Luidens ʼn verklaring van AfriForum se privaatvervolgingseenheid wat Mathura verteenwoordig, is sy met geen ander keuse gelaat nie ná die Unisa-bestuur se “algehele verontagsaming vir haar klagte oor ongevraagde betalings wat in haar private bankrekening gemaak is”.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Unisa"
Duur lesse uit swak prestasiebestuur
Prestasieverbetering sal nie sommer in Unisa vandag plaasvind nie. Bestuurders moet prestasiebestuur ontwikkel deur toewyding, bereidwilligheid en selfbemagtiging te demonstreer.
Veeljaar-salarisooreenkoms by Unisa bereik
Unisa sê dié ooreenkoms is “ongekend” vir die universiteit, aangesien dit die eerste van sy soort is.
Unisa verwelkom omkeer van administrasie
Die universiteit meen die besluit dat die instelling nie meer onder administrasie geplaas word nie, bevestig die oppergesag van die reg.
Minister trek Unisa-administrasie terug
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, is twee weke gelede deur die hof beveel om sy besluit om Unisa onder administrasie te plaas, terug te trek.
‘Nzimande, Unisa se verhouding moenie skipbreuk ly’
“Wanneer twee bulle baklei, ly die gras daaronder. Die studente van Unisa is diegene wat sal ly as die voortslepende stryd voortgaan.”
Hof keer besluit om oor Unisa-administrasie
Die hof het beslis dat die besluit om die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) onder administrasie te plaas “onwettig” was.
Unisa hof toe oor administrasie
Unisa is van mening dat die minister se aankondiging voortydig en in minagting is van die hofbevel van 6 Oktober wat hom verbied het om die universiteit onder administrasie te plaas.
Unisa onder administrasie geplaas
Die aankondiging is Vrydag amptelik in die Staatskoerant bekend gemaak. Daarvolgens word prof. Ihron Rensburg vir twee jaar vanaf 27 Oktober as administrateur aangestel.
Nzimande bevraagteken ‘teenstrydighede’ in Unisa-saak
Die minister het gesê hy neem kennis van die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof en slaan ag daarop. Hy is egter bekommerd oor die manier waarop die hof die saak hanteer het.
Unisa verlig na hof stokkie steek voor administrasie
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Unisa Donderdag in kennis gestel van sy voorneme om die instelling onder administrasie te plaas.
Minister gereed om Unisa onder administrasie te plaas
Nzimande se voorneme om Unisa onder administrasie te plaas volg op die verslae van ʼn onafhanklike assessor en die ministeriële taakspan oor Unisa.
Nzimande wil Unisa onder administrasie plaas
ʼn Onafhanklike verslag wat oor Unisa opgestel is, dui op finansiële en ander wanbestuur van ʼn ernstige aard en het bevind dat dit die doeltreffende funksionering van die instelling negatief raak.
‘Verrotting’ by Unisa in 2019-studie blootgelê
Die destydse oproepe na verandering het egter net op dowe ore geval, sê dr. Richard Harding, voorheen van Unisa.
Unisa se registrateur afgedank
“Dit het vir my duidelik geword dat die verhouding onherstelbaar geword het; dit het die werk van die universiteit ernstig beïnvloed,” het ‘n verdoemende verslag bevind oor die verhouding tussen Mothata en die rektor.
Blade moet Unisa ‘onder administrasie plaas’
“Unisa is die grootste instansie van hoër onderwys in Suid-Afrika en sy ondergang sal ʼn verwoestende impak hê op die bedryf.”
Unisa se registrateur voorlopig geskors
Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Dinsdag bevestig die registrateur, prof. Steward Mothata, is voorlopig geskors.
Unisa ‘ver van ineenstorting’, sê raad
“Die universiteitsraad is oortuig dat hierdie belangrike Afrika-bate steeds ʼn akademiese instelling is wat aan nasionale en globale gehalteversekeringstandaarde voldoen, terwyl dit administratief en operasioneel lewensvatbaar is.”
Twee Unisa-raadslede bedank glo oor verdoemende verslag
Die bedankings kom glo nadat lede in ʼn raadsvergadering verdeeld was oor of prof. Puleng LenkaBula, visekanselier, geskors moet word.
Probleme by Unisa kom al jare lank
“Die ondersoek het die onstabiliteit by die instelling aan die lig gebring, wat gekenmerk word deur ʼn kultuur van vrees, intimidasie en afknouery, gevalle van wanadministrasie, finansiële ongerymdhede en akademiese wanpraktyke.”