AfriForum en Solidariteit sê daar heers onduidelikheid of die private sektor enige toegang tot die Covid-19-entstof sal hê.
Landbou-reus sterf
“Prof. Mohammad Karaan het baanbrekerswerk op akademiese, politieke en ekonomiese terreine in die landboubedryf verrig.”
Hoofregter verkla oor entstof-gebed
Die hoofregter het verlede maand in ’n gebed daarop gesinspeel dat die Covid-19-entstof van die duiwel is.
Foto’s: Brandweermanne red brakkie uit rioolpyp
Brandweermanne is ontbied nadat ’n gesin tjankgeluide in hul toilet gehoor het.
Weduwee moet operasie ondergaan ná heli-ongeluk
Chris en Magda Rorich was saam met die vlieënier van ’n ligte nutshelikopter op ’n plesiervlug toe die helikopter in die Krokodilrivier neergestort het. Chris is in die ongeluk dood.
Mediamagnaat sir David Barclay (86) sterf
Die geheimsinnige Britse miljardêr, eienaar van onder meer die dagblad The Daily Telegraph en die Ritz-hotel, is in die ouderdom van 86 dood ná ʼn kort siekbed.
Min wapens ingehandig voor amnestie verstryk
Die amnestietydperk verstryk aan die einde van die maand.
Wes-Kaap se vyfpuntplan teen koronavirus
Cloete sê die bewering dat meer jong mense as tydens die eerste golf nou siek is, is net omdat daar oor die algemeen meer mense siek is.
Ma sterf, kleuter kritiek ná ongeluk
“Die kleuter is uit die ma se arms gestamp en het ongeveer 20 meter verder op die grond te lande gekom.”
Suurstof, hospitaalbeddens skraps in Oos-Kaap
Twee van die provinsie se grootste uitdagings is tekorte aan suurstof en mediese personeel.
WhatsApp slaan vure dood oor nuwe beleid
“Ons kan nie jou private boodskappe sien of oproepe hoor nie en Facebook ook nie,” verseker die gewilde boodskapdiens.
Foto’s: Meiringspoort oop ná oorstroming; nog reën voorspel
Motoriste word aangeraai om steeds die alternatiewe roete te gebruik.
Tientalle bokke naby Vereeniging doodgery
Vermeende veediewe het die boerbokke glo oor die pad gejaag.
Lisa Montgomery tereggestel
Diegene wat Montgomery verdedig het, het nie die erns van haar misdaad ontken nie: Sy het in 2004 ʼn swanger vrou doodgemaak om haar baba te steel.
Covid-19-sterftes in Gauteng styg in enkele week met 155%
Die aantal daaglikse nuwe Covid-19-gevalle in Gauteng het oor die afgelope week verdubbel, terwyl hospitaalopnames verdriedubbel het. Die premier waarsku boonop dat die ergste nog kom.
Heelwat tyd nodig om kudde-immuniteit te bereik – WGO
Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die land hoop om kudde-immuniteit teen Covid-19 te bereik, maar die WGO waarsku dit gaan beslis nie vanjaar gebeur nie.
Sewe vas wat glo sigarette wou roof
Die verdagtes het glo beplan om die afleweringsvoertuig te beroof.
Ma, vroeggebore baba na Covid-nagmerrie herenig
“Toe ek my baba vir die eerste keer sien, het trane oor my wange gestroom. Ek was oorstelp van blydskap, maar terselfdertyd was dit moeilik om hom nie te kon vashou nie.”
Die Boer-teater sluit weens Covid-regulasies
Die Boer-teater in Durbanville, Kaapstad, het aangekondig dat dit na 15 jaar sy deure gaan sluit omdat dit nie meer die groot las veroorsaak deur die Covid-19-regulasies kan dra nie.
Gesin sterf in N3-ongeluk: ‘Hulle was engelmense’
Die gesinne het die minibus gehuur om saam met vakansie te gaan en het Sondag teruggekeer huis toe.