Aanklaers voer aan Robert Aaron Long, ʼn Amerikaanse wit man, het sy slagoffers vanweë hul ras, geslag en nasionaliteit geteiken.
Diana-onderhoud op ‘bedrieglike’ wyse bekom; Britse prinse reageer
“Die rimpeleffek van ʼn kultuur van uitbuiting en onetiese praktyke het uiteindelik haar lewe gekos.”
Hier is die wêreld se grootste (nuwe) ysberg
A-76 is nou die grootste ysberg in die wêreld.
Gasa-konflik: Skietstilstand tree in werking
ʼn Skietstilstand tussen Israel en Hamas, die Islamitiese beweging wat die Gasa-strook beheer, het vroeg Vrydag in werking getree ná 11 dae lange dodelike gevegte.
Driejarige skiet sussie (6) per ongeluk dood
Die seuntjie het glo ’n vuurwapen in die huis in Alabama in die hande gekry en dit per ongeluk afgevuur.
Nóg ’n reusestorm op pad na Indië
Dít nadat sikloon Tauktae die afgelope week minstens 110 lewens in dié land geëis het.
Valentino laat vaar ook egte pelse
Valentino sluit aan by ʼn rits ander groot handelsmerke wat reeds die gebruik van pels laat vaar het, insluitend Armani, Prada en Gucci.
Gasa-konflik: Netanyahu waarsku Hamas
Terwyl internasionale druk oplaai vir die beëindiging van die ergste bloedvergieting in jare, het Netanyahu nog ʼn streng waarskuwing aan Hamas gerig wat sedert 10 Mei duisende vuurpyle op Israel afgevuur het.
Bitcoin duik ná Chinese waarskuwing
Bitcoin het die afgelope paar dae wipplank gery.
‘Beethoven’-akteur sterf
Hy het later bekend geword vir sy rol in die gewilde honde-gesinskomedie Beethoven waarin ʼn St. Bernard-hond ʼn gesin se lewe behoorlik deurmekaarkrap.
Dwalende tier kry nuwe tuiste
Inwoners van ’n woonbuurt in Houston was verlede Sondag in rep en roer oor die tier wat in hul buurt rondgedwaal het.
Branderplankryer sterf in haai-aanval
Die Australiër se hart het glo gaan staan nadat die haai hom gebyt het.
21 dood, 96 vermis in Indiese sikloon
Hoewel die sikloon een van die ergstes is wat die gebied in dekades tref, het beter weervoorspellings die afgelope paar jaar tot beter voorbereiding gelei.
‘Monster van ʼn sikloon’ tref Indië midde pandemiekrisis
Sikloon Tauktae kan weens Indië se dodelike Covid-19-krisis nie op ’n slegter tyd tref nie.
Gates weg by Microsoft-raad oor ‘verhouding’
Die raad het ʼn ondersoek van stapel gestuur oor die beweerde verhouding tussen Gates en ʼn werknemer.
Politieke krisis dreig toenemend in Frankryk
Hoewel die verbrokkeling van Frankryk en ʼn burgeroorlog waarskynlik nie binnekort ʼn werklikheid sal word nie, heers daar diepliggende spanning in die Franse samelewing.
Israelse lugaanval verwoes internasionale mediakantore
Die gebou was die plaaslike kantoor van die Midde-Oosterse nuuskanaal Al Jazeera en die Amerikaanse nuusagentskap The Associated Press.
Internasionale oorsig: Dít kortwiek herstel in VSA
Die prys van mielies in die VSA het vanjaar reeds met 50% gestyg en is nou 125% hoër as ʼn jaar gelede.
Vrou moet man se erfgeld met skelmpie deel
Die minnares se prokureur het die versekeringsmaatskappy oorreed dat sy ook vergoeding verdien ná haar verlies.
Foto’s: 12 dood, honderde beseer ná tornado’s in China
Stormsterk winde van tot 260 km/h het in Wuhan en Suzhou gewoed.