Die DA sê Suid-Afrikaners is steeds onseker oor wat presies vervat word in die sogenaamde Exploration and Production Sharing Agreement met Suid-Soedan.
3 in hof ná ‘padwoede’: Egpaar steeds ‘bang, skrikkerig’
Drie jong mans het Dinsdag in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) verskyn in verband met die opspraakwekkende padwoede-voorval buite die dorp vroeër vanjaar.
Amy-Leigh-ontvoering: Drie gaan skuld ontken
Drie van die verdagtes in die Amy-Leigh-ontvoeringsaak se borgtogaansoeke het Dinsdagoggend in die Vanderbijlpark-landdroshof hervat.
Mosselbaai-grondverskuiwing: Gebied moet dringend ontruim word
Maroela Media het twee maande gelede berig dat die huise, wat in twee ou ongerehabiliteerde gruisgroewe gebou is, steeds verder kraak en dat waterpype feitlik daagliks herstel moet word.
Man vas ná dood van geliefde sakevrou van Mbombela
Letisia Niemann is inderhaas na ʼn hospitaal geneem, waar sy ʼn ruk later gesterf het.
Weermag in Dunoon midde protesaksies
Vragmotors is aan die brand gesteek en motoriste is met klippe bestook.
Dawie Roodt: Rommelstatus is beslis, maar daar is pluspunte
Hy sê dat die plaaslike finansiële sektor uiters goed gereguleer is, dat dit likied en gesofistikeerd is. “Dit bied aantreklike opbrengste op ons staatseffektemark, wat beleggers weer na Suid-Afrika kan lok.”
Nuuskommentaar: Nuwe Vlaamse regeerakkoord ʼn ‘handboek’ vir SA?
Die akkoord van 300 bladsye kan in ’n sekere sin as ’n klein Kodesa beskou word, en Suid-Afrika kan heelwat leer uit die proses.
Transnet-werkers ‘byt spit af weens staatskaping, vandalisme, diefstal’
Die vervoervakbond Untu het gesê hy verwelkom die vordering wat die afgelope ruk by Transnet gemaak is, maar dat gewone werkers steeds boet vir besluite op topbestuursvlak waarin hul geen aandeel gehad het nie.
Jan Taks in Oktober ook Saterdae oop
Belastingbetalers is ook weer herinner aan die sperdatums vir die indien van persoonlike belastingopgawes.
Ramaphosa se nuusbrief: ‘Verandering vat tyd’
Die president sal voortaan elke week ʼn nuusbrief, getiteld “From the Desk of the President”, uitreik waarin hy van die kwessies wat vir Suid-Afrikaners van belang is en hulle bekommerd maak, sal hanteer.
Nuwe regulasies gou in plek ná listeriose-uitbreking
Nuwe regulasies om die Suid-Afrikaanse verbruiker te beskerm teen die gesondheid- en veiligheidsrisiko’s wat die produksie van verwerkte vleisprodukte inhou, tree vandeesmaand in werking.
Nuwe psigiatriese hospitaal in Noord-Kaap geopen
Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het Maandag die langverwagte nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen. Konstruksiewerk het reeds in 2006 begin.
Cele gemaan om permanente Opod-hoof aan te stel
Bheki Cele, minister van polisie, het sy eie sperdatum van September misgeloop om ʼn permanente hoof van die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod), aan te stel, het die Demokratiese Alliansie Maandag gesê.
Ontwrigting vir Kaapstad-brandweer verwag
Die Stad Kaapstad het Maandag gewaarsku dat daar moontlik ontwrigtings kan voorkom in sy brandbestrydingsdiens te midde van dreigemente deur brandbestryders, wat aan vakbonde behoort, wat nie op bystand wil wees nie.
Vermeende inbreker op Malmesbury-plaas doodgeskiet
ʼn Vermeende inbreker is Maandagoggend vroeg op ʼn plaas naby Malmesbury in die Wes-Kaap doodgeskiet.
Video: Aanranding by Kaapstad-winkelsentrum
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer ná ʼn onderonsie by die Canal Walk-winkelsentrum.
Doepa in drankie, Wits-student glo verkrag
ʼn 21-jarige student van die Universiteit van die Witwatersrand is glo Sondag verkrag toe sy ʼn partytjie bygewoon en haar glas wyn gedokter is.
Lugmag het nie geld vir nuwe vliegtuie
Die lugmag het nuwe vliegtuie nodig, maar moet binne sy vermoë leef en die begroting laat nie tans sulke uitgawes toe nie.
Die wêreld in foto’s – 30 September 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.