Nkosazana Dlamini-Zuma was die afgelope ruk toenemend onder skoot vir verskeie van die regering se besluite oor die afsonderingsregulasies.
Alles vir die sleutelwoord "algehele afsondering"
President spreek land Sondagaand toe
Die president het die afgelope ruk met verskeie instellings en organisasies vergader oor die vooruitsig om die afsonderingsregulasies van vlak 4 na vlak 3 te verslap.
Man vas vir ‘smokkel’ van 87 600 pakkies sigarette
Die man het ook ʼn vervalste permit gehad.
Afsondering: Dié Suid-Afrikaners mag land verlaat
Een van die redes waarvoor reis na die buiteland toegelaat word, is om mediese behandeling te ontvang.
Tabakverbod dalk nog maande met SA, waarsku stigting
Die Vryemarkstigting waarsku dat rokers dalk nog maande lank buitensporige pryse vir sigarette op die swartmark kan betaal.
Tot 33% van studente kan op vlak 3 na kampusse terugkeer
ʼn Gefaseerde benadering sal gevolg word om studente na kampusse te laat terugkeer, terwyl daar hard gewerk word om die akademiese jaar te red.
Honderde daag op vir voedselhulp
“Nie een enkele mens is weggewys nie. Elkeen in die tou is met iets huis toe.”
Afsondering: Cele ‘rook sy sokkies’
Die DA eis dat Cele die opmerking terugtrek en die land om verskoning vra.
Covid-19-samevatting: Nog twee uit SA toets positief in Namibië
Dit is die eerste nuwe gevalle in 45 dae wat in die buurland bevestig word.
Covid-19: Waarskuwing teen ‘aasvoëls’ wat R500 miljard-noodfonds kan stroop
“Dié aasvoëls gee nie om as die ekonomie ineenstort, as ons op ʼn kleptokrasie afstuur, as onderdrukking en chaos alledaags word of as miljoene kinders honger gaan slaap nie. Hul enigste belang is om ʼn magsbasis te verseker van waar hulle hul gulsige sakke kan volstop.”
Afsondering: Misdaad neem toe, maar steeds geen buurt-, plaaswagte
In landelike gebiede skiet oesdiefstal byvoorbeeld die hoogte in.
Video: Hoëvlakondersoek ná polisie op ‘drawwer’ toeslaan
In die video kan gesien word hoe die vrou tot by ʼn polisievoertuig geboender word.
Bespreking oor skuif na vlak 3 duur voort
In reaksie op kritiek van opposisiepartye dat die regering bemagtigingskriteria gebruik om hulp aan ondernemings te verleen, het hy gesê dit stem ooreen met standaardregeringsbeleid.
Afsondering: ‘Nog net 10’ ontvang spesiale R350-toelaag
Sassa kon ná drie weke nog nie meer as dié tien spesiale toelae uitbetaal nie.
Woede oor ‘voorstel’ dat sigaretverbod tot op vlak 1 voortduur
Minister Nkosazana Dlamini-Zuma voer glo aan dit gaan ʼn té groot gesondheidsrisiko wees om op vlak 3 van die afsonderingsregulasies die verbod op die verkoop van drank en sigarette op te hef.
Afsondering: Virussyfers ‘weerspieël’ gebiede waar regulasies oortree word
Nagenoeg 230 000 mense is sedert die aanvang van die afsonderingsregulasies in hegtenis geneem, terwyl misdaadsindikate gapings in die mark – soos met die onwettige verkoop van drank en sigarette – uitbuit.
Gestrand in SA: Regsaksie begin teen regering
“Wat vir my verbysterend is, is hoe iemand met dubbele burgerskap die land kan verlaat, maar nie burgers met wettige Suid-Afrikaanse paspoorte wat oor waardige werkspermitte beskik nie.”
Nie-geskeduleerde lugvaartbedryf ‘nie net wit’
CAASA het in reaksie op die bewering oor die rassesamestelling van die bedryf ʼn vraelys aan sy lede gestuur sodat ʼn realistiese prentjie geskets kan word.
Kaapse Vlakte brand oor afsonderingsregulasies
Betogings teen die Covid-19-afsonderingsregulasies en onderbrekings in dienslewering op die Kaapse Vlakte duur nou al weke lank.
#JongStemme: Covid 19 – die hemel én die hel van ons matriekjaar
Uit my persoonlike oogpunt is die grendeltyd eerder goed as sleg, skryf Nicolas Rust, ‘n matriekleerling aan die Paul Roos Gimnasium.