“Ons waarsku Ramaphosa vriendelik dat ons enige verdere irrasionele en onredelike maatreëls in die hof sal uitdaag.”
Alles vir die sleutelwoord "algehele afsondering"
Covid-19: Tweede landwye afsondering in Frankryk ingestel
“Die virus versprei teen ’n spoed wat nie eens die mees pessimistiese voorspellings verwag het nie.”
Ramaphosa praat eers dán
Die president is Dinsdagmiddag in die parlement tydens ‘n mondelinge vraesessie in die Nasionale Raad van Provinsies uitgevra oor voortgesette gerugte dat ‘n strenger inperking oorweeg word in die lig van die toename in Covid-19-gevalle.
Sprake van strenger inperking ‘onaanvaarbaar’
“Ongelukkig word baie van die regering se denke gelei deur onvanpaste internasionale beleid, veral in Europa, waar verskeie lande of streke ‘n tweede streng inperking instel om die verspreiding van Covid-19 te beperk.”
Só wil Gauteng agterstand met lisensies, permitte oplos
Die Gautengse departement van paaie en vervoer, in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en munisipaliteite, het ʼn strategie ontwikkel om die agterstand op te los vir rybewyse en permitte weens die Covid-19-afsonderingsperiode.
Al meer waarskuwings oor tweede streng inperking
Daar is al meer berigte dat die land se Covid-19-gevalle weer begin toeneem en dat ʼn strenger inperking oorweeg kan word.
‘Panda’ wil nou wêreldwyd teen inperking veg
“Grendelstate blyk aansteeklik te wees.”
Wetsontwerp gepubliseer om vergrype met grendelstaat te stop
Die wetsontwerp, indien dit aanvaar word, sal onder andere ‘n einde maak aan die praktyk dat ministers na willekeur regulasies kan uitvaardig, waarvan die logika en noodsaaklikheid baie mense ontglip.
Verlenging van ramptoestand ‘blatante magsvergryp’
“Sowat 40 mense sterf daagliks op die land se paaie, maar ons gee nie die regering buitengewone magte om ons padnetwerk te sluit nie.”
Ramptoestand wéér verleng
Die verlenging sal glo die regering in staat stel om na “normaal” terug te keer.
SA’ners stres, stry meer te midde van pandemie
Altesaam 81% van deelnemers het hulle te midde van die pandemie tot ongesonde kos gewend, terwyl alkohol vir 20% ’n toevlug was.
WGO maak ommeswaai oor inperking
Volgens David Nabarro het die gebruik van inperkings om die verspreiding van Covid-19 te beperk oor die algemeen slegs armoede tot gevolg gehad.
Weermag bedank lede vir bydrae tydens afsonderingstyd
Pres. Cyril Ramaphosa het as opperbevelvoerder die weermag by die aanvang van die afsonderingstydperk magtiging gegee om hulp te verleen in die stryd teen Covid-19.
Toerismebedryf-betoging: Optrede versoek oor polisiegeweld
Die nasionale polisiekommissaris word versoek om ondersoek in te stel na die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris en haar bestuurspan se ondeurdagte optrede tydens die hantering van ’n vreedsame protes in die Kaapstadse middestad.
Vereniging maan teen oorhaastige terugkeer van staatsamptenare
Die meeste staatsdienswerkers moet nou terugkeer werk toe nadat Suid-Afrika Maandag na vlak 1 van die afsonderingsregulasies oorgeskakel het.
Wêreldretinaweek: Sigverlies al groter risiko vir SA’ners
Retina SA vrees dat die negatiewe invloed van die Covid-19-pandemie in die toekoms ’n langtermyn- en ernstige uitwerking op sig en gesondheid kan hê.
Alle onnies moet Maandag terug skool toe
Alle onderwysers moet hulle vanaf eerskomende Maandag weer vir diens aanmeld.
Meer oor vlak 1-regulasies bekend gemaak
Die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het Vrydagmiddag die sluier gelig oor die praktiese implikasies van die instel van vlak 1 van die grendelstaat in Suid-Afrika.
DA, VF Plus reageer op Ramaphosa se toespraak
“Vir die president om te sê Suid-Afrikaners moet dans terwyl die land in ʼn ekonomiese depressie is, sonder dat hy enige werklike plan aankondig om ekonomiese herstel te bewerkstellig, is uiters teleurstellend.”
Eise dat ramptoestand beëindig word, regstappe opnuut oorweeg
“Daar bestaan geen regverdiging meer vir die voortsetting van ʼn ramptoestand nie, en die verskuiwing na vlak 1 van die staat van inperking is te min te laat.”