Eben Etzebeth is Dinsdag as SA Rugby se speler van die jaar aangewys.
Alles vir die sleutelwoord "Eben Etzebeth"
Etzebeth ook ʼn reus vir Sharks
Hoe Eben Etzebeth dit regkry om weekliks op alle suiers te vuur, is dalk ʼn goeie onderwerp vir ʼn doktorale proefskrif óf die draaiboek vir die volgende Marvel-rolprent.
Video: Bokke, Aussies kuier saam ná tawwe wedstryd
Sosialemediagebruikers is gaande oor die video en honderde mense het kommentaar gelewer oor die “goeie sportmanskap” waarvan die video getuig.
Video: Eben Etzebeth se verloofde sing volkslied vir sy 100ste wedstryd
Dit was ʼn hoendervleis-oomblik toe Anlia van Rensburg met haar sterk stem die stadion gevul en Etzebeth natuurlik breëbors saamgesing het.
Bokke mik na sege in Etzebeth se 100ste toets
“Dit is ’n baie spesiale dag vir Eben, maar dit sal selfs meer spesiaal wees as ons die wedstryd vir hom en vir Bongi [Mbonambi wat in sy 50ste toets speel] kan wen.”
Kyk: Haker laat Eben se hare rys
Die 37-jarige London Irish-speler verskyn vandag voor ’n tugkomitee nadat hy glo Eben Etzebeth se hare getrek het.
Eben Etzebeth steek ring aan aktrise se vinger
“Jy het my die gelukkigste mens op die planeet gemaak.”
‘Jy het my nommer,’ sê Eben vir Bakkies
Bakkies Botha het in ’n onderhoud met ’n Franse koerant gesê dat Eben Etzebeth die voorste slot ter wêreld is, maar dat hy selde op sy beste vir Toulon is.
Haaie kry Eben se handtekening
Die Springbok-slot Eben Etzebeth kan een van die grootste visse in die Haaitenk word wanneer hy eersdaags by die KwaZulu-Natallers aansluit.
Etzebeth-neefs sal nie vervolg word nie
“Ek is van mening dat daar geen vooruitsig bestaan op ʼn suksesvolle vervolging nie.”
Emile Etzebeth in hof oor 2019-voorval
Die voorval hou verband met die beweerde aanranding van twee mans buite ’n kroeg in Langebaan.
Man in hof oor ‘aanranding’ buite Langebaan-kroeg
Die Springbokslot Eben Etzebeth en nog ander mense is destyds daarvan beskuldig dat hulle twee mans buite die kroeg aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings toegesnou het.
Geen gronde vir bewerings teen Etzebeth
“Ons het niks om weg te steek nie.”
MRK sê oor Etzebeth-saak
Die Menseregtekommissie het Vrydag gesê die hersieningsaansoek is in die Pretoriase hooggeregshof teruggetrek, in oorleg met Eben Etzebeth.
MRK oor Etzebeth-saak: ‘Daar is bewyse’
“Dit is ook nie waar dat die uitvoerende hoof ooit gesê het daar is nie genoegsame bewyse nie.”
Minister moet ingryp by MRK, sê Afrikanerbond
Die Afrikanerbond het die minister van justisie Donderdag versoek om dringend in te gryp om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) “van homself te red”.
Jones: ‘MRK ondersoek my nie oor Etzebeth-uitlatings’
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het dalk geen formele ondersoek geloods na adv. Buang Jones se uitlatings oor Bok-slot Eben Etzebeth se saak nie.
Etzebeth-saak: Dís waar MRK nou staan
Die Springbokke het in dié stadium die rugbywêreld aan hul voete, maar op tuisbodem gaan die klag van haatspraak teen Etzebeth voort.
Ope brief: ’n Reuse-rooikaart vir Totalsports
Saterdag gaan Eben Etzebeth uit Totalsports se winkels wees, maar in miljoene Suid-Afrikaners se huise.
Etzebeth-saak: MRK reageer nog vóór klaers verklaring aflê
Adv. Buang Jones van die MRK se uitlatings oor Eben Etzebeth is gemaak vóórdat die klaers ‘n beëdigde verklaring oor die saak kon aflê.