Sanel vertel dat Willem spot en sê dit was nou “Boer soek ʼn baba” vir dié paartjie, wat op 15 Mei hul tweede huweliksherdenking gaan vier.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Prag, praal en protes by koning Charles se kroning
Alles moontlik is gedoen vir die grootste vertoning van Britse prag en praal in dekades.
Manyi: Van ANC, na ATM tot EFF
“Suid-Afrika ontaard vinnig in ʼn mislukte staat. Dit het gevolglik skokbehandeling nodig van ʼn organisasie wat ʼn revolusionêre uitgangspunt het.”
Putco-busse loop weer
Panyaza Lesufi voer aan dit is die “eerste keer in 76 jaar” dat pendelaars hulle in dié situasie bevind, maar duisende pendelaars was net ʼn paar maande gelede gestrand weens stakings by Putco.
Nóg 8 sterf in Serwië ná tweede massaskietery in soveel dae
Dié massaskietery volg minder as twee dae ná die ergste skoolskietery in Serwië se onlangse geskiedenis.
‘Oorsigkomitee oor Ramokgopa noodsaaklik’
“Ons almal is ook deeglik bewus van die oorsake van die probleem, naamlik korrupsie, wanbestuur, kaderontplooiing en beleidsonsamehangendheid. Dit sal alles veel meer hanteerbaar wees as die parlement doeltreffend was in sy toesigfunksie.”
Regering wil Poskantoor red
Gungubele het gesê dit is die regering se prioriteit om die “historiese instelling” te red en om dit in ʼn lewensvatbare onderneming te omskep.
Egpaar moor glo vir lewenspolisse
ʼn Egpaar van Soshanguve in Pretoria het glo moord gepleeg en ʼn dood vervals om lewenspolisse te eis.
Thabo Bester-saak: NVG gaan nie nou voort met moordklag nie
“In hierdie stadium is daar nie voldoende bewyse vir die NVG om voort te gaan met ʼn aanklag van moord nie.”
Rural gooi sy sonkrag weg soos Eskom vra
ʼn Dag ná die hofbevel het Rural die “voiding”-proses opgeskort en die ongebruikte sonkrag wat hy opwek begin weggooi sodat hy – soos Eskom vereis – beurtkrag kon toepas.
SA redder in Hawaii help sommer dáár ook lewens red
Martin Wesemann het vakansie gehou in Hawaii toe hy en nog twee mense twee vroue uit ʼn sinkende voertuig moes red.
Tygerberg-kinderkoor in Engeland as beste kinderkoor aangewys
Nog ‘n hoogtepunt vir die kinders is hul uitnodiging om in die York Minster te sing – ‘n kerk wat nie gewoonlik kore toelaat nie.
Putco-busse slaan remme aan oor ‘geen betaling’
Dit sal die meeste van Putco se kliënte ontwrig wat reeds weeklikse en maandelikse buskaartjies aangekoop het.
Wen: Twee Moedersdag-geskenkbewyse van R2 500 te wen
Twee Maroela-lesers staan elkeen die kans om vir Moedersdag elkeen ʼn geskenkbewys van R2 500 te wen by Silverline Jewellery!
Kyk: Nuwe banknote, munte nou in omloop
Die land se nuwe banknote en muntstukke sal van vandag af stelselmatig ingefaseer word.
Rybewys-masjien gee weer probleme
Dit is die soveelste keer dat die masjien, die enigste een wat rybewyse in Suid-Afrika druk, nie in werkende toestand is nie.
Polisie sê jammer na Krugersdorp-slagoffers se besonderhede uitlek
Die nasionale polisiekommissaris het die slagoffers van die Krugersdorp-voorval waar agt vroue in Julie 2022 verkrag is, ’n openbare verskoning aangebied, maar dit blyk dat geen koppe gaan rol oor die uitlek van die slagoffers se persoonlike inligting nie.
Man deur haai gebyt in Jeffreysbaai
Met hul aankoms op die toneel was die man reeds uit die water gehaal en het lede van die publiek noodhulp op hom begin toepas.
Agt dood ná skoolskietery in Serwië
ʼn 13-jarige leerder aan die skool het losgebrand en die lewens van agt leerders en ’n veiligheidswag geëis.
Jan Oberholzer bly langer by Eskom
Jan Oberholzer het op 30 April op die ouderdom van 65 jaar afgetree as bedryfshoof van Eskom.