Die tienjarige meisie van Limpopo wat Dinsdag spoorloos verdwyn het, is nog nie gevind nie.
Alles vir die sleutelwoord "vermis"
Nóg ʼn Limpopo-kind verdwyn
ʼn Tienjarige meisie van Limpopo het Dinsdag spoorloos verdwyn in ʼn dorp naby die plek waar ʼn ontvoerde sewejarige seun se liggaam vroeër dieselfde dag in ʼn beesdipsloot gevind is.
Gordonsbaai-man en -kind veilig opgespoor
Morne Meiring (32) en sy vyfjarige seun wat Donderdagmiddag uit sy huis in Kaapstad verdwyn het, is veilig opgespoor.
Bekende omroeper se broer al jare vermis
“My suster, wat ook in Pretoria woon, het hom in 2013 as vermis by die polisie gaan aanmeld, maar ons het nog niks gehoor nie. Ek dink ek sal enige nuus kan hanteer, solank hy nie swaarkry nie.”
Soektog na vermiste ma afgeskaal
Daar is steeds geen teken van Brenda Lynn Scriven (62) wat verlede Maandag tydens vloede in Durban vermis geraak het nie.
[Video] Soektog na vrou wat in Durban-vloede verdwyn
ʼn Volskaalse soektog duur voort na Brenda Lynn Scriven (62) wat Maandag vermis geraak het tydens vloed in Durban weens swaar reën.
Soektog na vermiste Pta-ma eindig tragies
Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Vicky Myburgh (40), wat verlede week as vermis aangemeld is, dood in ʼn veld in die weste van die stad gevind is.
Soektog na vermiste Stutterheim-baba eindig tragies
Die eenjarige seuntjie, wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in die veld naby Stutterheim in die Oos-Kaap gelos het, is dood gevind.
Verwikkeling in soektog na vermiste seun
Die soektog na ʼn vermiste albino-seun van KwaZulu-Natal het tot die inhegtenisneming van ʼn vrou gelei wat na bewering ʼn albino seun vir R100 000 aan ʼn sangoma wou verkoop.
Steeds geen teken van vermiste baba
Die soektog duur nog voort na die eenjarige seuntjie wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld naby Stutterheim in die Oos-Kaap gelos het.
Baba verdwyn ná ouma hom in veld los
Die Oos-Kaapse polisie het die publiek versoek om ʼn baba te help opspoor wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld gelos het.
Vermiste Pta-man gevind
Gerrie Kachelhoffer (41), die man van Pretoria wat Maandagmiddag in Limpopo verdwyn het, word in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Polokwane (Pietersburg) behandel, nadat hy Dinsdagaand bewusteloos en bedwelm gevind is.
Pta-man in Limpopo vermis
ʼn Beloning van R50 000 is uitgeloof om Gerrie Kachelhoffer (41), ʼn toesighouer en pa van twee dogters van Pretoria, te probeer opspoor.
Soektog na vermiste tiener eindig tragies
Die liggaam van ʼn tienermeisie van Port Elizabeth is Vrydagoggend gevind in dieselfde omgewing naby haar ouerhuis waar sy Dinsdagoggend vir die laaste keer lewend gesien is.
Vrou vind verlore trouring
Skaars twee uur nadat Maroela Media berig het oor Benedet Thurling van Vereeniging wat haar trouring in die River Square-winkelsentrum verloor het, is haar ring, danksy ʼn op-en-wakker-leser, aan haar terugbesorg.
Vrou span Facebook in om verlore trouring te vind
Benedet Thurling van Vereeniging in Gauteng het haar tot sosiale media gewend om haar verlore trouring op te spoor wat sy by die River Square-winkelsentrum in dié dorp verlê het.
‘Vermiste’ Centurion-tiener vertel van ontvoeringsdrama
Dawid Stephan Smit (17), ʼn leerling aan Hoërskool Centurion in Lyttelton wat Woensdagmiddag spoorloos verdwyn het, het met die polisie sy beweerde ontvoeringsnagmerrie gedeel nadat hy Donderdagoggend in Potchefstroom opgespoor is.
Vermiste gesin veilig gevind
ʼn Ma en haar drie kinders wat op 17 April uit hul huis in Meyerton, Gauteng verdwyn het, is veilig opgespoor.
Studente-aktivis glo vrygelaat uit ‘donker ondervragingkamer’
Ten spyte van tekens van gebruik op die vermiste studente-aktivis, Vusi Mahlangu, se Facebook-blad en bewerings hy is veilig, beskou die polisie hom steeds as vermis.
Soektog na vermiste vlootkadet eindig tragies
Familie en vriende van die vlootkadet Gerald Gouws (23) kan uiteindelik berusting vind nadat hulle kon vasstel wat van hom geword het nadat hy in Januarie in Kaapstad verdwyn het.