“Afskop”, die verhaal van ʼn vurige sokkerspeler, lees maklik en is ideaal vir leerders wat Afrikaans as tweede of derde taal neem. Dit is geskik vir kinders 11 jaar en ouer.
Boekresensie: ’n Museum vol dinosourusse
Hierdie reusehardebandboek is tjokkenblok vol wonderlike, kleurvolle illustrasies en sal dinosourus-entoesiaste, jonk én oud, se harte steel.
Boek: Die vyfde mevrou Brink
“Die vyfde mevrou Brink” is Karina M Szczurek se memoires van haar lewe voor, tydens en ná haar huwelik met André P Brink.
‘Uittogboek’: Reissak inspireer voorblad
Johan Myburg gesels oor die Dan Halter-kunswerk en Chinese reissakke wat die voorblad van sy vierde digbundel, “Uittogboek” geïnspireer het.
Boek: Het jy al ʼn probleem ontmoet?
“Die probleem met probleme” help ou mense om die jonger garde se probleem met probleme beter te verstaan.
Boek-uittreksel: ‘Negentien minute’ deur Jodi Picoult
Jodi Picoult se top-verkoper “Negentien minute” is nou in Afrikaans beskikbaar. Dit is deur Daniel Hugo vertaal.
Boek: My naam is legio
In Madelein Rust se sewende misdaadroman, “My naam is legio”, veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer, maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig, maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.
Boek van die maand: Met die Vierkleur in Parys
Renée Rautenbach Conradie se debuutroman, “Met die Vierkleur in Parys”, is ʼn histories getroue roman wat nie net in Parys afspeel nie, maar ook rekening hou met die gebeure in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), weliswaar uit ʼn Franse perspektief.
Boekresensie: Die antie met die pienk rok
Jan Spies op sy beste!
Boek: Die koning se paddaboudjies
Kan jy in ʼn padda verander as jy te veel paddaboutjies eet? Lees meer oor die verhale in “Die koning se paddaboudjies”.
Boek: Sasol Voëls van Suider Afrika (Vyfde hersiene uitgawe)
Voëlkykers en -entoesiaste kan nou die vyfde hersiene weergawe van “Sasol Voëls van Suider Afrika” aanskaf.
Neels van Jaarsveld lees voor uit ‘Merk’
Rudie van Rensburg is terug met nog ʼn Kassie Kasselman-speurverhaal. Luister hier na Neels van Jaarsveld se voorlesing uit “Merk”.
Boek: ’n Galery van katte
In “’n Galery van katte” neem Ruth Brown die lesers, en veral katliefhebbers, op ʼn unieke kunservaring.
Boekvoorlesing: Anzil Kulsen lees voor uit ‘Reënboogmelodie’
Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Anzil Kulsen ondersoek dié en ander huwelikskwessies in haar jongste boek, “Reënboogmelodie”.
Boek-uittreksel: Fanie Viljoen weef ʼn ‘Donker Web’
“Hallo, Oom Fanie. Ek is mal oor ‘Onderwêreld’. Gaan daar ʼn opvolg wees?” Na honderde sulke boodskappe van leerders, onderwysers en lesers het Fanie Viljoen besluit om dié verhaal uit te brei. Lees hier ʼn uittreksel uit “Donker Web”.
Boek: ‘By die dag’ – vir poësieliefhebbers
Eunice Basson se tweede digbundel staan in die tradisie van haar liriese en suggestieryke debuut Leiboom, wat in 2014 deur Queillerie uitgegee is.
Boek: Lees dié Jodi Picoult-boeke in Afrikaans
Twee van Jodi Picoult se topverkopers, “Die Belydenis” en “Negentien Minute”, is nou ook in Afrikaans beskikbaar. Dit is deur Daniel Hugo vertaal.
Boek: ‘#ImStaying’ bring hoop vir SA’ners
Meer as ʼn miljoen Suid-Afrikaners het binne enkele weke nadat die #ImStaying-veldtog op die been gebring is, hul gunsteling-herinneringe en stories op dié beweging se Facebook-blad gedeel.
Boekresensie: Die Bergengel en Die Wonderwese
“Die grootste bederf is natuurlik om hierdie uiters begaafde woordsmit se werke, waarin die literêre verskynsel van magiese realisme as kunsvorm sublieme gestalte kry in die leser se verbeelding, eerstehands in suiwer, oorspronklike Afrikaans te mag lees.”
Boek: Wetenskaap
Het jy geweet dat idees die mis is van breinwurms nadat hulle mense se ongedinkte gedagtes geëet het? “Wetenskaap” is ’n heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.