Mentor was een van die eerste politici wat voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig het.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Soldate steier, maar R1,6 miljoen vir president se vlug
Die weermag het nie die R300 000 gehad vir ʼn intekening wat sy BBP-vloot lugwaardig sou hou nie, maar het R1,6 miljoen gehad om te betaal vir ʼn huurvlug om pres. Cyril Ramaphosa en sy gevolg na die DRK te neem.
Boere ‘keelvol om te bloei’ oor Landbank se swak besluite
“Hoe het die beslaglegging op ʼn huilende dogtertjie se speelgoed Landbank gehelp in julle strategie om meer lewensvatbaar te word?” skryf Theo de Jager, voorsitter van Saai, in ʼn ope brief aan Landbank.
Verklik dié wat beeste skuif, vra Noord-Kaap
Geen gevalle van bek-en-klouseer is tot dusver in die Noord-Kaap aangemeld nie, maar teen verlede week was daar al byna 120 uitbrekings in ses ander provinsies.
Hoof van afbakeningsraad wil ANC in Vrystaat lei
Die hoof van die munisipale afbakeningsraad werf tans aktief stemme om die ANC se voorsitter in die Vrystaat te word in ʼn stap wat talle vrae oor sy onpartydigheid laat ontstaan.
Weermag slaan vure dood oor Ramaphosa se duur DRK-vlug
Die departement van verdediging het teruggekap ná berigte die afgelope naweek dat hy die Suid-Afrikaanse Lugdiens sowat R2,6 miljoen betaal het om ʼn Boeing vir pres. Cyril Ramaphosa se vlug na die DRK te huur.
Zondo se aanbevelings nie ‘bindend’ – Ramaphosa
Die president voer aan die ANC se beleid van kaderontplooiing is “bloot interne beleid van ʼn vrywillige organisasie” en dat die kommissie se bevindings nie as “bindend” beskou kan word nie.
‘Vleislose frikkadelle’ veilig op winkelrakke – vir nou
Die plan om plantgebaseerde produkte wat as alternatiewe vir vleis bemark word van Maandag van winkelrakke te verwyder, is vir eers met ʼn hofbevel gestuit.
Geslagsgeweld kos SA miljarde, maar tol veel hoër as geld
Geslagsgeweld kos die ekonomie jaarliks sowat R36 miljard per jaar. Skuilings vir oorlewendes van geweld moet boonop skarrel om self genoeg finansiering te bekom.
Koalisies kan munisipale verval help omkeer – kenners
Indien dit reg aangewend word, kan koalisies gebruik word om oorheersende partye aanspreeklik te hou en dit kan oor die lang termyn tot verbeterde dienslewering lei.
Opposisiepartye soek mosie van wantroue in president
Volgens die forum van opposisiepartye moet die parlement Ramaphosa aanspreeklik hou vir die oortreding van wetgewing, sy ampseed en die Grondwet na aanleiding van die Phala Phala-debakel.
Moenie bespiegel oor brandstofheffing – Mbalula
Die regering het in die verlede al, wanneer die brandstofprys daal, ʼn verhoging in die brandstofheffing by die agterdeur laat inglip.
Bohaai oor Tshwane-kragplan ‘politieke opportunisme’
Die raadsvergadering het ontaard in die slinger van beskuldigings, dreunsang en die doodskreeu van diegene wat ʼn sinvolle bydrae probeer lewer het.
ANC moet gaan, of munisipaliteite gaan knak
Verskeie faktore kry die skuld vir munisipaliteite se vrotsige vertoning. Dit sluit in ʼn gebrek aan vaardighede, kaderontplooiing en ʼn uittog van belastingbetalers uit plattelandse gebiede.
Vrou sit lank ná moord op man
Die vrou is aan moord skuldig bevind nadat sy glo met haar kêrel saamgesweer het om haar man, ʼn IT-spesialis van Polokwane, te vermoor.
Werk aan waterpype ‘geen rede tot paniek’
Opgraderingswerk sal van Vrydag tot Dinsdag gedoen word, maar dit beteken nie noodwendig ʼn onderbreking in watervoorsiening nie.
Verbod op skuif van beeste geld drie weke
Bek-en-klouseer word nou al in ses provinsies aangetref en ten spyte van pogings om die verspreiding van die siekte te beheer, versprei dit steeds.
ANC-ineenstorting wink dalk in 2024
ʼn Meningspeiling wys daar is nog heelwat stemme te werf vir opposisiepartye, maar steun vir die ANC daal oënskynlik steeds.
Verbod op vervoer van beeste weens bek-en-klouseer
“Dit is drastiese stappe, maar ons moet onthou dit bly ʼn beheerde siekte en dit is die departement se besluit.”
Bedankings by DA allermins einde vir party
“Die party is nie besig om leeg te loop of te verloor nie. Ek dink hulle raak op ʼn manier meer relevant en raak ʼn bietjie van ou hout ook ontslae.”