Vermy die lang rye en besige winkelsentrums: Met Die Koöperasie was Kersfees-inkopies nog nooit só maklik nie! Tydens Afslag-Vrydag kan jy boonop vir elkeen in die familie ʼn regte Afrikaanse geskenk gee dié Kersfees.
Leeuwelpies kry ʼn Somerkersfees
Die welpies sou as troeteldiere, vir blikjag gebruik word.
Ouma hoop om binnekort haar kleinkinders se stemme te kan hoor
Potgieter het in 1984 reeds haar gehoor verloor.
Dié projek skep werksgeleenthede en hoop vir gestremdes
“Baie mense kyk gestremde persone se potensiaal mis omdat hulle hulle blind staar teen die gestremdheid.”
Matriek word nie deur siekte, boelies gestuit
Die rekord- en Junie-eksamens was uitdagend, maar die eind-eksamen verloop beter, vertel hy.
Capital Singers: Duisend stemme sing saam met bekendes
Die spreekwoord lui wel dat daar niks nuuts onder die son is nie, maar in Pretoria skitter ʼn trotse wêreld-eerste op die horison – die Capital Singers se feesprogram in die Sun Arena Time Square getiteld Noël.
StopHonger-stafie meer as net voedsaam
Afrikaans is Groot-konsertgangers kon ’n voorsmakie van die stafies kry en dit is soos soetkoek opgeraap. Selfs bekendes soos Steve Hofmeyr en Armand Aucamp was gaande daaroor.
Seuntjie hoor vir die eerste keer sy mamma se stem
ʼn Kogleêre operasie is deur die welwillendheid van dokters by Netcare Greenacres uitgevoer.
Hekelmarathon hoop om 42 000 wolblomme op te lewer
Dié blomme gaan verkoop word om slagoffers van geslagsgeweld by te staan.
Nóg ʼn veer in Kaapstad se toerisme-hoed
Duisende internasionale lesers het wêreldwyd vir hul gunstelinge in die reisbedryf gestem.
Kathu Voortrekkers skenk rolstoel danksy proppie-projek
Wie sou kon dink dat ʼn mens proppies skenk en ʼn rolstoel in ruil daarvoor kry? Dít is presies hoe Kathu se Voortrekkers daarin geslaag het om vir Albert van Vuuren wat verlede jaar in ʼn motorfietsongeluk beseer is, ʼn splinternuwe rolstoel te skenk.
SA se jong ‘wiskundemasjien’ blink uit in Duitsland
Die seun wil sy talent gebruik om ander te help.
Help só dat hongersnood onder kleuters afneem
Duisende mense het verlede jaar die #StopHonger-plegbelofte onderteken en hul name by die #StopHonger-veldtog gevoeg. Dit is werklik fantasties om te sien hoe die gemeenskap saamstaan om ons kleuters wat honger ly, te voed. Dit is nou die Kersseisoen, ons kinders mag nie honger lei nie!
Hondjie uit drein gered
ʼn Babahondjie is Donderdagmiddag uit ʼn drein in Newlands West, KwaZulu-Natal, gered.
ʼn Plaaskersfees uit Die Koöperasie
Kry ook vanjaar jou familie se geskenke in Die Koöperasie, toegedraai en afgelewer by jou deur. Ons maak dit maklik sodat jy meer tyd saam met jou kosbare familie kan spandeer en die spesiale oomblikke onvergeetlik kan maak.
Sy maak matriekafskeidrokke met haar tweede kans
Was Jana voor haar kanker-episode ook so kreatief? “Ek het net goedjies vir my kinders en ’n plaaslike winkel gemaak. Eers toe ek my tweede kans kry, het ek voluit begin leef.”
Kyk: Helpende Hand-liedjie se video gee ’n blik op werklikheid
“In plaas daarvan om geld aan ’n spoggerige video te bestee, het ek besluit om eerder die helpende hande sterker te maak as die hande wat vra deur ’n dag saam met die mense agter die skerms deur te bring en dit op video vas te vang vir almal om te sien.”
Theo Vorster: ‘SA nou in ’n veel beter posisie’
Suid-Afrikaners moet versigtig wees om nie so vas te val in ʼn soort “Zuma-staatskaping-geen-groei-ekonomie” ingesteldheid dat hulle die geleenthede in die land heeltemal miskyk nie.
Noord-Kaapse onderwysers maak geskiedenis
Drie van Laerskool Andalusia se onderwysers is dié week vir hul onderrigwerk vereer.
Wiesenhof-koffieliefhebbers skenk indirek R1 m. aan renosters
Vir elke cappuccino wat dié kettingwinkels verkoop het, is 60 c in ʼn fonds geplaas.