Die lasbrief hou verband met die Amerikaanse lugaanval waartydens die Iranse bevelvoerder genl. Kassem Soleimani verlede jaar dood is.
Alles vir die sleutelwoord "Donald Trump"
Biden se oorwinning bevestig ná drama by Kongresgebou
Trump het intussen gesê daar sal ’n “ordelike oorgang” na Biden se presidentskap wees.
Swaar dag vir demokrasie in die VSA
Die bestorming van die Kongresgebou in die Amerikaanse hoofstad Washington DC Woensdagmiddag deur gefrustreerde ondersteuners van president Donald Trump het die afgelope twee maande se politieke krisis in dié land verder verdiep en ernstige vrae oor die eenheid van die Amerikaanse republiek en demokrasie in die magtigste land ter wêreld laat ontstaan.
Vier dood ná betogers VSA-kongresgebou bestorm
Facebook en Twitter het Trump intussen tydelik van hul platforms geskors.
Foto’s: Kongresgebou in VSA bestorm
Ondersteuners van pres. Donald Trump het Woensdag die Kongresgebou in Washington bestorm.
Die raaisel van Biden se oorwinning
Vir vier jaar het senior demokratiese leiers Trump ‘n onwettige president genoem. Hulle verwag nou van Trump-ondersteuners om die uitslag van ’n gesteelde verkiesing te aanvaar, die strydbyl te begrawe en vorentoe te beweeg, terwyl Biden die eintlike onwettige president is, skryf Rhoda Kadalie.
Trump: ‘Ek sal my tasse pak as…’
Toe hy gevra is of hy die Withuis sal verlaat as Biden se oorwinning amptelik bevestig is, het Trump gesê: “Ek sal dit beslis doen. Almal weet dit.”
Biden hou hom president
“Wat ek wel vroeg in hierdie land geleer het, is: Wat vir die een geld, geld nie noodwendig vir die ander in die Amerikaanse politiek nie.”
Nóg ’n slag vir Trump, dié keer in Pennsylvania
Dié slag volg kort nadat stemme in die deelstaat Georgia oorgetel is en die uitslag Joe Biden se oorwinning in dié deelstaat bevestig het.
Stemme in Georgia oorgetel; Biden wen steeds deelstaat
Biden is die eerste Demokratiese presidentskandidaat wat dié suidelike Amerikaanse deelstaat in byna drie dekades kon verower.
Man ernstig beseer by pro-Trump-byeenkoms in Washington
Te midde van die geweld het Trump die linkse aktiviste se gedrag veroordeel en ʼn beroep op die polisie in die hoofstad gedoen om dienooreenkomstig op te tree en “nie terug te hou nie”.
Trump sit groot regstryd voort
Die Amerikaanse prokureur-generaal het intussen aangevra dat beweerde verkiesingsongerymdhede ondersoek word terwyl die hoof van die verkiesingsbedrogeenheid bedank het.
Talle gelukwensinge vir Biden, Harris
Terwyl Biden met sy oorwinning gelukgewens is, was daar nie veel aanduiding dat Trump die stryd sommerso gewonne gaan gee nie.
Biden het nie gewen, sê Trump
“Ons almal weet hoekom Joe Biden haastig is om homself valslik as die wenner voor te doen, en hoekom sy mediabondgenote so hard probeer om hom te help.”
Biden gaan sy hande vol hê met verdeelde VSA
Volgens projeksies het Biden genoeg kieskollege-stemme op hom verenig en het hy die Amerikaanse presidentsverkiesing gewen.
‘Ons gaan wen,’ sê Biden wyl Trump beloof om aan te hou veg
Pres. Trump het intussen gesê hy glo Amerikaners verdien volle deursigtigheid rakende alle stemtellery en verkiesingsertifisering.
‘Verkiesing nog nie verby nie’
“Biden vertrou op hierdie state vir sy valse aanspraak op die Withuis, maar sodra die verkiesing finaal is, sal president Trump herkies word.”
Trump kan verloor, maar Republikeine is ware wenners van verkiesing
Ná Dinsdag se verkiesing sal die rol van spesifieke individue in die Amerikaanse politiek oor die volgende paar jaar van groot belang wees.
VSA-verkiesing: Trump probeer laatstemmery in hof stuit
Talle betogers het intussen die strate in verskeie Amerikaanse stede waaronder Philadelphia in Pennsilvanië ingevaar en eis dat alle stemme getel geword.
VSA-verkiesing nog onbeslis
Die uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing is nog in die weegskaal met ʼn paar state waar die uitslag binne die volgende paar uur of dae bekendgemaak sal word.