Benewens die 13 mense wat by die kranslegging teenwoordig was, was daar ook altesaam 500 mense wat virtueel aan die kranslegging deelgeneem het.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Nog vier vas ná Senekal-plaasaanval
Nog twee onwettige immigrante is by dieselfde huise in Bronville in hegtenis geneem waar die vier verdagtes vasgetrek is, maar hulle kan nie met die plaasaanval in Senekal verbind word nie.
Regering wil 75% swart eienaarskap hê om waterlisensie toe te ken
In wese bepaal die konsepregulasies dat die vermoë om aansoek te doen om water ingevolge lisensiëring wettig te mag gebruik, tot swart-beheerde entiteite beperk word, sê Agri SA.
Pampoenkraal-boere doen aansoek om ontslag
Die verdediging sê die staat het ʼn swak saak en nie kon bewys dat die beskuldigdes wel die misdrywe waarvoor hulle aangekla word, gepleeg het nie.
Dié eienskappe maak van skoolhoofde raakvatters
Volgens die navorsers is doeltreffende skoolhoofde in staat om die interne skoolomgewing en die eksterne skoolomgewing te ontleed en om ʼn inspirerende skoolvisie te formuleer, asook daaropvolgende strategieë om daardie visie te verwesenlik.
John Block terug in beskuldigdebank oor tenderbedrog
ʼn Tender ter waarde van R51 miljoen vir struktuur- en ingenieursdienste is aan Babereki Consulting Engineers Beperk toegeken, hoewel hulle nie aan die spesifieke vereistes voldoen het nie.
Cholera-gevalle ook in Noordwes bevestig
Die twee pasiënte is albei mans (38 en 68 jaar oud) van onderskeidelik die Madibeng- (Brits) en Moretele-distrik.
Plaasaanval op Maclear: Boer onthou nie eens meer naam, familie
Francis Davidson het erge kopbeserings tydens die aanval opgedoen en moes sedertdien twee breinoperasies ondergaan. Hy het ook massiewe spiertrauma en brandwonde opgedoen.
Polisie gryp in by Bloem-stortingsterrein
Behalwe dat drank en dwelms onwettig by die stortingsterrein verkoop word, woon daar ook mense in onwettige strukture.
‘Verdriet, woede’ ná gru-moord op ma
Stephan Pretorius het Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn op aanklagte van moord. Hy word daarvan beskuldig dat hy petrol oor sy vrou, Charlene, uitgegooi en haar daarna aan die brand gesteek het.
Moordverhoor begin ná verdagte weer opgespoor word
Die verdagte is volgens inligting in Limpopo opgespoor.
Hessequa-burgemeester sê bewerings teen hom ‘is onwaar’
“Die weergawe daarbuite word valslik geskep dat ek finansiële voordele of gunswerwing ontvang het, wat absoluut onwaar is.”
‘Lady R-paneel gaan moeilike vrae moet beantwoord’
Die VF Plus meen die aanstelling van die paneel maaak dit duidelik dat die voorval ’n groot verleentheid vir die regering is.
Matriekleerder verkrag, vermoor
Die 17-jarige Palesa Malatji het Donderdag van die skool af huis toe gestap, maar sy het egter nie die huis gehaal nie, waarna die familie na haar begin soek het.
Ongeïdentifiseerde liggame ‘stille massaramp’
Smith het die VIZ.Lab-navorsingsgroep by die US gestig om navorsing oor forensiese identifikasie en eksperimente met digitale ontwerp en visualiseringsmetodes te bevorder om aandag aan die probleem van ongeïdentifiseerde liggame in die land se regsgeneeskundige laboratoriums te gee.
Boer Hennie spog met sy geringde duif
Eloïse was die naweek salig onbewus van dié groot planne en het gedink Hennie gaan haar eers in die Junie-skoolvakansie vra om te trou.
‘Buitelugliefhebbers roep gouer om hulp’ – WSAR
Die Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het die afgelope ruk ’n afname in die aantal reddingsvoorvalle waarby stappers of klimmers ernstig beseer is, opgemerk.
Gabby Petito: Kêrel se ma sê sy sal help om van liggaam ontslae te raak
In die brief bied Brian Laundrie se ma, Roberta, vir hom “’n graaf en vullissakke” aan indien hy van “’n liggaam ontslae wil raak”.
Fases 4 en 5 in werking
ʼn Opwekkingseenheid elk is die afgelope 24 uur by die Arnot-, Camden-, Kendal- en Palmiet-kragstasie in werking gestel.
Paneel aangestel om wapenskandaal te ondersoek
“Die paneel is getaak om agter die kap van die byl te kom van wie bewus was van die vragskip se aankoms, en, indien enige, die vrag wat afgelaai is of gelaai moes word, die vertrek en bestemming van die vrag.”