Die beampte sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.
Ramaphosa skop teen ‘entstof-apartheid’
“Dit moet aan almal beskikbaar gestel word, nie net aan die hoogste bieërs nie.”
Musk praat openlik oor Asperger-sindroom
“Ek maak eintlik vanaand geskiedenis as die eerste persoon met Aspergers om SNL aan te bied.”
ANC bekommerd oor gesprekke wat uitlek
Die ANC het sy regspan aangesê om die uitlek van gesprekke en inligting te ondersoek.
Sewe sterf toe skote by partytjie klap
“Die geweerskote het soos ’n donderstorm geklink.”
Voormalige hoof van Spur sterf
Pierre van Tonder was 24 jaar lank besturende direkteur en uitvoerende hoof van die groep voordat hy in Desember afgetree het.
Beheerliggaamvergadering eindig in moord
Terwyl die vergadering aan die gang was, het ʼn onderonsie ontstaan en die verdagte, glo die voorsitter van die beheerliggaam, het glo ʼn ander man gesteek.
Drie sterf by Lochvaal toe ses voertuie bots
Rook van ʼn nabygeleë veldbrand wat sigbaarheid bemoeilik het, het glo tot die botsing van die voertuie bygedra.
Miljoene se goud by lughawe gekry
Die 23 stukke goud is in ʼn man se bagasie gekry.
Covid-19-statistieke: 11 nuwe sterftes
Hier is die jongste Covid-19-syfers.
Skotse onafhanklikheid opnuut geopper ná verkiesing
Die Skotse Nasionale Party (SNP) het Sondag gesê sy “wegholoorwinning” in Skotland se half-outonome parlement is rede vir ʼn nuwe onafhanklikheidsreferendum.
Baasspeurder-Samaritaan van die Waterberge
“Ek kan nie ʼn plaasaanvalslagoffer in die oë kyk en hul geld vat as ek weet hulle kan dit nie bekostig nie.”
Inperking sorg vir ekstra vetrolletjies
Die uitslag van ‘n onlangse peiling toon dat meer as die helfte van Suid-Afrikaners tydens die inperking gewig aangesit het.
Jagluiperdwyfie terug in Rietvlei
“Ons wil graag almal bedank wat die week gehelp het om na haar te soek.”
Kommer oor aanvalle op nooddienspersoneel
Die aanval op die paramedici het tot gevolg gehad dat die gewonde persoon vir wie hulp ontbied is, onderweg na ʼn hospitaal oorlede is.
Vrou dood ná motor in Hartbeespoortdam beland
Die liggaam van ʼn vrou is uit ʼn motor verwyder nadat dit in die Hartbeespoortdam in Noordwes beland het.
Polisie ontken dat beskerming vir KZN-koninklikes onttrek is
Intussen is daar glo familielede wat reeds regsadvies inwin oor prins Misuzulu Zulu se benoeming as die nuwe Zoeloekoning.
Familie vermoed moord op vrou is beplan
“Hoe kan iemand so wreed wees?”
Hond gou op spoor van ietermago-stropers
ʼn Nege maande oue hond sal binnekort begin help om ietermago-stropers in Suid-Afrika vas te trek.
Drie senior polisiebeamptes se afdanking omgekeer
Drie senior polisiebeamptes in die Oos-Kaap se afdanking is ter syde gestel te midde van erge druk, maar hulle is steeds vir ‘n tydperk geskors.