Vier gewapende mans het Maandagaand ʼn gesin langer as 45 minute op ʼn kleinhoewe buite Pretoria aangehou en beroof.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Egpaar erg aangerand op Gauteng-plaas
ʼn Boer en sy vrou is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hulle Sondagaand op hul plaas in die Eikenhof-gebied in die suide van Johannesburg deur vyf verdagtes oorval is.
Ventersdorp-plaasmoord: Vrou met dood gedreig
Weke voordat Annerie Grobler (55) wreed op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes vermoor is, het haar seun haar gehelp om haar huis te beveilig nadat sy ʼn doodsdreigement ontvang het.
Drie in hof oor Levubu-plaasmoord
Drie mans het Maandag in die Vuwani-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op Hennie Bonnema, wat vroeër vandeesmaand op sy plaas in die Levubu-omgewing vermoor is.
Ventersdorp-plaasmoord: Verdagte glo oudwerker
Die man wat in hegtenis geneem is vir die wrede moord op Annerie Grobler (55), wat Sondag op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes dood aangetref is, is glo ʼn voormalige werknemer.
Vrou op Eugene Terre’Blanche se plaas vermoor
Annerie Grobler (55) is Sondag dood aangetref op Eugene Terre’Blanche, voormalige leier van die AWB, se plaas buite Ventersdorp in Noordwes.
Bejaarde boer sterf tydens Ellisras-plaasaanval
JJ (Poem) Lamprecht (89) is Saterdagaand dood toe hy en sy vrou op hul plaas, ongeveer 30 km buite Ellisras in Limpopo, aangeval is.
Vrou beseer tydens plaasaanval in Ladybrand
Hazel Meier (65) ontvang behandeling in die hospitaal nadat sy gesigbeserings opgedoen het tydens ʼn plaasaanval in Ladybrand in die Vrystaat.
Derde verdagte vas oor Levubu-plaasmoord
Die polisie in Limpopo het bevestig dat ʼn derde verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op Hennie Bonnema, die boer wat verlede week Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.
Twee vas oor Levubu-plaasmoord
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Hennie Bonnema, die boer wat verlede week Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.
Gewonde boer ontwapen aanvaller, skiet met dié vuurwapen terug
ʼn Bejaarde boer en ʼn verdagte is na ʼn hospitaal geneem nadat albei tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Rashoop-omgewing buite Brits in Noordwes gewond is.
Boer voor hek doodgeslaan, vrou aangerand
ʼn Oos-Kaapse boer is Woensdagaand op sy plaas buite Maclear deur vyf aanvallers doodgeslaan en sy vrou erg aangerand.
Gevangene nou verdagte in boer se moordsaak
ʼn Man wat reeds agter tralies was in verband met ʼn saak van sakeroof, word nou ook van die moord op ʼn Wes-Kaapse boer aangekla.
KZN-boer verskeie kere met mes gesteek
ʼn Boer van die Franklin-gebied, naby Kokstad in KwaZulu-Natal, is in die hospitaal nadat hy op sy plaas oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek is.
Plaasmoordenaars kry swaar vonnis
“Ons as gesin voel dat geregtigheid geskied het, maar dit maak niks beter nie en bring nie ons ma en broer terug nie.”
Levubu-plaasmoord: Boer het glo probeer vlug
“Ons het ʼn reëling dat ons altyd mekaar laat weet as die ander een veilig by die huis is, maar Hennie het nooit laat weet hy is tuis nie.”
Lesersbrief: Aan die gewone mense
Dis my land. Dis my Suid-Afrika. Nie daardie kwaai, haatvolle handjievol wat voorblaaie haal nie.
Man se bebloede lyk op kleinhoewe gevind
Sy suster het bekommerd geraak toe sy hom nie telefonies in die hande kon kry nie en familielede het saam met lede van die polisie gaan ondersoek instel.
Boer skiet ‘plaasaanvallers’
Ses gewapende mans het ʼn boer en ʼn plaaswerker Dinsdagoggend op ʼn plaas in die Fochville-omgewing in die weste van Gauteng aangeval.
Vrou (61) oorleef ontvoeringsdrama
ʼn 61-jarige vrou van die Oos-Kaap is Sondagaand in haar plaashuis oorval, aangerand en ontvoer kort nadat sy buite met haar honde gespeel het.