“Die koshuismoeder het na hulle gaan soek en een meisie naby haar kamer aan die trapreling sien hang. Die polisie is ontbied en die ander meisie se liggaam is in die badkamer aangetref.”
Alles vir die sleutelwoord "misdaad"
Twee skole in Limpopo aan die brand gesteek
Twee skole is Vrydag in Limpopo te midde van gewelddadige betogings aan die brand gesteek.
Man buite winkel doodgeslaan
“Die oorledene het ʼn ander man op die grond vasgedruk en met hom gestoei, toe die ander man se meisie tussenbeide getree en hom glo met ʼn besemstok oor die kop geslaan het.”
Bejaarde vrou in huis op plaaswerf doodgeskiet
ʼn 83-jarige is Vrydagaand in haar huis doodgeskiet.
Pretoria-burgemeester gekaap
Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, is Saterdag in die vroeë oggendure in Midrand gekaap.
Windskermklipgooier kry 10 jaar tronkstraf
“Die bestuurder het besef sy windskerm is stukkend gegooi en het dadelik sy voertuig tot stilstand gebring. Die slagoffer en van sy passasiers het die verdagte sien weghardloop en hom agternagesit.”
Twee vas wat 32 mense in taxi laai
Twee mans, ʼn 29-jarige taxibestuurder en sy 20-jarige helper, is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn minibustaxi met 32 passasiers van die pad af getrek is.
Soektog na vermiste polisieman eindig tragies
Die soektog na ʼn beampte van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het tragies tot ʼn einde gekom toe sy liggaam Vrydag geïdentifiseer is.
Valke-kaptein doodgeskiet
ʼn Kaptein verbonde aan die Valke is Donderdagaand in Bloemfontein doodgeskiet terwyl hy op ʼn klagte gereageer het.
Skote klap toe Valke op ‘transitobende’ toeslaan
Vier verdagtes, wat moontlik met transitorooftogte verbind kan word, is Donderdagaand in Pretoria aangekeer ná ʼn skietgeveg in ʼn rustige woonbuurt.
Nóg ʼn lyk op hoewe buite Pta gevind
ʼn Derde liggaam is in ʼn grot op ʼn kleinhoewe buite Pretoria gevind, twee dae nadat twee lyke vroeër op die hoewe aangetref is.
Nóg ʼn geldwa in Gauteng geteiken
ʼn Veiligheidswag is Woensdagaand in Johannesburg geskiet in ʼn beweerde poging om ʼn geldwa te beroof.
Polisie waarsku oor kitsbank- en aanlynslenters
Die polisie het die publiek gewaarsku om waaksaam te wees nadat verskeie bedrogslenters die rondte begin doen het.
Koster-skietery: Tiener dalk nie vervolg
Die tiener van Koster in Noordwes wat in Februarie glo ʼn man uit noodweer doodgeskiet het nadat dié ʼn familielid noodlottig gewond het, gaan dalk nie strafregtelik vervolg word nie.
Liggame op Pta-kleinhoewe gevind
Die eienaar van ʼn kleinhoewe het op twee liggame in ʼn grot op sy eiendom buite Pretoria afgekom.
Twee in hof oor liggaam in kattebak
Wouter Beyneveldt (31) en André Oosthuizen (21) het Dinsdag in die Cullinan-landdroshof, oos van Pretoria, verskyn in verband met die moord op ʼn man wie se liggaam Sondag in die kattebak van ʼn motor gevind is.
Jong vrou vas oor valse ontvoering
Die meisie het glo Donderdag ʼn boodskap aan haar ma en kêrel gestuur wat aandui dat sy deur vier onbekende mans ontvoer is.
Minister besoek familie van vermoorde brigadier
“Vir ons as polisie is dit nou belangrik om uit te vind wat en hoekom dit gebeur het en antwoorde aan sy familie te verskaf.”
Video: Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet
Altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Rand geskiet toe ʼn groep verdagtes op twee geldwaens toegeslaan het.
Polisiehoë in Gauteng doodgeskiet
“Die polisie sal geen steen onaangeroer laat om die oortreders van die hartelose aanval op een van ons lede op te spoor nie.”