Vincent Mills het “met als in hom” baklei om te keer dat die rowers sy huis, met sy vrou en kinders in, binnegaan.
Alles vir Dinsdag 23 Augustus 2022
#JongStemme: ʼn Legkaartstuk in die verkeerde boks
Ons is grootgemaak vir ʼn wêreld wat nie meer bestaan nie. Ons het nie eintlik ʼn idee wat ons hier doen nie!
Skryfnet: Is dit jou droom om kinderboeke te skryf?
As jy ’n kinderstorie in jou hart het wat jy graag met die jongspan wil deel, is “Skryf ’n Kinderverhaal” ’n móét. Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om ’n kinderboek te beplan, ontwikkel en skryf vir kinders tussen die ouderdomme van agt en twaalf jaar. Kom skryf nou in!
Topvleisbeeste wag om bekroon te word
Die geleentheid vind virtueel op 23 November plaas waartydens toppresteerders in sewe kategorieë vereer gaan word vir hul teel- en produksiepraktyke asook vir die mentorskap van medeboere.
Enkelbesering hou Zverev op krukkelys
Organiseerders het bevestig dat Alexander Zverev, wêreldtennis se naasbeste mansspeler, nie by die Amerikaanse Ope in New York sal afslaan nie.
Dogtertjie met Downsindroom: ‘Ek kies haar weer en weer’
“… alles waarvan jy gedroom het vir jou ‘normale’ kind, is skielik aan skerwe. Maar, dan word jy dankbaar vir jou baba waarmee Hy jou toevertrou het en jy bou nuwe drome. Jy hoop vir ’n toekoms waarin almal aanvaar word as individue, want jy as ouer sal nooit ophou veg vir jou kind nie.” Gaan lees meer oor die pad wat Gysje se mamma gestap het van geboorte tot nou.
Video: Inwoner veg terug tydens kleinhoewe-aanval
In die video kan gesien word hoe die inwoner ’n vuurwapen by een van die mans afvat en op die mans begin skiet.
Jong blues-musikant maak opslae ná Karlien-duet
“Die liedjie het beslis ʼn nuwe lewe van sy eie gekry.”
Witdoodshaai spoel in Hartenbos uit
ʼn Mariene bioloog in die gebied vermoed dat die haai deur ʼn orka, of sogenaamde moordvis, gedood is.
Pasop vir All Blacks met Schmidt daar
“Joe Schmidt gaan nou ’n elite groep spelers bystaan. Ons praat hier van die All Blacks en dit is eintlik skrikwekkend om te dink wat hy alles met hulle kan vermag.”
Só verloop massa-staking môre
Die massa-staking wat vir Woensdag beplan word, sal na verwagting tot verskeie optogte, padversperrings en die onderbreking van sommige dienste lei.
Dié Hollywoodsterre voel glo vere vir waterbeperkings
Van die wêreld se bekendste akteurs en realiteitsterre word daarvan beskuldig dat hulle duisende liter meer water op hul eiendomme gebruik as wat tans in droogtegeteisterde Kalifornië toegelaat word.
Luister: Amerikaner leer Afrikaans ter nagedagtenis aan SA ma
Matthew Haines het onlangs die Antjie Krog-gedig, “Ma”, op die radiostasie 5FM voorgelees ter nagedagtenis aan sy ma en beplan om dié taal nou baas te raak.
Boek: ‘Die towenaars van toeka: Nooit en vir ewig’
‘Nooit en vir ewig’ is die vierde boek in Cressida Cowell se ‘Die towenaars van toeka’-fantasiereeks vir kinders.
Uitdrukking: Iemand pluimstryk
Wat op aarde beteken dit om iemand te pluimstryk? Taaltoffie stel ondersoek in.
Eskom gaan tegnici in hernubare energie oplei
Terwyl al hoe meer ekonomieë en huishoudings na groener en meer volhoubare energiebronne oorskakel, is daar ʼn al hoe groter vraag na spesialiste op die gebied van hernubare energie.
Geduldige kolfwerk nie ’n sonde – sir Geoff
“As Engeland voortgaan om kaalvuis onder topsnelboulers – wat teen 145 km/h boul – in te klim, gaan daar elke keer net een wenner wees. En dit gaan waarskynlik nie ons kolwers wees nie.”
Hierna sal jy leuens kan bespeur
Dié kursus gaan nie net die kollig op liggaamstaal laat val nie, maar gaan ook in die bewussyn en onderbewussyn delf.
Resep: Spanakopita met sampioene
Geniet die smaaklike spanakopita met sampioene saam met jou kuiermense tydens ʼn familiebyeenkoms of sommer net vir die lekkerte.
Ma duik kleuter uit swembad
Verskeie ambulansdienste is Maandagmiddag na ’n huis in die Durbanse woonbuurt Yellowwood Park ontbied.