Mens moet egter wonder tot watter mate hierdie dalk wensdenkery aan Ramaphosa se kant is – nie net oor Eskom nie, maar ook oor Suid-Afrika as geheel.
Verkiesing van uiterstes, wantroue en oordrewe beloftes
Die veldtog in aanloop tot die verkiesing word gekenmerk deur politieke uiterstes, wantroue in kandidate, oordrewe en onuitvoerbare beloftes deur partye en die omstrede uitsprake van kandidate wat vir die meeste partye die een verleentheid ná die ander skep.
’n Belangrike datum lê vir Afrikaans voor
Op 27 November 2019 is daar twee gebeure op die kalender wat van groot belang is vir Afrikaans, en meer spesifiek Afrikaans as onderrigtaal.
Onderwys: Beweging volg dubbele strategie teen Lesufi se tirannie
Lesufi se teiken is van meet af Afrikaanse skole, ongeag hoeveel kinders vanuit verskeie groepe daaronder ly.
Lui uitspraak die doodsklok vir Afrikaanse openbare skole?
Wat dan van enkeltalige Afrikaanse skole, vra Theuns Eloff.
Video: Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner
Die ANC verkoop tans ’n meesterverhaal van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hoe raak dit die Afrikaner en hoe moet die verlede beoordeel word? Flip Buys bied perspektief op dié vrae in hierdie onderhoud met Ernst Roets.
SEB: ʼn mislukkende fantasie
Hierdie tipe beleid, van beide voor en ná 1994, is die oorsaak van Suid-Afrika se onvermoë om vooruitgang te maak, skryf Gerhard Papenfus.
Bakhand of helpende hand?
Ons reken dis makliker en vinniger om net ’n vis aan iemand te gee, as om die persoon in staat te stel om ’n visstok te koop of te maak en die persoon dan te leer hoe om sy eie vis te vang. Ten alle koste moet ons dit vermy om aan behoeftiges iets te voorsien wat hulle vir hulself kan (of kon) voorsien.
Verbruikersake: Kyk na jou beursie op Swart Vrydag
Swart Vrydag is nog meer as ’n week ver, maar ons word reeds gebombardeer met spesiale aanbiedings van winkels. Ina Opperman verduidelik hoe jy die beste uit Swart Vrydag kan kry en waarvoor jy moet ligloop.
Brandvlei, ʼn Boere-Portugees en ’n joolblad
Ja, as jy jou ore en jou oë oophou, vind jy altyd storiemateriaal, skryf Pierre Massyn.
Maroela en kommentaar: Sê jou sê as die son skyn
Jy gaan voortaan jou sê moet sê tussen 06:00 en 19:30 deur die dag.
Logika nie deel van ANC-regering
Dis dalk oordrewe om te sê die wiele in Suid-Afrika kom nou af. Maar dan kan ’n mens op die allerminste sê die wiele sit só los dat hulle eintlik enige oomblik kan afval, skryf Leopold Scholtz.
Die vier V’s om Afrikaner-armoede te takel
Waarom tree ons op asof God nie genoeg gee nie, asof die woorde “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie” net trooswoorde vir ’n sterwende moet wees?
Gou-gou Londen toe en terug
En toe die eerste wit kranse van die Engelse strande begin wys, kry ek trane in my oë. As jy niks verwag het van jou eerste indrukke van Engeland nie, en jy sien skielik Dover Beach se wit kranse in die dag se eerste sonligstrale, dan is dit die mooiste ding wat jy nog ooit gesien het.
Die taal van ons geloofsverhaal
Afrikaans het ʼn oorvloed uitdrukkings wat met die kerk te doen het. As iemand jou vra of jy in die kerk gebore is, moet jy ʼn deur agter jou toemaak. En as mense sê dat jy gereeld met die vierde gelui in die kerk kom, is jy waarskynlik altyd laat, want die derde gelui is die laaste.
As die Springbokke deur die regering bestuur moes word
Ná halftyd sou die hele afrigtingspan deur die Valke aangekeer word vir beweerde “spankaping”.
Chris Chameleon: In ʼn oomblik …
Sy het die knoppies meesterlik gedraai en soos ʼn ervare vlieënier in ʼn ingewikkelde stuurkajuit die druk, die hoogte en die versnelling klinies gereguleer. Ek was weerloos teen hierdie aanslag.
Goedvoelpolitiek eindig altyd in ’n tranedal
Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec, het uiteindelik op Radio 702 gesê dat swart ekonomiese bemagtiging nie werk nie. Dit verg mannemoed vir iemand soos hy in ’n land waar jy jou loopbaan kan ontspoor as jy selfs die fynste polities verkeerde nuanses in ’n twiet laat skuil.
Podlitiek: De Ruyter op ʼn wit perd en is Mmusi ʼn party werd?
In hierdie episode kyk die Podlitiek-span na Eskom se nuwe hoof, André de Ruyter, Mmusi Maimane se gerugte nuwe politieke party asook die onstuimigheid by die Suid-Afrikaanse Lugdiens.
‘FroueVonds’: My reis na ’n mooier ek
Indien jy identifiseer met hierdie gevoel van te min wees as vrou, wil ek graag vir jou hoop bring terwyl jy hier lees. Jy is genoeg, vriendin! Jy kwalifiseer met vlieënde vaandels! Daar is reeds lank voor jou geboorte wonderlike goddelike sade in jou geplant. Sade wat bestem is vir groot en mooi dinge op jou lewensreis.