Opod het in die parlement toegegee dat hy geknoei het om sy suksessyfers beter te laat lyk en só duisende kriminele klagtes onder die mat gevee.
Ramaphosa: Eskom bly in staatsbesit
Die regering gaan nie Eskom verkoop nie. Só het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie in die parlement gesê.
Valke vat meer as R50 miljoen se bates by oudburgemeester, amptenare
Die ANC het Gumede in Augustus “herontplooi”, nadat sy aanvanklik geweier het om haar pos as burgemeester te ontruim.
VSA swartlys Gupta-broers
Dit is gedoen weens hul “betrokkenheid by korrupte bedrywighede met staatsamptenare en amptenare van staatsbeheerde instellings vir hul eie persoonlike gewin”.
Sommige reservoirs in Tshwane-gebied ‘kritiek laag’
Die vraag na water is geweldig hoog weens die hoë temperature die afgelope ruk. Die reservoirs kan bloot nie byhou nie.
SAL-raad kap terug ná bewerings oor ‘grys’ onderdele
Die SAL se reaksie kom ná ʼn Sunday Times-berig oor ʼn ondersoek wat gedoen word nadat ʼn Boeing van Mango tydens ʼn vlug tussen Johannesburg en Kaapstad skielik begin duik het.
US-taalbeleid: Teleurstelling uit verskeie oorde oor uitspraak
“Afrikaans het ’n ryk geskiedenis en het ontwikkel tot ’n hoogs gerespekteerde akademiese taal reg oor die wêreld. Afrikaans verdien, net soos die res van die inheemse tale, gelyke beskerming en akademiese ontwikkeling.”
Toekomsberaad gee hoop
Beraadgangers by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad sê hulle kon weer moed skep vir wat die toekoms vir Afrikaners en veral vir die jeug mag inhou.
Nuuskommentaar: Eerste slagoffer van ‘nuwe oorlog’ op Turks-Siriese grens
Kort na ’n Turkse inval in die noorde van Sirië is berig dat agt burgerlikes, waarvan twee kinders was, in die aanvalle dood is.
Zuma hoor Vrydag lot oor vervolging
Die staat beweer Zuma het omkoopgeld by Thales ontvang deur sy vriend en voormalige finansiële adviseur, Schabir Shaik, om die maatskappy uit die voortgesette ondersoek na die wapentransaksie te hou, asook om die maatskappy gunstig te oorweeg vir enige toekomstige kontrakte.
Skade by inkomstediens ‘veel erger’ as wat Nugent-verslag aandui
“Papier is geduldig.”
Solidariteit Beweging: Groot planne vir ʼn veiliger toekoms
“Die Beweging se suksesresep is dat daar nie tyd is om te wag tot almal soos ʼn hegte eenheid saamstem nie, maar dat vordering vinnig tot ʼn samebindende eenheid lei.”
SA man vas in Alaska ná hy glo moor en dit verfilm
Volgens die polisie het ʼn reeks vreemde gebeure tot Brian Smith (48) se inhegtenisneming gelei.
Kaapse moordsyfer daal ná weermag ingryp
“Afgesien van die syfers, is die afwesigheid van ernstige geweldsmisdaad, veral oor naweke wanneer misdaadvoorvalle dikwels ʼn hoogtepunt bereik, op sigself ʼn aanduiding dat die operasionele ingryping besig is om vrugte af te werp.”
Kommer oor ‘onwettig omgeboude’ ambulanse
Minstens 1 333 ambulanse wat daagliks pasiënte op Suid-Afrika se paaie vervoer is, na bewering, Toyota Quantum-paneelwaens wat onwettig omgebou is en volgens wet nie meer as drie persone mag vervoer nie.
Solidariteit: Ankerdorpe volledig toegerus vir Afrikaner teen 2030
Solidariteit gaan teen 2030 noodsaaklike dienste en kulturele ruimtes in 29 sogenaamde ankerdorpe vestig.
Konstitusionele Hof sê oor US-taalbeleid
Die Konstitusionele Hof het Donderdag beslis die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 is grondwetlik geregverdig.
Twee vroue in PE-aftreeoord vermoor
ʼn Onbekende aantal aanvallers het vermoedelik in die vroeë oggendure deur ʼn oop deur op ʼn boonste verdieping toegang tot die sentrum gekry.
Bejaarde man op plaas oorval, beroof
ʼn Man met ʼn klapmus en handskoene het hom oënskynlik ingewag en oorval.
Misdaadsielkundige wreed vermoor
ʼn Misdaadsielkundige wat verlede jaar haar doktorsgraad in haatmisdade verwerf het, is die naweek wreed deur rowers in haar huis vermoor.