“Mboweni moes gesê dat hulle 20 000 mense by die staat gaan afdank, dat hulle 100 000 mense by Eskom gaan afdank en dat daar nog tien ministers uit die kabinet gesny gaan word.”
Eskom moet vinniger opgedeel word, skuld gedelg word
Die regering se beoogde plan om Eskom in drie verskillende entiteite op te deel, moet vinniger geïmplementeer word om die skuldlas wat die beleërde staatsinstansie op die regering plaas te verminder, het Tito Mboweni Woensdag gesê.
Regering se beursie nou styf toe vir luukshede
Tito Mboweni, die minister van finansies, het Woensdag aangekondig dat luukse motors, eersteklasvlugte en groot salarisse vir regeringsamptenare iets van die verlede gaan wees.
Suid-Afrikaners spaar té min, leef bo vermoëns
Suid-Afrikaners spaar nie weens skuld en ʼn gebrek aan finansiële opleiding.
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansieplanne draai reg uit
Dis al amper die einde van die skooljaar en vir baie (gelukkige) verbruikers beteken dit tyd om uit te span en die spanning van die afgelope jaar af te skud. Ina Opperman het gaan kyk wat jou regte as verbruiker is wanneer jy vakansieplek en vervoer bespreek.
Grafiek: Verbruikersprysinflasie vir September 2019
Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die jongste verbruikersprysinflasiesyfers bekendgemaak. Verbruikerspryse het met 4,1% in September 2019 gestyg. Dit is laer as die styging van 4,3% in Augustus.
Verbruikersake: Motorhandelaar Tribunaal toe gestuur oor voetstoots
’n Motorhandelaar van Pretoria is by die Nasionale Verbruikerstribunaal verkla omdat hy ’n motor vol foute aan ’n verbruiker verkoop het as “voetstoots” en geweier het om enige verantwoordelikheid vir die foute daarop te aanvaar. Ina Opperman verduidelik wat gebeur het en wat verbruikers se regte in so ’n geval is.
Luister in 3 minute: Waar lê Suid-Afrika op die Wêreld-Ekonomiese Forum se ranglys?
Hoewel Suid-Afrika met ses plekke op die ranglys versterk het, dra ‘n onbuigsame arbeidsmark toe tot sake wat onderdruk bly.
Tyd loop uit vir indien van belastingopgawes – SAID
Tydens die rekonsiliasieperiode moet elke werkgewer die bedrae bevestig wat hy in die eerste ses maande van die jaar betaal het.
US beplan om Bestuurskool terug te bring na Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch beplan om sy wêreldbekende Bestuurskool terug te bring na Stellenbosch.
Belasting: Invordering onder druk
Die regering is tans onder groot druk om sy belastingsteikens vir die lopende belastingjaar te bereik.
Luister in 3 minute: Ramaphosa beoog ‘goedkoper’ sake in SA
In die jongste 3 Minute, 3 Sake kyk Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, na Eskom wat onlangs die howe genader het vir bystand teen Nersa se prysbesluite; strenger regstelaksie-wette wat beoog word en pres. Cyril Ramaphosa se onlangse sprake oor sake wat vir klein en groot ondernemings makliker gemaak moet word.
Globale ekonomiese groei vir 2019 op skamele 3% voorspel
Wêreldwye ekonomiese groei word in ʼn projeksie van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) op 3% vir 2019 voorspel, die swakste koers sedert 2008.
Nuwe R25-dinosourus-muntstuk vir SA
Suid-Afrika sal in 2020 ʼn nuwe versamelaarsmunt in die vorm van ʼn R25-muntstuk bykry met dinosourusse as tema.
Ramaphosa wil sakebedrywighede in SA goedkoper, makliker maak
“Ons wil dit makliker maak om sake te doen: vir die persoon wat in sy motorhuis begin, asook die multinasionale [maatskappy] wat ʼn nuwe fabriek wil open.”
Nuwe ekspat-belasting kan plaaslike ekonomie knou
Menige belastingbetalers kan hul verblyfreg in Suid-Afrika vir belastingdoeleindes opgee, wat negatiewe nagevolge vir die land se ekonomie kan inhou.
Verbruikersake: Verbruikers spring van woede oor trampolien nie opdaag
Verbruikers is warm onder die kraag omdat trampoliens wat hulle van SA Trampoline in Pretoria bestel het, nooit afgelewer is nie. ’n Verbruiker het vir ons geskryf dat hulle net leë beloftes gekry het dat hul geld terugbetaal sal word. Ina Opperman het ondersoek ingestel.
Grafiek: Stygende arbeidskoste in die openbare sektor
Met die oog op die Oktober se mediumtermyn-begroting is verskeie ontleders weer besig om na die regering se besteding op arbeid te verwys.
Verbruikersake: Jy kla nou hier oor kredietburo’s
Sedert 1 Oktober moet verbruikers wat klagtes het oor kredietburo’s wat met banke verband hou, egter nou by die Bankombudsman kla. Ina Opperman verduidelik waar jy moet kla.
Luister in 3 minute: Grondkorrupsie, en Kimberley sonder water
Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, gee in hierdie week se ‘3 Minute, 3 Sake’ ʼn terugskouing oor die vryemark ekonomie- seminaar wat die organisasie verlede week aangebied het.