“Dit is te danke aan baie ure se harde werk, toewyding en onderhandeling deur individue agter die skerms om te verseker dat ondersteuners opwindende krieket het om na uit te sien.”
Alles vir die maand Oktober 2020
Pap wiel pootjie vermeende veedief
Die vermeende veedief se bakkie was vol beesvleis gelaai. Hy is danksy samewerking tussen die polisie en boere aangekeer.
DBV wil Kataza in Limpopo hervestig
“Ons is van mening dat dit die enigste oplossing vir Kataza is.”
Riaan Manser vat matrieks Antarktika toe
“Jy kan jouself nie voorberei op Antarktika nie. Jy dink dalk aan sneeu en huisies in die berge, maar dis glad nie wat dit is nie. Dit is soos ʼn blok ys. Ys so hard soos teer en op ʼn sekere tyd van die dag versmelt die lug en die ys tot ʼn vervaagde horison.”
DA wen volgende ronde in hof oor Tshwane
Die DA voer aan dat Maile en die ANC se aanstel van ANC-gesinde administrateurs bloot ʼn poging is om reg te kry wat hulle by die stembus nie kon nie – om die bewind van Tshwane op ondemokratiese wyse te verkry.
Vyf verdagtes in Senzo Meyiwa-moord in hof
Die polisie is ook op soek na die selfoonrekords van Kelly Khumalo, Meyiwa se destydse vriendin. Sy was in die huis toe twee vermeende rowers toegeslaan en een van hulle die sokkerster doodgeskiet het.
Familiedebat lei tot debuutskrywer se ‘Jungu Josh’-reeks
Constant van Graan, ’n dosent in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit en deeltydse musikant, het onlangs sy skryfdebuut met die ‘Jungu Josh’-jeugtrilogie gemaak.
Kilian in hof oor skietery op Kaapse prokureur
Zane Kilian is Dinsdagoggend onder streng polisiebegeleiding in die Kaapstadse landdroshof ingeneem waar hy op vyf aanklagte verskyn het in verband met die skietery op die bekende prokureur William Booth.
Mening: Bok-venyn, onwaarhede van oningeligte Aussies
Dit was seker nie ʼn maklike besluit vir Rassie Erasmus, Jacques Nienaber en Saru nie, maar dit was tóg die regte.
My beste Ellispark-herinnering: Ons straatbrak
Skielik gewaar sy uit die hoek van haar oog hoe ’n spul kinders ’n klein hondjie skop en terg.
Ma en dogter in huis vermoor
Die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur na die verdagte of verdagtes wat betrokke was by die moord op ’n bejaarde vrou en haar dogter in Roodepoort.
Operasies ‘weens stukkende lugversorging’ uitgestel – DA
Bloom sê swak instandhoudingwerk is weereens die probleem, ten spyte daarvan dat R200 miljoen oor die afgelope vyf jaar aan die hospitaal bestee is om verouderde infrastruktuur te herstel.
Verkiesing in Bolivië bring terugkeer na sosialisme
Ná ’n oorgangstyd van sowat ’n jaar, het ’n presidents- en parlementsverkiesing in Bolivië plaasgevind.
VSA: Die verkiesingstryd is ver van verby …
Rhoda Kadalie gee ‘n voorsmakie van die politieke atmosfeer in die VSA.
Lefébre se jong loopbaan reeds ’n hoogtepunt
“Ek glo dat harde werk beloon sal word en soos wat my ouma altyd vir my sê: ‘Hou jou voete op die grond’.”
Terugslag vir NVG in Regiments-ondersoek
Regiments het glo sowat R1 miljard danksy onregmatige kontrakte van Transnet bekom.
Sprake van strenger inperking ‘onaanvaarbaar’
“Ongelukkig word baie van die regering se denke gelei deur onvanpaste internasionale beleid, veral in Europa, waar verskeie lande of streke ‘n tweede streng inperking instel om die verspreiding van Covid-19 te beperk.”
Boekresensie: Maggie: My lewe in die kamp
Die verhaal is dus deurspek met nie net swaarkry en ontbering nie, maar ook medemenslikheid en vriendskappe – selfs oor vyandsgrense heen. Dit is ook ’n storie van eers alles verloor en dan weer oor begin.
Simoné, Andries Pretorius deel groot nuus
“Woorde is nie genoeg om ons euforie te beskryf nie. Dit is die grootste droom wat vir ons bewaarheid is.”
Jay, Lianie May sing weer saam op Top-20
Dit was ook ’n goeie week vir Bernice West, Refentse, Riaan Benadé en Loufi.