Die Nobelkomitee het gesê hy hoop die prys sal die premier versterk in sy belangrike werk vir vrede en versoening.
Man tronk toe ná gewelddadige betogings
ʼn 30-jarige man is op verskeie aanklagte skuldig bevind vir sy aandeel in gewelddadige betogings in Botrivier in die Wes-Kaap en tot tronkstraf gevonnis.
Sukkelende staatsdiens ‘maak NGV onmoontlik’
“Tóg wil hy hê Suid-Afrikaners moet hul lewe in die hande plaas van dieselfde onbevoegde en korrupte kaders wat nie eens ʼn faktuur kan verwerk nie.”
Zuma loop weer bloutjie in hooggeregshof
Die beslissing beteken die lang verwagte korrupsieverhoor na die omstrede wapentransaksie kan nou voortgaan. Dié verhoor begin na verwagting Dinsdag in dieselfde hof.
ANC dien klag van bedrog, korrupsie in teen Mashaba
Die klagte is by Hillbrow-polisiestasie ingedien oor ʼn beweerde onwettige toekenning van ʼn R1,2 miljard-kontrak.
Die wêreld in foto’s – 11 Oktober 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Amy-Leigh-ontvoering: Net een kry borgtog
Net een beskuldigde in die opspraakwekkende ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager, is op borgtog vrygelaat.
Duisende rande se droogtehulp vir boere
Produsente skenk voer, mis en bone aan boere.
Luiperd in tent het toe aptyt vir plakkies
ʼn Suid-Afrikaanse gesin het hulle morsdood geskrik toe ʼn luiperd in die nag by hul tent insluip en hul plakkies begin vreet.
Dronkbestuur-regter swaar beboet; ontvang steeds salaris
Motata het in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol met sy motor teen ’n muur van ’n woonhuis in Johannesburg vasgery en daarna op die toneel rassistiese uitsprake oor wit mense gemaak.
Eskom wil hof toe oor kragtariewe
Eskom sê sy finansiële volhoubaarheid hou aan versleg.
Nuuskommentaar: Kakistokrasie versus tegnokrasie vir Afrikaans
“Sulke (hof-) uitsprake kan net tydelik die taal se pas inkort, maar dit sal net met meer weerbarstigheid oor grense breek en blom soos wat reeds ervaar en versien word … ’n taal sonder grense!”
Video: Vragmotor ploeg deur parkeerterrein
Die vragmotor het eindelik langs ʼn muur van die sentrum tot stilstand gekom.
Wat jy op sosiale media deel, kan jou dalk in tjoekie laat beland
Die wetgewing word as ʼn aanval op vryheid van spraak gesien en is as die Wet op Internetsensuur gedoop.
Seekoei byt vrou in Limpopo dood
ʼn 63-jarige vrou is dood nadat ʼn seekoei haar Woensdag in ‘n woonbuurt aangeval het.
Opod erken knoeiery met kriminele klagtes
Opod het in die parlement toegegee dat hy geknoei het om sy suksessyfers beter te laat lyk en só duisende kriminele klagtes onder die mat gevee.
Ramaphosa: Eskom bly in staatsbesit
Die regering gaan nie Eskom verkoop nie. Só het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie in die parlement gesê.
Valke vat meer as R50 miljoen se bates by oudburgemeester, amptenare
Die ANC het Gumede in Augustus “herontplooi”, nadat sy aanvanklik geweier het om haar pos as burgemeester te ontruim.
VSA swartlys Gupta-broers
Dit is gedoen weens hul “betrokkenheid by korrupte bedrywighede met staatsamptenare en amptenare van staatsbeheerde instellings vir hul eie persoonlike gewin”.
Sommige reservoirs in Tshwane-gebied ‘kritiek laag’
Die vraag na water is geweldig hoog weens die hoë temperature die afgelope ruk. Die reservoirs kan bloot nie byhou nie.