Ouers wat nog nie aanbiedinge gekry het nie, word herinner dat dit nie aan alle ouers gelyktydig gestuur word nie.
Afrikanerbond sê MRK verloor ‘alle geloofwaardigheid’ in saak teen Etzebeth
Jan Bosman, voorsitter van die AB, het Vrydag gesê wat ook al op die betrokke aand in Langebaan gebeur het, moet objektief en regverdig beoordeel word.
Helen Zille een van vier in DA-wedloop
Die DA se federale raad sal Selfe se opvolger tussen 18 en 20 Oktober verkies.
Inwoners ‘gyselaar gehou’ omdat munisipaliteite nie betaal
“Toegang tot water is ’n grondwetlike reg. Gemeenskappe mag nie gyselaar gehou word weens die wanbestuur van staatsentiteite nie.”
Zille soek weer toppos in DA
“Ek is bereid om hard te werk en my rol te speel om ons demokrasie te red.”
Departement ‘speel regspeletjies’ oor Limpopo-grondeis
Die DA soek duidelikheid oor die kwessie. As die staat beoog om sy appèl teen die uitspraak te laat vaar, moet hy dit amptelik doen en nie speletjies speel met die emosies van mnr. Rakgase nie.
Staatsdepartemente moet miljarde se skuld aan munisipaliteite vereffen
Munisipaliteite se skuld aan Eskom is nagenoeg R20 miljard. Staatsdepartemente skuld munisipaliteite nagenoeg R20 miljard. Die wiskunde is eenvoudig: as staatsdepartemente hul rekeninge betaal, gaan munisipaliteite in ʼn baie beter finansiële posisie wees.
Bokke maak pasta van Italianers
Wanneer jy die dag ʼn kragmeting in die Wêreldbeker-rugbytoernooi met 49 – 3 wen, behoort daar mos geen klagtes oor jou vertoning te wees nie, al was daar ʼn paar klein dingetjies wat hier en daar gekrap het.
MRK is bevooroordeeld in Etzebeth-saak – VF Plus
Die uitlatings van adv. Buang Jones, nasionale hoof van die Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, Donderdag oor Eben Etzebeth se beweerde gebruik van haatspraak, is uiters voortydig en bevooroordeeld, sê die VF-Plus.
DA stel plan bekend om plaasmoorde te bekamp
Die DA het ʼn aksieplan teen plaasmoorde bekendgestel wat onmiddelik geïmplementeer kan word.
Utrecht al ʼn week lank sonder ʼn druppel water
“Die hekke by die waterwerke is gesluit en ons word as gyselaar aangehou.”
Luiperd verras kampeerders in Botswana
Gawie Janse van Rensburg het ʼn luiperd nog nooit van só naby gesien as toe dié dier verlede Donderdag kom water drink het uit ʼn wasbak in sy kampeerplek in Botswana nie.
Oudweermaglid wat inligting uitlek kry boete, tronkstraf
Morris het ʼn pleitooreenkoms aangegaan.
Nuuskommentaar: Solidariteit se soeklig val op rassekwessie
’n Uitvloeisel is dat hoe meer gevalle van diskriminasie teen minderhede bewys kan word, hoe sterker word die reg van die benadeelde minderheid of minderhede om uitgebreide en beskermde minderheidsregte.
Nóg miljoene se belastinggeld na SAUK
Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler gaan R3,2 miljard moet hoes vir die SAUK se reddingsboei van die regering, volgens ʼn aankondiging Vrydag deur die minister van kommunikasie,…
Suid-Afrika mag wol uitvoer na China
Suid-Afrikaanse wolboere kan weer na China uitvoer ná ingryping deur Thoko Didiza, minister van landbou.
Suid-Afrikaanse roeiers verpletter oor Olimpiese Spele
Die Suid-Afrikaanse roeigemeenskap is ontsteld omdat die nasionale kano-en-kajakspan nie toegelaat word om aan die 2020 Olimpiese Spele deel te neem nie, al het hulle reeds volgens die internasionale standaarde gekwalifiseer.
Metropolisiebeampte vas vir moord ná stryery
Daar was ‘n woordewisseling en die motoris het die beampte probeer ontwapen.
VF Plus bekommerd oor misdaad in skole
In een van die jongste voorvalle het lede van die Johannesburgse metropolisie tydens ʼn klopjag by ʼn hoërskool in Doornkop vyf messe, dagga, dwelms en ʼn moersleutel by leerders gevind.
Duisende aansoeke vir studentefinansiering reeds ontvang
Meer as 4 000 aansoeke word gemiddeld per dag ingedien en in sogenaamde spitsweke word tot 6 000 aansoeke per dag ontvang.