Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Vrydag op ʼn pakhuis in Kempton Park toegeslaan en beslag gelê op renosterhorings wat in wynkratte vervoer is.
Alles vir die maand Mei 2019
Koalisies werk nie vir ANC nie, sê Gauteng-premier
Koalisieregerings “werk nie” en Gautengse kiesers sal op 8 Mei weer aan die ANC die volle mandaat gee om die provinsie te bestuur, het premier David Makhura Sondag gesê.
Nóg vyf jaar agter tralies vir perlemoen-meesterbrein
Morne Blignault (47) wat reeds tronkstraf van 20 jaar uitdien in verband met perlemoenstropery, sal ʼn bykomende vyf jaar agter tralies moet deurbring.
Drie sterf in Kaapstad-brande
Drie persone is vroeg Sondagoggend in drie afsonderlike brande dood in informele nedersettings in Kaapstad.
Stormers laat weer bloos teen Jaguares
ʼn Mens kan maar net kopskud oor die Stormers se vertoning Saterdagaand teen die Jaguares in Buenos Aires.
Pro14 bied vreugde en verdriet vir talle uit SA
Vreugde en verdriet was verskeie Suid-Afrikaners se deel in Saterdag se Pro14-uitspeelwedstryde.
Noordwes-premier versoek vrede tydens verkiesing
Job Mokgoro, premier van Noordwes, het Saterdag ʼn beroep gedoen vir vreedsame verkiesings in Marikana, naby Rustenburg, en die res van die provinsie op 8 Mei.
Demi-Leigh deel hartseer nuus
“Eendag sal ons weer bymekaar wees.”
Ontvoerders eis miljoene vir SA joernalis
Ontvoerders eis ʼn loskoopbedrag van miljoene vir die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mahomed.
Gedagte vir die dag: ’n Brug, nie ’n gat nie
Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom. U is getrou: vernietig hulle. (Psalm 54:7)
Egpaar sterf minute uitmekaar
ʼn Egpaar wat amper 45 jaar lank getroud was, is minute uitmekaar oorlede.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Motorfietsryer is Saterdagoggend in ʼn botsing op die R560 tussen Hekpoort in Gauteng en Skeerpoort in Noordwes dood.
Man kry beroerte toe hy nek strek
“Ek het my hand gebruik om meer druk op my nek te plaas en toe hoor ek net ʼn kraakgeluid.”
Bulls wen weer op Loftus
Skrums lê grondslag vir sege in Pretoria.
Ondersoek ná Durban-reservoir ineenstort
Die eThekwini-metro se Mobeni-waterreservoir in die suide van Durban het ineengestort.
Maimane: ‘Ons oomblik van moed is nou’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag tydens die party se laaste byeenkoms voor die verkiesing sterk uitgevaar teen pres. Cyril Ramaphosa.
Superrugby: Só lyk sake
Die Brumbies het die Blues, die Highlanders die Chiefs en die Hurricanes het die Rebels Saterdag aangevat.
Video: Bloukraanvoël maande ná brand vrygelaat
Dié voël is saam net nog ʼn kuiken gered tydens die brand in Franskraal net buite Gansbaai in die Wes-Kaap.
Miljoene se skade tydens Durban-staking aangerig
“Ons het nou ʼn situasie waar hotelle wat internasionale gaste huisves sonder water is.”
Vliegtuig beland in rivier
ʼn Boeing 737-vliegtuig met 143 mense aan boord het Vrydagaand in ʼn rivier beland nadat dit van ʼn aanloopbaan gegly het.