ʼn Verslag oor die aanbevole ontbinding van die sukkelende Noordwes-munisipaliteit sal nog vandeesweek in die nasionale raad van provinsies ter tafel gelê word.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Herstel van SA toerismebedryf nog té stadig
Sowat 40% minder Europese besoekers reis steeds na Suid-Afrika ná die Covid-19-pandemie en Fedhasa sê die regering moet ontslae raak van onnodige rompslomp om die herstel van die gasvryheidsbedryf te versnel.
Nóg ʼn hofbevel teen poskantoor oor MEDiPOS
MEDiPOS eis intussen die agterstallige bydraes van lede wie se mediese fonds ieder geval die naweek opgeskort is.
Rowerbende oorval brugspelers helder oordag
Verskeie van die spelers is bejaard, maar talle het steeds moedig hul persoonlike besittings probeer wegsteek, terwyl die groep rowers alles van brille tot medikasie gebuit het.
Kenners gaan help met haaie by Plet
Hommeltuie en jetski’s sal voortaan ingespan word om haaie se bewegings dop te hou en ʼn app om enige haaibedrywighede aan te meld, sal op die been gebring word.
Kyk: ‘Naïwiteit, patriotisme,’ bring hom tot hier
Eskom-hoof André de Ruyter erken hy kan al die boek oor beurtkraggrappies skryf, maar dat die steun van gewone Suid-Afrikaners hom help vasbyt. Kyk die onderhoud met hom hier.
‘Ou klagtes opgerakel’ – Downer oor private vervolging
“Wanneer ʼn klagte misluk het, het mnr. Zuma ʼn vars aansoek vir nog ʼn ronde litigasie van stapel gestuur om te verhoed dat hy ooit verhoor word,” voer adv. Billy Downer in sy beëdigde verklaring aan.
Bain & Co. ‘stem nie saam’ met tenderverbod
Bain hou vol dat daar geen bewyse is dat hy met die inkomstediens saamgespan het of by enige korrupte of bedrieglike praktyke betrokke was nie.
Sommige Jhb-hospitale van beurtkrag kwytgeskeld
Die stad het meer as 130 gesondheidsfasiliteite en in hierdie stadium kan net 10 daarvan kwytgeskeld word.
Bain mag dekade lank geen SA staatskontrakte kry
Die tesourie dui die rede vir die beperking aan as “betrokkenheid in korrupte en bedrieglike praktyke in mededinging” vir ʼn kontrak met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Onteieningswet voorspel nog ‘moeilikheid’ vir SA
Vir die ANC gaan dit nie oor grondhervorming nie, sê die VF Plus, maar oor die mag wat grondbesit bring.
Daling in kospryse bereik nie verbruikers
Weens ʼn gebrek aan deursigtigheid in die plaaslike voedselwaardeketting, is dit moeilik om te bepaal waarom presies kospryse nie daal nie.
Solidariteit terug hof toe oor Poskantoor se medies
Van die MEDiPOS lede, ook pensioenarisse, het boonop aanmanings ontvang vir duisende rande wat hulle kwansuis aan die fonds skuld.
Poskantoor se medies nou byna kapot
Indien die Poskantoor nie die uitstaande bydraes betaal nie, tree die moontlike opskorting van bepaalde lede se lidmaatskap op 1 Oktober in werking.
De Ruyter: ‘Geen towerstaf’ vir beurtkrag
André de Ruyter het vir Maroela Media gesê die kragkrisis kan veel vinniger opgelos word as die regering net sy samewerking gee.
Duur, skaars diesel pootjie Tiger Brands
Die maatskappy sê dit kos hom vier keer meer om die ligte met kragopwekkers aan te hou as wat dit sou kos om Eskom-krag te gebruik.
BTW-kwytskelding op sekere kos gevra
Die minister van finansies moet maatreëls tot sy beskikking gebruik om verligting te bring vir miljoene Suid-Afrikaners wat toenemend sukkel om kos op die tafel te sit.
Alle vragmotors nié in Lydenburg verbied
Die dood van twee mense in ʼn vragmotorongeluk Vrydag op die dorp het talle vrae laat ontstaan waarom vragmotors in die eerste plek toegelaat word om die pad te gebruik.
Vrou ná 75 jaar uit huis gesit
Die hof het beslis net omdat ʼn onwettige besetter verkies om op ʼn plek te bly wat hy of sy onwettig beset, dit nie beteken dat hulle daardie reg het nie.
Beurtkragfase verlaag
Geen besonderhede is nog bekend oor wat beurtkrag vir die res van die week gaan behels nie.