Zolile Mfeketho (20) is Dinsdag in die Port Elizabeth-streekhof gevonnis in verband met die moord op ʼn student aan die Nelson Mandela-Universiteit.
Alles vir die sleutelwoord "Port Elizabeth"
Vermiste vrou erg aangerand gevind
ʼn 53-jarige vrou van Port Elizabeth wat sedert die begin van die maand vermis was, is Maandag met ernstige beserings by ʼn lodge in die stad aangetref.
Gesteelde fiets gevind, een vas ná hoewemoord
Die polisie het inligting ontvang dat ʼn fiets by ʼn sakeperseel naby die slagoffer se huis gelos is. ʼn 34-jarige Rastaman het dit glo by ʼn werker daar gelaat. Die tuinwerker het die fiets as sy eiendom uitgeken.
Liggaam op kleinhoewe by PE gekry
“Die deur en die veiligheidshek was oop. Hy het geroep, maar het geen antwoord van die huiseienaar gekry nie.”
Leerder met vuurwapen gedreig vir selfoon
Sy was op pad winkel toe saam met ʼn maatjie toe twee verdagtes die leerders genader het.
Baai se burgemeester kap terug na Ramaphosa
Die burgemeester het gesê hy is bereid om ʼn verslag rakende die munisipaliteit se werksprestasie beskikbaar te stel om te wys wat dié munisipaliteit in ʼn kort tydperk vermag het.
Ramaphosa sê Baai se regering ‘werk nie’
“In hierdie metro is ons vasgekeer in ʼn koalisie wat nie werk nie. Hierdie koalisieregering werk nie en weet julle hoekom? Want koalisieregerings werk nooit goed nie.”
Foto’s: Voertuie in ligte laaie tydens betoging
Inwoners het opgeruk oor ontevredenheid oor munisipale dienste en ʼn gebrek aan elektrisiteit in dié gebied.
Man in hof oor moord op 12-jarige
Enrico Gerwel (21) het Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van die moord op die 12-jarige Alvineesha Brookes.
Nóg ʼn kind beland in bendekruisvuur
Dié voorval volg enkele dae ná ʼn 12-jarige meisie in Bloemendal in Bethelsdorp doodgeskiet is.
Vrou jok glo maande lank oor kwalifikasie
Die staat voer aan dat Mbekela gejok het aangesien sy dié diploma gedruip het.
Perlemoen-sindikaat: Vyf gevonnis
Morné Blignault, die baasbrein agter die perlemoen-sindikaat, is reeds in September tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Gemeenskap op plundertog ná meisie in bendeskietery sterf
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Oos-Kaap het die gemeenskap versoek om eerder saam met hulle te werk as om reg in eie hande te neem ná ʼn 12-jarige meisie Saterdagaand in Bloemendal in Bethelsdorp doodgeskiet is.
Tiener getuig oor ‘huwelik’ met 61-jarige
“My oom het vir my gesê ek is nie meer ʼn kind nie en ek gaan nou ʼn vrou wees. Hy het my toe oorgegee.”
Bird-eiland: Verslag sê daar is geen bewyse
Wouter de Swardt, ʼn private ondersoeker, het gesê hy is ontsteld oor mediaberigte wat beweer sy ondersoek na die bewerings in die boek Die Seuns van Bird-eiland rakende ʼn pedofielnetwerk in die Port Elizabeth-omgewing “kon beter” gewees het.
13-jarige glo gedwing om met man (61) te trou
Volgens die klagstaat het ʼn 61-jarige man van Port Elizabeth daarna ʼn ooreenkoms met die meisie se oom aangegaan en in November 2016 is die slagoffer, teen daardie tyd toe 13 jaar oud, gedwing om skool te verlaat en met die ouer man te trou.
Hengelaar sterf toe hy van rotse val
“Daar word vermoed hy het geval weens mediese redes.”
Vier op teregstellingswyse in kop geskiet
Die moontlikheid van roof is reeds uitgeskakel aangesien die slagoffers se selfone op die toneel gevind is.
Man, twee vroue in huis in PE oorval
‘n 48-jarige man het saam met sy vrou en skoonsuster televisie gekyk toe drie mans net ná middernag die huis deur ʼn skuifdeur binnegekom het.
Twee in hof ná dood van 2-jarige
Die saak teen die twee mans wat aangekla word van die moord op die tweejarige Hakeem Baartman is tot later vandeesmaand uitgestel.