Die aanlyn konsert word deur Dapper Media aangebied en behels drie van Du Toit se produksies wat op dieselfde dag voor ʼn gehoor aangebied en opgeneem word.
ToekomsVenster: Leef vanuit Sy teenwoordigheid
Wanneer ʼn mens leer om in God se teenwoordigheid te ontspan, in sy beloftes te rus, op sy Woord te bly vertrou en leef vanuit sy teenwoordigheid, kom daar vrede.
ToekomsVenster: Ons moet verander word
Hy sal ons nie teleurstel nie. Glo jy dit?
Podlitiek: Mkhize-skandaal, onteiening dalk finaal en vir Rassie lojaal?
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die skandaal om Zweli Mkhize, die jongste rakende die onteieningswet en Wêreldrugby se klag teen Rassie Erasmus.
Musiekvideo: Pieter Strydom se liedjie vir sy ‘meisiekind’
“Enige persoon kan daarvan getuig dat jou hele wêreld verander wanneer jy ʼn ouer word. Jou hart ervaar ʼn ander tipe liefde – ʼn liefde wat jou hart wil laat bars.”
ToekomsVenster: Troos vir die toekoms
Miskien bied die gedagtes wat ons vandag met mekaar gedeel het, troos vir die toekoms.
‘Die pad na selfbestuur’: Bevolkingsriviere
“Westerlinge sal vroeër of later uit die vloei van demografiese riviere moet kom.”
Luister: Uitdagende tye inspireer Elvis se nuwe album
“Wanneer jy iets verloor waarvoor jy lief is, raak jy bewus van ander goed wat jy steeds het. Dit is waaroor ek geskryf het terwyl ek gewonder het wat is genoeg.”
ToekomsVenster: ’n Nuwe liggaam
Daarteenoor stel Paulus dit dat die verheerlikte liggaam nie aan die verganklikheid onderworpe is nie. Die mens lewe in die ewigheid voort in volmaakte gesondheid en sonder vrees dat jy weer sal verouder. Dit insigself behoort al baie betekenisvol te wees.
Luister in 3 minute: Reserwebank oorweeg e-rand
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die onlangse onluste se skade by munisipaliteite, die Grondwetwysiging wat dalk gesink het en die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat ʼn e-rand oorweeg.
Wiele2Wiele ry met Audi se R8 Spyder V10
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se R8 Spyder V10 en gaan op ‘n avontuur saam met Avontuur Afrika.
ToekomsVenster: God gee gestalte daaraan
Mens saai nie in die toekomstige gestalte nie, verduidelik Paulus. Wat gesaai word, is wêrelde verwyder van wat na vore tree.
ToekomsVenster: Vertroue in die Here
Wat God vir ons voorberei het, sal nooit teleurstel nie.
ToekomsVenster: Genade onbeskryflik groot
Is “Genade onbeskryflik groot” vir jou ʼn werklikheid?
Luister: Bou jou selfvertroue in vier stappe
Heidi sê dit klink eenvoudig en maklik, maar sy glo dit is waarom ons dit dikwels miskyk. “Ons dink dit moet moeiliker wees, maar dit is nie, want beter selfvertroue is binne almal se bereik.”
‘Die pad na selfbestuur’: Vrystede as model vir groeiende selfbestuur
Buys kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat vooruitstrewende kulturele vrystede die alternatiewe oplossing is. “Indien hierdie dorpe genoeg ondersteuning geniet, kan al meer provinsiale en selfs nasionale funksies van die sentralistiese owerheid daarna afgewentel word.”
ToekomsVenster: Troos en ’n waarskuwing
Ek is so dankbaar dat ons hierdie week bemoedig kon word met Skrifgedeeltes wat daarop gerig is om ons vrese te besweer en ons met geloofsmoed en vertroue te vul.
Podlitiek: Rasklag, Olimpiese sportdrag en vertraagde stemdag
In dié week se episode word daar gesels oor die reuserasklag wat Solidariteit by die VN ingedien het, die treurmare van die EFF se kant jeens die Olimpiese span se kleredrag, en die amptelike kennisgewing dat die verkiesing uitgestel is.
ToekomsVenster: God is ook daar
My gebed is dat dit vandag en elke dag vir jou troos en vrede sal bring.
Inperkings nie volhoubaar; IMF maan SA om begroting aan te pas
Gerhard van Onselen van Sakeliga verduidelik waarom die inperkingsmaatreëls nie ekonomies volhoubaar is nie en dat dit Suid-Afrika op ʼn glibberige glybaan van verdere inperkings plaas. Hy praat ook oor die IMF se druk op die regering om sy begroting aan te pas na die onluste vroeër die maand.