Die hoof het bekommerd geraak toe die onderwysers ʼn tweede dag nie vir skool opdaag nie.
Nuuskommentaar: O my ‘meme’, wat het ek gedink en toe aangevang?
Beteken demokrasie dat ek my stem volgens my eie oortuigings uitbring, of dat ek vir dit stem wat deur ’n charismatiese leier voorgestaan word? Beginsel en praktyk is nie onderling dieselfde nie.
Dis amptelik, Brexit gebeur Vrydag
“Dis dit. Dit is alles verby.”
Koronavirus nou in alle Chinese streke
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal Donderdag besluit of die virus ’n wêreldwye gesondheidskrisis is.
Susters vas vir moord, verkragting van ma
Haar dogter het haar glo vasgehou terwyl sy verkrag en vermoor is
Polisie moet optree teen gewelddadige studente – Nzimande
“Universiteite moet alle nodige stappe doen om die veiligheid van eiendom en lewens te verseker.”
Kanse vir beurtkrag vanaand
Suid-Afrikaners moet hul staal vir die moontlikheid van beurtkrag Donderdagaand.
Tronkstraf vir oudmetropolisieman wat verkrag, ontbloot
Adrian Johannes van Zyl se naam word nou ook op die register vir seksuele oortreders geplaas.
Ontwikkelingsbank se geld nie vir ‘sinkende staatsinstellings’
Die SAL het reeds digby R16,5 miljard in reddingsboeie die afgelope tien jaar by die Suid-Afrikaanse belastingbetaler gekry.
Gʼn wurms in Kroonstad se water, sê departement
Die onlangse reën wat tot vogtige toestande gelei het, skep ʼn gunstige omgewing vir vlieë en muskiete wat dan hul eiers in ʼn kraan lê waar dit nat is.
RDK vra geduld in ondersoek na omstrede regter-president
Regter John Hlophe is die regter-president wat die meeste kere aangekla is in die land se geskiedenis.
Warren Buffet onttrek uit koerantbedryf
Miljardêr Warren Buffet het uit die koerantbedryf onttrek.
Duitsland oorweeg dalk spoedbeperkings op autobahn
ʼn Kenner in verkeerswetgewing het die Duitse regering Woensdag gemaan om ʼn omvattende studie te doen te midde van ʼn debat of die land ʼn spoedbeperking op sy snelweë moet instel.
EPPF moet dringend stappe teen Molefe doen, sê Solidariteit
Solidariteit maan die Eskom Pension and Provident Fund (EPPF) om so spoedig moontlik al die nodige stappe te doen om te verseker dat die voormalige Eskom-bestuurshoof, Brian Molefe, gehoor gee aan die Pretoriase hooggeregshof se bevel.
Vlugtelingeleier dreig glo MRK-kommissaris met die dood
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het in ʼn verklaring gesê hy neem met kommer kennis van ʼn dreigement Dinsdagoggend teenoor kommissaris Chris Nissen.
‘Veediewe’ het skape in kattebak gestop
Twee van vyf vermeende veediewe, tussen 33 en 43 jaar oud, is Woensdagoggend vroeg in Jouberton naby Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem.
OB moet bedank, versoek AfriForum
Dié burgerregteorganisasie beskou haar as onbekwaam vir die amp ná onlangse verdoemende ontwikkeling waarin sy betrokke is.
Talle vlugte na China gestaak
Kazakstan, ʼn buurland wes van China, gaan ook nie meer visums aan Chinese burgers uitreik nie.
Gerugte van koronavirus in SA onwaar – owerhede
Nog geen gevalle van die virus is tot op hede in Suid-Afrika aangemeld nie
Die wêreld in foto’s – 29 Januarie 2020
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.