Swart sê daar is ʼn wydverspreide gevoel dat sommige bepalings “irrasioneel” is. Dit sluit in die aandklokreël wat geld, asook die beperkings op oefening en handel.
Alles vir die sleutelwoord "algehele afsondering"
Só gaan SA lughawens voortaan funksioneer
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het Maandagmiddag tydens ‘n virtuele vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer ‘n fassinerende blik gebied op hoe lughawens voortaan gaan funksioneer.
Misdaad floreer glo in Krugersdorp sonder gemeenskapspatrollies
Die afwesigheid van patrolliedienste van gemeenskappolisiëringforums (GPF) in Krugersdorp het misdaad glo in dié dorp laat toeneem.
Man jaag glo teen meer as 240 km/h
Spoedoortredings in Kaapstad het ten tyde van die afsondering toegeneem weens verkeer wat afgeneem het.
Veel meer kenners moet bevelsraad adviseer oor Covid-19-reaksie
Die Wetenskapakademie van Suid-Afrika sê die Covid-19-pandemie is nie net ʼn mediese krisis nie, maar strek veel verder en gaan dus die insette van meer kenners benodig.
Ramaphosa reageer op hofaksies, teenkanting
Pres. Cyril Ramaphosa sê talle indiwidue en organisasies het die staat reeds hof toe gesleep oor sekere aspekte van die afsonderingsmaatreëls.
Regering se adviseurs ontsteld oor ‘onwetenskaplike’ besluite
Die regering se plan om die inperking stelselmatig uit te faseer is “onwetenskaplik en onsinnig”.
Afsondering: Klein sakelui dink buite die boks
Hoewel die toekoms donker lyk, het kleinsake-eienaars aan Maroela Media gesê hulle maak slim planne om te oorleef.
Afsondering: Slegs enkele weermaglede uiteindelik ontplooi
Kenners beskryf die besluit om meer as 73 000 weermaglede op gereedheidsgrondslag te plaas nou as “oorhaastig” en ʼn blote vertoning van mag.
Bewysbasis vir afsondering is swak, maan UJ-kundiges
Die verslag wys dat die afname in die tempo waarteen infeksies toegeneem het, nie aan die algehele afsondering toegeskryf kon word nie.
Organisasies bekommerd oor ‘magsvergrype’ tydens afsondering
“Die afsonderingstydperk het nie net ʼn geweldige impak op die ekonomie nie, maar ook op Suid-Afrikaners se grondwetlike vryheid.”
DA oorval met donasies vir hofsaak oor afsondering
Ramaphosa het Saterdag ʼn vergadering gelei waartydens die verslapping van die afsonderingsregulasies bespreek is.
Kabinet keur verslapping van afsonderingsmaatreëls goed
Ministers het ooreengekom dat verskillende vlakke van afsondering vir verskillende munisipaliteite en metro’s moet geld.
Solidariteit Beweging wil Grondwethof nader oor inperking
Suid-Afrika is tans een van die lande met die strengste inperkingsmaatreëls.
Wetstoepassers betrokke by Alex-man se dood geskors
Collins Khosa is dood nadat wetstoepassers sy huis binnegestorm en hom glo erg aangerand het.
Plaas-, huiswerkers moet ook geldelike hulp kry – minister
Die departement het ook ʼn private maatskappy ingekry om werkers te help opspoor.
Sakeliga hof toe oor afsonderingsregulasies vir sakeondernemings
Sakeliga gaan die hof vra om alle permitvereistes vir sakeondernemings ten tyde van afsondering tersyde te stel.
#JongStemme: Matriek 2020 op sy kop gedraai!
Dit voel vir my asof die grendelstaat die slot is waaragter my drome, verwagtinge en planne vir die matriekjaar toegesluit is, skryf Dané Taljaard, ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Linden.
Afsondering: Oorwinning vir Polokwane-sakeondernemings
‘n Sakeman van Polokwane en van sy werkers is in hegtenis geneem omdat sy ondernemings nie in besit van tydelike bedryfspermit van die munisipaliteit was nie.
AfriForum-vervolgingseenheid kyk na Ballito-voorval
“Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ’n presedent geskep word waar brutaliteit, veral teen kinders, deur regeringsamptenare toelaatbaar is nie.”