Thuli Madonsela, openbare beskermer, spog nou ook met haar eie weergawe van Miley Cyrus se “Wrecking Ball”-musiekvideo.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 Augustus 2014
Walvis glo opgekap vir vleis in KZN
Inwoners aan die suidkus van KwaZulu-Natal het ‘n boggelrugwalvis wat op Palm Beach se strand uitgespoel het begin opkap, berig The Witness.
Versekeraars gaan glo nie betaal vir aardbewingskade nie
Minstens vyf versekeraars gaan glo nie vir die skade wat tydens die afgelope aardbewing aan huise aangerig is betaal nie.
Polisieman skiet vriendin, los seuntjie langs pad
‘n Polisiekonstabel van Mpumalanga wat skuldig bevind is aan die moord op sy voormalige vriendin, is Woensdag gevonnis.
Boer skiet verdagtes in sy huis
ʼn Boer van Schweizer-Reneke in Noordwes het Woensdagoggend op vier mans losgebrand nadat hulle op sy plaas oortree en sy skoonma met ʼn vuurwapen aangehou het.
Video: Só sny jy ‘n waatlemoen
Daar is min dinge so lekker in die somer soos ‘n heerlike, sappige en stroopsoet waatlemoen. Die YouTube-gebruiker DaveHax wys in dié video ‘n baie eenvoudige manier om ‘n waatlemoen te sny.
Gedig: Die vliegenier
“Hy ken die wolke bo die wêreldsome en die bane van die môrewind; hy ken die dun draad van die glans-riviere wat vlak en verte fyn verbind.” Lees gerus Ernst van Heerden se aangrypende gedig, “Die vliegenier”
‘Polisie’ bedrieg jongman met moordslenter
Twee mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het Dinsdag glo ʼn jong man van Pretoria van R6 450 beroof nadat hulle hom as ʼn ‘moordverdagte’ in hegtenis wou neem.
Vandale beskadig honderde straatligte in Oos-Rand
Altesaam 480 straatligte is die afgelope drie weke in Kempton Park en omliggende areas deur vandale beskadig.
Minagtingsaansoek gebring oor plek van veiligheid se subsidies
Helpende Hand het ‘n minagtingaansoek teen die departement van maatskaplike ontwikkeling gebring nadat die departement ʼn dringende hofbevel om ʼn Rustenburgse plek van veiligheid se agterstallige subsidies te betaal, verontagsaam het.
Video: “Beperk vermorsing”
Vrese oor ‘n resessie is afgeweer, maar Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het met ‘n skamele 0,6% gestyg in die tweede kwartaal.
Twee soek ná hulle man glo vir ring en selfoon vermoor
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir twee verdagtes wat glo ʼn egpaar aan die Oos-Rand beroof, en die man vermoor het.
Ouer rand glo tiener tydens rugbywedstryd aan
Matthew Germishuizen, ʼn 17-jarige rugbyspeler van Alberton, is Saterdag tydens ʼn klubrugbywedstryd só erg aangerand dat hy vier dae in die hospitaal moes spandeer.
AfriForum Jeug eis optrede vir studenteveiligheid by Medunsa
“Ons het die brief met ons eise aan die instellings gestuur. Onskuldige studente word tot met die dood gedreig op sosiale media, deur teksboodskappe en selfs op kampus, terwyl rassistiese aanmerkings in die rigting van nie-swart studente geslinger word, aangesien hulle nie wil saam staak nie.”
Is Afrikaners te wit vir die hemel?
Is Afrikaners te wit vir die hemel? vra Ebert Terblanche
Glinstering van hoop vir vrede in Gasa
Hamas maak aanspraak op ‘n oorwinning na die aankondiging van ‘n skietstalstand sonder sperdatum, maar waarnemers wys daarop dat nie Israel of die Palestyne uit die ooreenkoms gekry het wat hulle wou nie.
Valke ontken klopjag was op “verkeerde huis”
Die Valke het Woensdag ontken dat hulle op die verkeerde huis in Sandton toegeslaan het tydens ʼn operasie teen onwettige diamanthandel.
Steve Biko-hospitaal: Stelsel sal wagtydperk drasties verminder
ʼn Nuwe stelsel wat onlangs by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria in werking getree het met die doel om buitepasiënte se wagtyd te verminder, ervaar nog “groeipyne”, het die hospitaal gesê.
Steve sing ‘Die Stem’ op nuwe album
Die sanger Steve Hofmeyr beplan om ʼn gedeelte van ‘Die Stem’ op te neem vir sy nuutste album wat in September bekend gestel word, het Beeld Woensdag berig.
Nuuskommentaar: ANC-histerie oor die Zuma-vraagstuk
Die ANC se histerie oor talle fronte as pres. Jacob Zuma net vaagweg betrokke is, dui al hoe meer daarop dat ʼn “uitvaart-ooreenkoms” (exit strategy) tussen die ANC en die beleërde president bereik is.