ʼn Strafregkenner sê die staat mors bloot hulpbronne en belastinggeld met sy aansoek om verlof tot appèl in die mislukte Nulane-saak.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
EU wil skuiwergate in sanksies teen Rusland toestop
Die EU wil die heruitvoer via derdepartylande na Rusland hokslaan, aangesien dit reeds daarop dui dat verskeie lande nou meer goedere invoer waarop sanksies geplaas is.
Lisensie vir jou karradio? SAUK kan gaan doppies blaas
“Die SAUK is verheug om die bekendstelling van die nuwe SAUK-karradiolisensie bekend te stel,” lui die (kamma-)kennisgewing wat Suid-Afrikaners die harnas in jaag.
Werkloosheid in SA ‘nagmerrie’
“Terwyl ander lande tekens van herstel in werkloosheid ná die Covid-19-pandemie toon, dien die toenemende onrustigheid oor werkloosheid in Suid-Afrika as ʼn skerp herinnering aan die uitdagings wat die land in die gesig staar.”
US-konvokasie in spervuur oor bedankingsversoek aan De Villiers
Adv. Jan Heunis, president van die konvokasie, sê hy is daarvan oortuig dat die uitvoerende komitee “in die beste belang van die universiteit” opgetree het toe hulle prof. Wim de Villiers se bedanking geëis het.
Pampoenkraal-beskuldigdes pleit onskuldig
Die verhoor het Maandag begin.
Meer as helfte van steenkoolopwekkings-kapasiteit tans kapoet
Sprake van fase 7-beurtkrag laat Suid-Afrikaners moedeloos en gerugte dat protokolle gefinaliseer word vir fase 9-beurtkrag, skets ’n pikdonker prentjie.
Graskop onder beleg; ingryping nóú nodig
“Misdadigers is op die oog af besig om beheer oor plattelandse dorpe te neem omdat hulle nie meer respek of vrees vir die polisie het nie. Hulle is ook bewus van die feit dat die hulpbronne in kleiner dorpe ontoereikend is.”
Hofbesluit oor beurtkrag ‘verkeerd’, sê ekonoom
Die departement van openbare ondernemings meen ook die uitspraak kan onbedoelde gevolge inhou en het aangedui dat hy teen die verreikende uitspraak gaan appelleer.
G’n meer Sasria-dekking as kragnetwerk omval
Weens “ongekende vlakke van beurtkrag” is die staatsbeheerde versekeraar gedwing om dekking vir eise wat uit ʼn algehele netwerkineenstorting spruit, op te skort.
Wyksraadslid vas wat minderjarige glo wou verkrag
Die raadslid het na bewering by sy vriend se huis ingebreek en probeer om sy minderjarige familielid te verkrag.
Beskermingshoof se seun dood gevind ná dae lange soektog
Dit lyk in dié stadium of Warren Rhoode dalk tydens ʼn kapingsvoorval vermoor is.
Skaakorganisasies kap terug: ‘Saskok het rég besluit’
Verskeie provinsiale skaakorganisasies voer aan dat Hendrik du Toit, president van Skaak SA, dié nasionale beheerliggaam wanbestuur.
Voedselsekerheid in gedrang oor entstoftekorte
Kommersiële en opkomende produsente ly ernstige verliese weens uitbrekings van bloutong wat tot 50% vrektes onder beeskuddes veroorsaak.
Westlife sing ook binnekort op SA verhoë
Die Backstreet Boys en Bryan Adams is ook op pad na Suid-Afrika.
Beurtkrag: Eskom-stelsel onder ‘ongelooflike druk’
Die kragnetwerk is onder ongelooflike druk en hoewel die kanse vir fase 7-beurtkrag hierdie week wesenlik is, lyk fase 6-beurtkrag in hierdie stadium vir die hele week meer realisties.
VAE-besoek: Bewyse gesoek ondanks minister se versekering
Die minister van binnelandse sake moet die nodige dokumentasie verskaf wat hy oorweeg het toe hy ʼn besluit geneem het oor die besoek van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se president en sy gevolg aan die Oos-Kaap.
Polisiebeamptes vas oor veediefstal, kaping
Twee polisiebeamptes in Noordwes is onderskeidelik op aanklag van veediefstal en voertuigkaping in hegtenis geneem.
Nog een vas ná vier uit aanhouding ontsnap
Polisiebeamptes was besig om skofte te ruil toe hulle opgemerk het dat vier aangehoudenes deur die dak van die selle ontsnap het.
Koning Charles se kroningsparade in foto’s
ʼn Dag van seremoniële prag en praal – van die goue koets tot prinses Catherine se silwer kopstuk.