Adam Tas van die reeks ‘Byt en buskruit’ het oudergewoonte weer ʼn wenk in videoformaat vir die vissermanne en ‑vroue wat vinniger die grootste visse uit die water wil trek.
Alles vir Donderdag 21 November 2019
Resep: Kurper met knoffelbotter
Knoffel en botter maak enigiets ekstra lekker!
Luister: Tasché gesels oor haar eerste album
“Dit is baie gerusstellend om vir Francois-hulle aan my sy te hê, want ek weet dit wat ons doen, gaan werk.”
AfriForum eis Lesufi, Mosuwe se koppe
LUR Panyaza Lesufi moet bedank en die polisie moet die hoof van onderwys in Gauteng ondersoek.
Tukkies-tweeling wil konings by nasionale toernooi laat tuimel
“Ons het op weeksdae vroeër opgestaan sodat ons ten minste een skaakwedstryd kon speel voordat ons skool toe gaan. Ons hoofdoelwit was om die rekenaar uit te oorlê. Hierdie tweestryde was só warm dat ons pa ekstra waaiers moes aanskaf om die rekenaar af te koel.”
Nuwe planne moet Wonderboom-lughawe regruk
Die lughawe is bykans in die grond in bestuur toe dit onder die kantoor van die burgemeester en daarna die stadsbestuurder geval het.
ʼn Plaaskersfees uit Die Koöperasie
Kry ook vanjaar jou familie se geskenke in Die Koöperasie, toegedraai en afgelewer by jou deur. Ons maak dit maklik sodat jy meer tyd saam met jou kosbare familie kan spandeer en die spesiale oomblikke onvergeetlik kan maak.
Boek-uittreksel: Net voor die droogte my breek
“Van die aarde. ’n Klipsit-, kripvolmaak- en skaapkopeet-mens. Fransie het ook skaap en Lee meen die bokke is maar eintlik syne. Onder op die grootpad moes Calvinia se ambulans al goed briek trap om ou Fransie en sy trop bontbokke skrams mis te ry.” Lees hier ‘n uittreksel uit Net voor die droogte my breek.
2 vas vir moord op Jeffreysbaai-bejaarde
Die man se liggaam is verlede week aan ’n stoel in die slaapkamer van sy huis in Wavecrest in Jeffreysbaai aangetref.
10 vas vir miljoene rande se tenderbedrog
Die Valke het die verdagtes Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.
Oudminister probeer glo Eskom-ondersoek stuit
Oudmin. Bongani Bongo het glo die werking van ʼn parlementêre ondersoek na ongerymdhede by Eskom probeer beduiwel.
Hier is vanjaar se Grammy-benoemings
Vanjaar het Ariana Grande, Billie Eilish en Lizzo verskeie benoemings gekry.
Hofsaak teen Zoeloe-koning kan nog langer sloer
Die saak oor die Ingonyama Trust se huurinkomste moet nou voor ʼn volle regspaneel aangehoor word.
Video: Die hond wat net wou gly en gly en gly
Dis nie om ‘n stok te gaan haal of selfs voëls te verjaag nie – gly is beslis Leny se gunstelingtydverdryf.
Logika nie deel van ANC-regering
Dis dalk oordrewe om te sê die wiele in Suid-Afrika kom nou af. Maar dan kan ’n mens op die allerminste sê die wiele sit só los dat hulle eintlik enige oomblik kan afval, skryf Leopold Scholtz.
Nóg ’n man gestraf vir kinderpornografie
Dit volg kort nadat ’n voormalige staatsaanklaer vroeër vandeesweek 10 jaar tronkstraf opgelê is vir ’n soortgelyke oortreding.
VivA ontrafel die tameletjies van vloekwoorde in Afrikaans
Hoewel kru taal vir baie Afrikaanssprekendes ʼn doring in die vlees is, is ánder weer van mening dat dit deel is van die Afrikaanse woordeskat. Hierdie uiteenlopende standpunte oor vloek het aan die lig gekom tydens VivA se simposium met die tema “Vloek met flair én voorbehoud”.
Oudminister van staatsveiligheid in hof
Die Valke het vanoggend dié oudminister van staatsveiligheid in hegtenis geneem.
Solidariteit bring aansoek om SAL in sakeredding te plaas
In ʼn potensieel rigtinggewende verwikkeling rakende die voortslepende SAL-staking het die vakbond Solidariteit vanoggend hofstukke aan die SAL, Pravin Gordhan as minister van openbare ondernemings…
Sy maak matriekafskeidrokke met haar tweede kans
Was Jana voor haar kanker-episode ook so kreatief? “Ek het net goedjies vir my kinders en ’n plaaslike winkel gemaak. Eers toe ek my tweede kans kry, het ek voluit begin leef.”