Nie een nie, maar twee klassieke musiek- konserte word Saterdag 16 Maart in die AfriForum Teater in Pretoria aangebied.
Alles vir Maandag 11 Maart 2024
Beplande instandhouding nou hooffokus by Eskom – minister
Hoewel minder krag nou verlore gaan weens onbeplande onderbrekings, word beurtkrag steeds gereeld ingestel sodat beplande instandhoudingswerk gedoen kan word.
Tsjeggiese skoonheid is nuwe Mej. Wêreld
Die Mej. Wêreld-kroon het tien jaar laas op ʼn plaaslike skoonheid se kop gerus toe Rolene Strauss met dié titel in 2014 weggestap het.
Veldgids sterf toe olifant hom bestorm
Die man het glo probeer om ʼn trop olifante te verjaag toe hy deur ʼn olifant bestorm en vertrap is.
Waar dit vir BMW begin het
BMW se eerste 5-reeks is in 1972 bekendgestel en was ʼn groot familie-sedanmotor. Nou in sy agtste generasie is die 5-reeks ʼn ware weeldewa.
Kaptein skuldig bevind aan verkragting van kollega
ʼn Vrouekaptein in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is skuldig bevind nadat sy ʼn voormalige vriendin, ’n luitenant in die weermag, ná ʼn aand se gekuier in die barakke verkrag het.
Einde van hittegolf in sig
Die SAWD sê meeste Suid-Afrikaners kan van Woensdag ʼn beduidende verskil in die temperatuur verwag.
Woord: verseng
Ken jy die woord “verseng”?
Beloning vir inligting oor Kouga-vandale
ʼn Spesiale taakspan word nou saamgestel om die probleem te takel.
Toelae, werk vir eie burgers: IVP maak groot beloftes
Die Inkatha Vryheidsparty het sy manifes vir die 2024-verkiesing Saterdag in die hartjie van KwaZulu-Natal bekendgestel.
Meer as R6 miljoen bewillig om vroue te bemagtig
“Hierdie ongelooflike gebaar beklemtoon die gemeenskap se toewyding aan die ondersteuning van vroue en die belangrikheid van vroue se rol in die samelewing.”
Oscar-modes: Hier is Maroela Media se gunstelinge
Hoewel Christopher Nolan se Oppenheimer sewe goue beeldjies verower het, het ander bekendes ook toekennings vir hul puik modekeuses op die rooi tapyt verdien.
Valke-woordvoerder sterf
Matimba Maluleke is as toegewyd en energiek beskryf.
Resep: Brandrissie-waatlemoenskilkonfyt
Geniet hierdie bederf saam met ons.
Carey dra Aussies oor wenstreep
Van 80/5 na reekswenners. Alex Carey, Mitchell Marsh en Pat Cummins se flitsende kolwe het vandag die Kiwi’s se harte in Christchurch gebreek.
Nuusagentskappe verwyder ‘gemanipuleerde’ foto van Kate
ʼn Foto van ʼn glimlaggende prinses Catherine op ʼn tuinstoel, geklee in jeans, ʼn trui en ʼn donker baadjie, omring deur haar drie laggende kinders, George, Charlotte en Louis, is deur onder meer Reuters en AFP van hul fotostelsels verwyder.
17 seges op ʼn streep vir Sinner
ʼn Aggressiewe Jannik Sinner het met Jan-Lennard Struff in die Indian Wells-toernooi afgereken.
Verbruikersake: Dis wat jy vanjaar van rentekoerse kan verwag
“Ek dink egter die mark verwag dat die SARB in die middel van die jaar sal begin om die repokoers te verlaag in ooreenstemming met sy kwartaallikse projeksiemodel.”
Gholf: Scheffler steek steeds sy kleim af
Scheffler het Sondagaand op Bay Bill in Orlando, Florida, die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi met vyf houe gewen.
En (nog) ʼn Oscar gaan aan … ‘Oppenheimer’
Christopher Nolan se Oppenheimer was Sondagaand die groot wenner tydens die 96ste Oscar-toekennings in Hollywood.