Die twee offisiere wat in Gauteng in hegtenis geneem is, bring die getal beweerde korrupte polisiebeamptes betrokke by die bedrogspul op 18 te staan.
Alles vir die maand Oktober 2020
Man vas wat glo kleuterskool se Covid-19-geld steel
Die NVG het ook sy bankrekening laat bevries.
AfriForum Jeug wil hof toe oor opskort van NSFAS-uitbetalings
Ná ’n toetshofsaak in die Kaapstadse hooggeregshof het die hof egter bevind dat minstens een student van sy beurs ontneem is omdat NSFAS nie geld het om hom te betaal nie.
Covid-19-statistieke: 1 092 nuwe gevalle
Die herstelkoers staan in hierdie stadium op 90%.
Gedagte vir die dag: Kosbare woorde
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Romeine 15:13)
Nederlandse politici het ernstige vrae oor SA
Drie Nederlandse parlementslede het in ʼn reeks vrae aan die Nederlandse minister van buitelandse sake, Stef Blok, opnuut hul kommer uitgespreek oor aanvalle op plase en die ANC-regering se beplande grondonteiening sonder vergoeding.
Aanbeveling vir nuwe ouditeur-generaal gemaak
Die nasionale vergadering het Dinsdag ʼn aanbeveling gemaak vir ʼn nuwe ouditeur-generaal.
Ramaphosa sê daar was mondelinge toestemming vir Zim-vlug
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagmiddag in die parlement gesê hy het voor die omstrede ampsvlug na Zimbabwe in September deur die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dit mondeling goedgekeur voordat dit plaasgevind het.
Aarto se e-tolboetes is ‘roekeloos, ongrondwetlik’
“Die boetes kan dieselfde effek hê as ‘n tweede vlaag van Covid-19 in Gauteng.”
Polisiebeamptes vas oor vuurwapenlisensies
Twee stasiebevelvoerders is Dinsdag in Gauteng in hegtenis geneem in verband met hul vermeende betrokkenheid by korrupsie en uitbuiting oor vuurwapenlisensie-aansoeke.
Dendron-plaasaanval: Hof erken boere se waarde
Die landdros het in die hof melding gemaak van die geweldige ekonomiese inpak wat ʼn plaasaanval het, veral in Limpopo waar landbou die grootste direkte en indirekte werkgewer is.
Moontlike afleggings binnekort by African Bank
“Dit het belangrik geword om die bank te herstruktureer en daar is gevolglik met konsultasies begin wat moontlik tot werksverliese kan lei.”
ToekomsVenster: God se regverdige uitspraak
Hy, die Here, sal sorg en versorg. Die ontvangers van Sy guns moet geloofwaardig lewe.
Ramaphosa praat eers dán
Die president is Dinsdagmiddag in die parlement tydens ‘n mondelinge vraesessie in die Nasionale Raad van Provinsies uitgevra oor voortgesette gerugte dat ‘n strenger inperking oorweeg word in die lig van die toename in Covid-19-gevalle.
Nóg ʼn kragtoring buite Welkom slaan om
Die toring het glo omgeval nadat staaldrade gesteel is.
Valke op spoor van 11 oor bedrog met grondtransaksies
Die gesamentlike waarde van die drie plase is sowat R70 miljoen, maar weens beweerde saamspan deur die verdagtes het dit die departement van menslike nedersettings in Mpumalanga net minder as R124 miljoen gekos.
Kusile-korrupsiesaak tot Februarie uitgestel
Die ondersoek hou verband met bouwerk by die Kusile- en Medupi-kragsentrale.
Foto’s: Só lyk aanspraakmakers op Mnr. SA-kroon
“Mnr. Suid-Afrika moet iemand wees wat inspirasie bied, ʼn baken van hoop kan wees en iemand wat die jeug in ons land positief kan beïnvloed.”
Almal ontsteld oor manier hoe dié klant pizza eet
ʼn Klant word ʼn “monster” genoem ná ʼn restaurant die ongewone manier gedeel het hoe die persoon sy pizza eet.
Lewenslank vir man wat tweejarige mishandel, vermoor
Die regter het tydens vonnisoplegging gesê die seuntjie moes geweldig gely het terwyl hy gewag het vir die dood om te kom.