ʼn Vrou is dood en 14 mense is beseer nadat ʼn minibustaxi Maandag in die vroeë oggendure teen ʼn vragmotor op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied gebots het.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Sewe sterf in N12-botsing
Sewe mense het onherkenbaar verkool na ‘n botsing reg van voor op die N12 tussen Christiana en Warrenton.
Man ernstig beseer na trekker omslaan
‘n 34-jarige man is ernstig beseer nadat die trekker waarop hy gery het, op ‘n plaaspad naby Botha’s Hill buite Hillcrest in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
‘Swart-gesig-foto’: UP sê hy sal regverdig optree
Die Universiteit van Pretoria (UP) sê hy sal die voorval rakende twee vrouestudente wat met swart gesmeerde gesigte afgeneem is, op ‘n “regverdige en onpartydige wyse” hanteer.
Video: Kroningspark se wit plakkers moet trek
Die inwoners van die Kroningspark-informele nedersetting in Krugersdorp moet oppak en trek.
Taalmoord ons voorland as ons nie baklei nie
Dis maklik om simpatie met ‘n saak te toon wat na aan jou hart lê. Dis net so maklik om iets as onbelangrik af te skryf as dit jou nie persoonlik raak nie. Met hierdie stelling is dit byvoorbeeld vir my as jong Afrikaner-student nie belangrik wat met vlug MH370 gebeur het nie. Dit is vir my egter baie belangrik wat met die Puk gaan gebeur. So ook is die toekoms van my geloof, taal en kultuur belangrik, skryf Hendrik Verryn, ʼn 24-jarige teologiestudent.
AfriForum Jeug bevraagteken UP se optrede oor ‘swart-gesig-foto’
AfriForum Jeug het vandag die Universiteit van Pretoria (UP) se reaksie op die foto van twee vrouestudente wat hulle gesigte swart geverf het, bevraagteken.
Reigerpark-seun glo ontvoer
Cuburne van Wyk, ʼn driejarige seuntjie van Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand, word sedert Woensdag vermis en die polisie vermoed dat hy ontvoer is.
Man tydens Alberton-skietery gewond
‘n Man is Donderdag tydens ʼn skietvoorval in Alberton aan die Oos-Rand gewond.
Video: Stakings: Eise kom dalk teen Numsa
Eise van miljoene rand kan teen die metaalwerkersvakbond Numsa ingestel word weens die skade wat sake-eienaars gely het in die onlangse staking.
Gevaarlike verdagte ontsnap met polisieuniform
Die polisie in Limpopo is steeds op soek na Tshilidzi Nelson Masindi wat Dinsdag uit aanhoudingselle in Thohoyandou ontsnap het.
Video: Boere wat besoedel dalk hof toe gesleep
Die departement van waterwese en sanitasie dreig om plaaseienaars én selfs munisipaliteite hof toe te sleep wat bydra tot die besoedeling van riviere.
Twee mans doodgeskiet ná hulle egpaar aanval
‘n Boervrou van Greytown, KwaZulu-Natal het teruggeveg nadat sy en haar man Dinsdagaand deur gewapende mans oorval is en haar man in die skouer geskiet is.
Klank: Slotbetoë in Oscar Pistorius-saak aangehoor
Die begin van die finale hoofstuk van Oscar Pistorius se moordverhoor hervat Donderdagoggend om half tien in die Noord-Gautengse hooggeregshof.
Video: Skikking kom 18 jaar ná slaggat-ongeluk
Annemarie Jacobs is al sedert 1996 in ‘n regsgeding met die Tshwane-metroraad gewikkel, nadat sy deur ‘n slaggat gery het wat oor die breedte van een motorbaan gestrek het.
Man oorleef taxi-stamp én 10m val
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagoggend in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal deur ʼn taxi getref, én 10 meter ver van ʼn brug afgeval het.
Foto’s: Man beseer toe wipbak onder brug vassit
ʼn 51-jarige man is Dinsdagmiddag beseer toe sy wipbakvragmotor onder ʼn brug in Millwardweg in Johannesburg vasgekeer is.
Video: “Ek soek werk”
Meer as ‘n kwart van Suid-Afrika se ekonomies aktiewe bevolking het nie werk nie.
Video: ‘n Dag in die lewe van ‘n veldwagter
SANParke sê sy veldwagters baklei met beperkte hulpbronne teen ‘n oormag stropers en ryk sindikate.
Man wat sy vrou, homself doodskiet was oud-polisiebeampte
Die man wat sy 33-jarige polisievrou glo Sondagoggend doodgeskiet het en toe selfmoord gepleeg het, is verlede jaar uit die polisie ontslaan.