Die Valke het ’n groot deurbraak gemaak toe hulle Ronnie Mafika Nkosi in Oktober 2020 in verband met Van Wyk se moord in hegtenis geneem het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Kriminele klagte kom teen ‘Eskom-staatskapers’
“Ons is moeg gewag vir die regering om tot optrede oor te gaan.”
Nóg ses in hof vir moord op oudspeurder se pa
Die eerste verdagte in die moord is in April in hegtenis geneem en is reeds 20 jaar tronkstraf opgelê.
‘Niemand verdien só ʼn lewe’
“Ek het met als binne my baklei om nie in die kantoor in te gaan nie, want ek het geweet as ek daar ingaan, ek nie lewend daar sou uitkom nie.”
Ramaphosa by OB verkla ná diefstal op plaas
Ramaphosa word nou daarvan beskuldig dat hy die etiese kode van uitvoerende beamptes oortree het.
Hykie Berg gaan pa word op 44
“Dis die groot nuus mense, die Bergs kry nog ’n baba!”
Breinbesering eis bokser ná geveg
In ʼn video kan gesien word hoe Simiso Buthelezi gedisoriënteerd voorkom en in die lug boks voordat die geveg gestop word.
Inbrake op Pinnacle Point nou ook ondersoek
Kort nadat Marietha Willemse op die luukse Pinnacle Point-landgoed in Mosselbaai vermoor is, is twee inbrake op dié landgoed aangemeld.
Eietydse sprokie wen PEN se Afrikaans-skryfkompetisie
“Dié handvol inskrywings het met hul eerlikheid en deernis in al drie lesers se gedagtes en gemoed bly vassteek.”
Man uit hospitaal ná landgoed-aanval
Al ly die 86-jarige wewenaar aan Alzheimer se siekte, begryp hy dat sy geliefde vrou nie meer met hom is nie.
Downer ‘binnekort beskuldigde nommer 1’
“Die konsep-klagstaat is gereed,” sê die Zuma-stigting.
Secunda-man skiet vrou glo ná rusie dood
Hester O’Neill se geliefdes vermoed dat sy die aand van haar dood vir haar man gesê het dat sy die huwelik wil beëindig.
IMF bekommerd oor Eskom, Transnet
Die span van die Internasionale Monetêre Fonds het pas sy besoek aan Suid-Afrika afgehandel en doen verskeie aanbevelings om die land se geldsake te help regruk.
Video: Ontwrigting van UK-eksamens lei tot inhegtenisneming
ʼn Persoon is in hegtenis geneem nadat eksamens Maandag by die Universiteit van Kaapstad (UK) ontwrig is.
Boere maak beswaar teen sluiting van R30-pad
Premier Sisi Ntombela se aankondiging verlede week dat die stuk pad finaal gesluit is sodat ʼn brug gebou kan word, is nie goed deur die boeregemeenskap ontvang nie, aangesien hulle nou van die silo’s en kerke afgesny is.
‘Boer soek ’n vrou’-paartjie word pienkvoet ryker
“Ons is baie, baie opgewonde. Dis een van ons grootste wense wat waar word. Ons kan nie wag om die kleinding te ontmoet nie.”
Kragnetwerk trek weer swaar
Eskom beplan nie in dié stadium enige beurtkrag vir Dinsdag nie, máár…
Plan gemaak met Comair-passasiers
Comair sê hy doen alles moontlik om die ontwrigting vir passasiers te verminder.
Wag oorleef skokkende aanval
“Die mate van geweld wat gebruik is, is mal.”
Gupta-uitlewering ‘ingewikkeld’; proses reeds aan die gang
Interpol het in Maart vanjaar ʼn sogenaamde rooi kennisgewing vir die Gupta-broers uitgereik en dit het vandeesweek tot hul inhegtenisneming in Doebai gelei.